ʼn Man is in hegtenis geneem nadat ʼn 11-jarige dogter by dei Ncapayi Junior Secondary School in Butterworth verkrag is, het die polisie in die Oos-Kaap Sondag gesê.
“Die 55-jarige man, die toesighouer by die skool, is Vrydag in hegtenis geneem,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die slagoffer het Woensdag haar onderwysers van die beweerde verkragting vertel. Die skool het die ma in kennis gestel en sy het ʼn saak van verkragting by die polisie aanhangig gemaak.”
Die toesighouer was glo Dinsdagmiddag saam met die slagoffer en haar suster. Hy het glo vir die jongste sussie geld gegee om te gaan ys koop. Terwyl sy weg was, het hy glo die 11-jarige in ʼn klaskamer verkrag.
Die man staan tereg op ʼn aanklag van verkragting en sal na verwagting Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.
Siek man, verwyder hom uit die samelewing.