Skool skuldig ná grassnyer Graad R-leerling doodry

Argieffoto

Argieffoto

‘n Graad R-leerling is dood nadat ʼn grassnyer by ʼn laerskool in Soweto oor hom gery het.

Die departement van onderwys het Vrydag gesê die skool het die veiligheidsbeleid oortree.

Avuyile Indiphile Baninzi (5) is op 5 Februarie 2011 oorlede nadat Laerskool Dikgabane se industriële grassnyer oor hom gery het. Die skool se algemene assistent het die grassnyer bedryf. Baninzi is by die hospitaal dood verklaar.

“Die departement het ʼn ondersoek van stapel gestuur en bevind dat die veiligheidsbeleid oortree is en dat daar nalatigheid was deur sekere beamptes van die skool,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, gesê. Behoorlike prosedure is gevolg om die saak aan te meld, maar die veiligheid- en instandhouding is nie behoorlik hanteer nie.

Sekhonyane sê volgens die verslag het Baninzi en ander skoliere tydens pouse op die skoolgrond gespeel terwyl die algemene assistent gras gesny het ter voorbereiding van ʼn sportdag. “Dit is teen die skool se beleid dat gras tydens pouses gesny word terwyl leerlinge op die gronde is,” lui die verslag. “Beamptes by die skool moes die nodige voorsorgmaatreëls getref het om die tydsdruk te hanteer om die perseel betyds gereed te kry, en terselfdertyd seker te maak dat leerlinge nie seerkry nie.”

Die toesig was glo ook nie voldoende op die dag nie en die onderwyser aan diens moes “ekstra voorkomingsmaatreëls teen dreigende gevaar” toegepas het.

Volgens Sekhonyane het die onderwyser deurgaans die leerlinge van die grassnyer af weggejaag en die algemene assistent toegelaat om die gras te sny.

Die verslag is glo ook aan Baninzi se gesin en die skool se beheerliggaam voorgehou. Tugstappe sal gedoen word teen beamptes wat die skool se beleid oortree het. Die skool onderhandel tans met Baninzi se gesin oor aanspreeklikheid.

Die polisie se ondersoek oor die voorval duur voort. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sylvia ·

hoe sny jy gras in skool pouse wanneer al die kinders buite op die velde is kan jul nie dink nie jul is veronderstel om dit te doen wanner almal in die klasse is of na skool wanneer al die kiddies huis toe is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.