Skool sê ‘jammer’ oor Zuma-spotprent en vraag in toets

Die spotprent wat in die Gr. 6-vraestel verskyn het (Foto verskaf)

Die spotprent wat in die Gr. 6-vraestel verskyn het (Foto verskaf)

Die Gautengse departement van onderwys het gesê ʼn skool in die provinsie het om verskoning gevra vir die “onsensitiewe, aanstootlike en onsmaaklike” spotprent van en vraag oor pres. Jacob Zuma in ʼn toets.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, het gesê Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, is deur ʼn ouer ingelig oor die voorval waarna die departement ondersoek ingestel het. Die departement het vasgestel dat die spotprent van Zapiro waar Zuma op ’n opblaasmatras met ʼn drankie in die hand in ’n swembad vol geld dryf, is in ʼn toets vir gr. 6-leerlinge by die skool gebruik.

Die leerlinge is gevra om die persoon in die spotprent te identifiseer. Hulle is ook gevra of hulle vir persoon sal stem indien hulle net so na die spotprent kyk. Hulle moes redes vir hul antwoord verskaf en die spotprent gebruik om hul antwoorde te staaf.

Volgens Bodibe het die voorval by ʼn onafhanklike skool plaasgevind. “Beamptes is gister na die skool en het onderhoude gedoen met die hoof, onderwyshoof en die betrokke gr. 6-onderwyser. Gegewe die feit dat die saak as onsensitief, aanstootlik en onsmaaklik deur die publiek gesien is, het die skoolhoof om verskoning gevra vir enige seer of ontsteltenis wat die gebruik van die spotprent in die toets kon veroorsaak het.”

Bodibe het gesê die skoolhoof het die departement verseker dat die gebruik van die spotprent nie kwaadwillig was nie en dat die skool dit nie weer in die toekoms sal doen nie. “Ons wil ʼn beroep op alle skole doen om sensitief te wees rakende kwessies van diversiteit soos armoede, ongelykheid, ras, geslag, taal, ouderdom, gestremdheid en ander faktore. Die departement sal met ouers in gesprek tree oor die uitkoms van die ondersoek.”

'n Antwoord van een van die gr. 6-leerders (Foto verskaf)

‘n Antwoord van een van die gr. 6-leerders (Foto verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Disselboom ·

Wat Disselboom meer bekommer is dat Graad 6e steeds in invulboeke werk en nog nie leer om te lees, interpreteer en om uitleg en formulering in ‘n skrif of afsonderlike bladsy te doen nie.

Lewies ·

Jy moet miskien vir ou Disselboom sê dat hyself sommer moet kom sê wat hy wil sê.

Jacomina ·

Waaroor die groot bohaai? Dis dan ‘n spotprent van Zapiro! Almal het dit tog in die koerant gesien. Dit is een van die kurrikulum se vereistes: leerlinge moet ‘n spotprent kan ontleed en vrae daaroor beantwoord. Neem Zuma dan nou eers aanstoot as dit in ‘n vraestel gepubliseer word?

Johan ·

Kan ons miskien hoor of dit ‘n blanke skool was? Stellig nie, is my raai, anders was al wat bloulig motor en het wie ookal van die ANC ministers, veiligheids polisie en baie meer opi soustrein daar om die skool te sluit!!!! Lol

Irah ·

Maak nie saak hoeveel jy kla nie Lepoefi, jou hoofnar is ń grap en die hele wereld lag vir ons sirkus van ń land.

Marietjie ·

Slim kind! En waaroor die bohaai? Dit is dan spotprent wat in media verskyn het!

Veritas ·

ADit word ‘n SPOTprent genoem omdat daar met iemand die draak gesteek word. As enige openbare figuur hom- of haarself die teiken van ‘n spottery maak, is dit net sy/haar eie skuld. Moet ons nou huil wanneer iemand sy eie naam met ‘n plank slaan?

Rynhardt ·

Daar is talle mense in SA veral in onderwys wat moet bykom! Spotprente is deel van vryheid van spraak en gaan gepaard met die waarheid oor n sekere persoon of persone! Hoy op om omverskoning vir alkes te vra! Ek sien nie dat Zuma en sy kabinet omverskoning vra dat hul SA se ekonomie opgemors het nie.Mense in onderwys moet net bykom, jul geliefde Zuma is van 783 klagtes vrygespreek, vind julle dit nie uiters vreemd nie?? Ek vra vir niks omverskoning nie, veral nie waar n spotprent die waarheid uitbeeld nie!

Ouman ·

Wat is verkeerd met die prentjie -dit beeld presies uit wat ons liewe president is. ‘n Opperste gierigaard wat homself,sy familie en vriende trakteer op die arme belastingbetalers. Eendag gaan die walletjie breek en dan sal ons presies weet wie wat en hoeveel gesteel het.

Wat-ek-lees ·

Skooleksamen vraag: “Hoeveel Range Rovers is Zuma se vrouens werd ?”

apie ·

Hoekom verskoning vra, dis mos die waarheid Zuma swem in die geld van die belastingbetaler, sy vroue ry in karre wat vir die polisie bedoel is. As daar iemand om verskoning moet vra dan is dit zuma. Laat hy move hy is ‘n “disgrace” vir die land en die belastingbetaler .

gezina ·

Nou hoeveel van die kinders het die persoon op di opblaas matras herken?

