Skool se rugby “te professioneel”

rugbybal

Argieffoto

Hilton College, een van KwaZulu-Natal se topskole, weier glo om teen Glenwood Boys High in Durban rugby te speel, aangesien hulle “te professioneel” is, het The Mercury Maandag berig.

Volgens die koerant het die skool besluit om van 2015 nie meer vir Glenwood Boys High die stryd aan te sê nie. “Glenwood High se onlangse strategie plaas hulle nou, in ons mening, in ʼn ander liga,” het Peter Ducasse, Hilton se skoolhoof, aan die koerant gesê.

Glenwood het Hilton vroeër vanjaar 67-7 geklop. Ander topskole in die provinsies het glo soortgelyke nederlae gely.

Ducasse het aan die koerant gesê eensydige wedstryde maak nie sin nie en bygevoeg die kans op beserings word ook verhoog.

Volgens die koerant is skole in die provinsie aggressief besig om goeie rugbyspelers te werf en dit word boonop aangevuur deur oorywerige ouers en ʼn kultuur van rugby-aanbidding.

Die twee skole speel al sedert 1924 teen mekaar.

Trevor Kershaw, Glenwood se skoolhoof, het aan die koerant gesê hy is teleurgesteld in Hilton se besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Paul ·

Hoe is dit arrogant? Hulle kan mos kies teen wie hulle wil speel en teen wie nie.

JOHANNES ·

Mooi baie geluk met die stap.As ander skole alreeds ook so ‘n besluit geneem het gaan dit op die ou einde beteken dat die soort skole soos Glenwood geen kompitisie gaan he nie en hopelik sal die tipe werwery stop.

Ant ·

Nee wag nou verstaan ek nie. Ek het dieselfde storie gehoor oor Linden wat nie meer teen Helpmekaar wou speel nie.

Ek kan verstaan ons wil almal uitkyk vir ons kinders, maar miskien moet die skool en ouers meer doen om die spanne te help om te presteer, eerder as om moed op te gee. Dit blyk my dit word ‘n tendens in SA dat ons eerder opgee en kla as om harder te werk om iets te verander.

Ek weet dis net sport, maar stuur ons nie die verkeerde boodskap vir ons kinders oor uithou en aanhou nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.