Skool tot stilstand gebring oor ‘satanisme’

Foto: ANA

Ouers van leerders aan die Moefi High School in Mabaalstad buite Rustenburg in Noordwes het die skool tot stilstand gedwing omdat hulle beweer daar is sataniese bedrywighede by die skool aan die gang.

Ouers dring daarop aan dat die skoolhoof uit sy pos verwyder moet word omdat hulle beweer hy het nie die kwessie aangemeld nie. Hulle meen pastore kon gevra geword het om by die skool te kom bid.

Die ouers beweer ook die skoolhoof beskerm die drie leerders wat by die satanisme betrokke is. Een van die leerders het glo vir lede van die gemeenskap gesê dit is te laat en hulle het reeds hul portuurgroep in die gemeenskap by dié bedrywighede betrek.

Die meeste leerders by die skool het nie Dinsdag skool toe gegaan nie en dié wat wel het, het vroeg huis toe gekeer aangesien daar geen onderwysers by die skool was nie.

Een van die leerders by die skool beweer dat die sataniese invloed by die skool sigbaar is. “Daar gebeur baie vreesaanjaende goed in daardie skool. In sommige klaskamers is daar sataniese simbole op die mure geteken; soos die simbole wat ons in rillerflieks sien. Soms is hulle met wit bordkryt geteken en ander kere met bloed. Of ons kry dooie diere met vreemde goed aan hulle vasgebind,” het die leerder gesê.

Sy sê leerders is bang om skool toe te gaan omdat hulle bang is hulle word geteiken.

Die gemeenskap het Dinsdag ʼn geslote vergadering met Kgosi Edward Mabalane van die Baphiring Tradisionele Raad gehou en hom gevra om die skoolhoof amptelik te verwyder. Mabalane het gesê die tradisionele leierskap het besluit die adjunkhoof moet oorneem totdat die ondersoek na die saak afgehandel is.

“Die leerders moet môre [Woensdag] eksamen skryf. Onderrig is belangrik en hierdie skool is die eerste [in die gemeenskap] om papierlose onderrig te implementeer,” het hy gesê.

Freddy Sepeng, woordvoerder van die departement van onderwys in Noordwes, het bevestig die saak word ondersoek.

ʼn Gebedsessie sal na verwagting vandag by die skool gehou word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cherokee ·

Waarom verpersoonlik julle sy naam so? Hy is steeds slegs malema. Vra gerus aan lesufi ook wat hy daarvan dink.

Snowball ·

So hulle mag darem nou bid in dié skool?
Is die Christelike geloof dan nie aanstootlik vir dié wat dit nie aanhang nie? Skielik hol die Satan hier rond en nou is bid weer geoorloof? So bid in noodgevalle is toelaatbaar, maar andersins weg met opening en gebed in skole, want dit gee sommiges aanstoot. Wat ‘n klug het skole nie geword nie?

1+1 ·

Skitterend. Snowball !!. Hoop die beleidmakers lees jou kommentaar

waarheid ·

Dit is eintlik die ware voorbeeld van hoe S A vandag is – totale morele verval na 1994.

kas ·

Is vryheid van godsdiens nie ‘n grondwetlike reg nie.Godsdiens is dan by model C skole gestaak oor die diverse godsdienste en die een nie die ander mag ondermyn nie.Mag hierdie sataniste geskors word op grond van hul geloof of oor hulle handeling.

lizette ·

mmm,hoof nie by skool.Geen onderwysers by skool.Ek onthou as daar geen onderwysers by skool is dat die kinders maar redelik gemaak het soos hulle wil.Hulle het seker net die matriekeindeksamen probleme op d bord probeer oplos,nou lyk dit vir d res soos satanistiese tekens!Moet se,deesdae sin lyk vir my ook so!!kinders gryp seker maar self in n week so voor d eksamen!?

DeVill ·

Wens hulle kon vir my sê watse spesifieke satanistiese rituele ens daar plaas gevind het.