Joann ·

Ai ek lag lekker vir jul kommentare. Het die edele darem n swembroek aangehad?

Melt Olckers ·

Een vraag: Sou dit dieselfde reaksie ontlok het as die spotprent oor Helen Zille, Julius Malema of Steve Hofmeyr gehandel het?

Therese van Schalkwyk ·

Melt Olckers

Die reaksies sou heel waarskynlik heeltemal anders wees as dit een van ons eie was wat so verkleineer is. Juis daarom voel ek beslis dat die skool ‘n fout gemaak het om die hoogste amp/posisie in die land spottenderwys in ‘n vraestel te gebruik, ongeag wie tans die persoon in die amp is.

Dit is in situasies soos hierdie dat blankes, en Afrikaners in die besonder, hul eie reaksies en gedrag so ietwat moet temper. Dit tel dalk ‘n paar punte later wanneer en waar dit regtig saak maak.

m ·

Ag dis so lagwekkend. Hierdie narre laat ons so lekker lag. Mens moet lag dis goed vir die siel……

Gesiggie ·

Ek lag so lekker, elke keer as daar iiets is oor Zuma, dan lok dit baie kommentaar… ja nee wat dit net n spot prent, en ek stem sou dit so groot reaksie uitgelok het as dit Steve Hofmeyer of enige ander bekende was ? Ek dink Steve sou daaroor lag… Sin vir Humor… ek dink die meeste van die kinders het die antwoord op die vraag geweet…. Well Done…wat is volgende…??

Josua Keys ·

Die soogenaamde beamptes moes net daar en dan van die skoolgronde verwyder word deur die polisie omdat hulle skool gronde betree het sonder n hofbevel, daar was geen klag by die polisie ingedien of n saak oopgemaak vir enige verdere ondersoek nie en daarom het hulle geen reg gehad om enige persoon op die skoolgronde te ondervra nie. Die beamptes het m.a.w vir die res van Suid Afrika gewys dat hulle kan doen en maak net wat hulle wil insluitend die onderwys departemente. Die mense het kinders en mense se regte op vryheid van spraak geskend en n onnodige vrees aangewakker onder die jeug dat hulle geen plek in Suid Afrika het nie en dat hulle net mag leer wat die onderwys departement toelaat en mag geen opinie teenoor dit hê nie anders sal teen hulle en hul ouers opgetree word. Ek voel dat Solidariteit hier ook moet intree om die tipe aksies van ministers te smoor wat dink hulle is bo die wet en net kan doen wat hulle wil, en dit maak nie saak of die ‘n wit of swart skool was nie hulle het onwettig opgetree en klaar.

Andrea van Vuren ·

Hoekom word die naam van die skool nie genoem nie?

My opinie ·

Vir my is dit ‘n veel erger “sonde” om korrupsie te pleeg, rassehaat en geweld aan te hits as im spitprente re teken wat iemand se karakter reflekteer.

nig ·

Wonder wie was die klikbek wat die storie na die Dep toe aangedra het. Voel hy/sy nou soos ‘n wenner?

Rina Kotze ·

Waarom het die skool om verskoning gevra???

Respek word verdien!
Hoe kan mens so ‘n president repsekteer???
As daar so met my gespot was, sou ek lankal die eerbare ding gedoen het en bedank het!!!
Uit die mond van die suigeling kom die waarheid, lui die spreekwoord!

albert ·

Ons kan sien dat darem nog kinders is wat weet wat aangaan in land Baie slim en hulle weet van vryheid van spraak.

Theresa ·

Vol punte vir die outjie wat so skerp was! Mooi waargeneem. Die president het soveel goedjies al gedoen waaroor pragtige prentjies geteken kan word en niemand behoort daaroor tekere te gaan nie. Indien ‘n president beste voetjie voor sit, ten alle tye, sou daar nie so iets voorgelê kan word nie. Snert om te moet verskoning vra vir so iets vol humor. Verskoning moet vereis word vir alle geweld, moord, verkragting, skoolvernietiging, opstand, onwelvoeglike gedrag en om ander mense te intimideer- dis waarvoor verskoning gevra moet word.

WeesWys ·

Verstaan nie mooi waarom die bohaai nie. Departementele vraestelle vir skole bevat jarelank al allerlei tipes spotprente, positief en negatief. Trouens, diesulke vraestelle is deesdae kragtige bronne van invloed op die jeug van SA, hetsy polities, ekonomies (advertensies) of ideologies.

Oom Kalahari ·

Magtig maar dit was ‘n goeie antwoord van ‘n skerp leerling. Die kind kan gemaklik die politiek toetree. Verskonings moet maar altyd vir die waarheid aangebied word. Wonder as ‘n Skoolhoof of ander amptenaar net gaan instap by die Min. se kantoor en dreigemente strooi, sou dit ook aanvaar word. Kritiek in alle vorme is belangrik in enige gemeenskap en gerig tot ope debate.

TTh ·

100% vir die kind, akkurate prent, ek as deel van die ‘publiek’ is totaal onsensitief hieroor, vind dit glad nie aanstootlik nie, maar wel die president van SA is absoluut afstootlik vir my en dit is nie onsmaaklik nie eintlik lagwekkend, ha ha ha ha haaaaaaaaaaa !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.