Skool se gesteelde rekenaars teruggevind

Foto verskaf deur SAPD Vrystaat

Vier verdagtes is Dinsdagoggend in hegtenis geneem toe polisiebeamptes ʼn misdaadintelligensie-operasie in Ipopeng en Freedom Square in Bloemfontein uitgevoer het.

Brigadier Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die hoof van ʼn skool in Olive Hill, Navalsig, het ʼn kennisgewing ontvang dat die alarm by die skool geaktiveer is.

“Toe hy omstreeks 08:30 by die skool opdaag, het hy gesê ʼn venster by die stoorkamer is gebreek. Altesaam 18 HP-skootrekenaars, kruideniersware vir die skool se voedingskema en ʼn projektor, alles ter waarde van R78 000, is gesteel. Hy het ʼn saak van diefstal aanhangig gemaak.”

Navalsig-polisie het omstreeks 09:00 reageer op ʼn wenk. “Die eerste verdagte is in Ipopeng in hegtenis geneem waar een skootrekenaar gevind is. Die ondersoek het beamptes na Freedom Square gelei waar nog 11 rekenaars gevind is en drie persone in hegtenis geneem is.”

Foto verskaf deur SAPD Vrystaat

Die ondersoek het ook onthul dat drie skootrekenaars reeds aan ʼn tweedehandsewinkel verkoop is. Die ondersoek na die oorblywende rekenaars duur voort.

“Die vier verdagtes, tussen 17 en 25 jaar oud, sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.”

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, doen ʼn beroep op inwoners om nie enige gesteelde eiendom te koop nie, omdat hulle ook aangekla kan word. Sy moedig eienaars van tweedehandsewinkels aan om aan te dring op bewys van eienaarskap voor tweedehandse ware aangekoop word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Die misdaad hou net nie op nie maar Cele bly aan as minister. Wonder wie gaan vandag sy skoenveters vasmaak?

Hasie

Ek hoop die wat diefstal pleeg by skole leer ..aar ja dit is wensdenkery ….die tweedehanse winkels moet ook aangekla word.

Magda

Begin on HARDE ARBEID te gee vir mense in di tronk. Laat hulle di paaie, parke, riviere skoon maak. Ketting hulle vas een aan di ander een vanaf 6uur in di oggend tot 5uur in di aande. Goeie hemel ons tronke is deesdae n vakansie. Skrik ni di gemors af ni.

Hardekwas

Kan iemand nie vir Joe Arpaio, afgetrede sherrif van die Maricopa county in Arizona hier n werk aanbied om tronke te bestuur nie. Hy sal korte mette van alle misdadigers maak.

Willem

Tussen 17 en 25 jaar oud, dit moet apartheid se skuld wees. Kla die “supply chain” ook aan, maar doen dan iets daadwerkliks dat dit nie net by aankla bly nie.