Is dit die ritueel van “Skoolkinders bang maak”, of die ritueel van “Die swart kat” of wat watse spesifiek ritueel is dit wat satanisities is.

Hoe weet hulle dit is satanisties en nie een of ander poets wat kinders bak nie?

T ·

Wel as daar goed aan dooie diere vasgemaak is, en simbole met bloed geskryf word, klink dit vir my redelik satanisties en nie net na ‘n onskuldige poets nie…

kooshase ·

bring godsdiens terug in skole,die leerlinge wat uitgesluit wil wees kan dan maar vir daardie halfuuur of so op die sportveld gaan of in biblioteek gaan sit en studeer.dit is hulle keuse.ons het godsdiens vryheid in ons land

Chris ·

Kooshase? Wat? Serious? Laat die wat in geloof en gode glo, dit na ure doen op hulle eie tyd. Leer die kinders van die natuur en watenskap, wiskunde, of ekonomie, as hulle regtig nou aan gode wil glo wat nie eers bestaan nie, doen dit op jou eie tyd, dankie

Oop oge ·

Jaag die Here en Sy Gebod by die een deur uit en Satan kom gerieflik by die anner deur in met “menslike wysheid en kennis” …
Daar bestaan slegs twee geeste van oorheersing (aanbidding) – God self of die oorheesing deur Sy teenstaander – Satan.

Die mens het `n keuse deur wie hy of sy gemanupileer wil word…

God se Gees streef daarna om vlees te word in Sy kinners (heiligheid en respek vir sy naaste o.a), terwyl die Satan alle vorme van “entertainment” aanbied vir diegene wat God en Sy Gebod kruisig…inderdaad `n baaaaie brëer weg as die Kruis.

Joe ·

@Kooshase, dan moet jy ook net toelaat dat moslems bid wanneer hulle moet, jode, Christene, sataniste en en en

OOP OE ·

@Chris, hier is vir jou en JSO so bietjie raad………hoe sou jy voel as jy jou oe aan die anderkant van die lewe oopmaak en besef jy het nog altyd die pot misgesit? Dan is dit te laat om jou te bekeer en die WARE GOD van die hemel en die aarde aan te neem! Jy het ongelukkig net hierdie oomblik waarvan jy seker kan wees> Maak die regte keuse. Everybody prays in the end!!!

Anoniem ·

Hulle is nie bang vir die Almag van God nie, maar wel vir kinders wat kwansuis “satanisme” beoefen?? Wat jy saai sal jy maai! ;-)

Melt Olckers ·

Hierdie tipe dinge gebeur gereeld net voor eksamen tyd. Dit is die ouer kinders wat paniek saai om die skool gesluit te kry sodat die eksamens uitgestel word. Dit was dieselfde met die Pinkie Pinkie geval ‘n paar jaar terug.

Mamma ·

Hier is so min satanisme soos in my ouma se kombuis. Kinders wat speel en ouers wat oningelig is. Hoekom is die gemeenskap bang vir die duiwel, maar nie vir die toordokters wat nou al hoe meer gevang word dat hulle kinders doodmaak vir muti nie. Hoe is die sogenaamde satanisme “vreesaanjaend”, maar sangomas se rituele is aanvaarbaar?

Conrad ·

@Oop Oge:

Jy sê die mens het ‘n keuse deur wie hy of sy gemanipuleer wil word.

Dis die stelling vir die dag! Werklik, jy vat die kern van die gelese gedeelte saam in een sin. Vele teoloë sou in verstomming hierdie werklikheid sonder om sy kop te knik beaam.

Filosowe sou ure kon gesels oor die enkele sin van jou. Boeke daaroor kon skryf.

Dat die waarheid so eenvoudig gestel kan word sal menige gelowiges tot diep nadenke stem. Maar ongelukkig is daar baie wat nie lekker sal verstaan wát jy sê nie…

Hou daai Oge Oop!

Conrad ·

wolla, nee, kyk mooi na die foto. Dis Moefi Higi.

Nou lees dit stadig agteruit. Soos KISS se plate. Skokkende boodskap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.