Skool van R300 m vir spesiale onderrig staan leeg

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die DA het Dinsdag gesê dat die party uiters teleurgesteld was om te hoor dat die Nokutuhla LSEN-skool (leerlinge met spesiale onderrigbehoeftes – LSEN) in Lyndhurst in Johannesburg, wat verlede jaar al sy deure moes open, steeds nie operasioneel is nie.

Khume Ramulifho, DA woordvoerder van onderwys, het in ʼn verklaring die skool as ʼn wit olifant wat stof vergaar beskryf.

Volgens Ramulifho het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng (en nuut aangestelde adjunkvoorsitter van die ANC in die provinsie), aangekondig dat die skool operasioneel sal wees teen die begin van die derde kwartaal.

Ramulifho het die skool Dinsdag besoek en gesê hy was geskok om geen leerders of onderwysers by die skool te sien nie.

Dit is volgens hom nie duidelik waarom presies dit die geval is nie aangesien die Stad Johannesburg reeds ʼn okkupasie-sertifikaat uitgereik het.

Ramulifho het dit as ʼn skande beskryf dat ʼn topgehalte skool met broodnodige fasiliteite leeg staan terwyl die leerders wat daar sal skoolgaan “in ʼn onveilige pakhuis ingedruk is in Marlboro en geen idee het wanneer hul geskuif sal word nie”.

“Dié skool van R300 miljoen wat amptelik verlede Oktober geopen is, is verlate en dis duidelik dat daar nie enige instandhouding plaasgevind het nie.”

Die DA het onderneem om weer met Lesufi oor die aangeleentheid te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Marinda ·

Hoekom die skool bou in die eerste plek? Daar was baie sulke skole in Suid Afrika, waar is diè heen? O wag, ook seker weg gedoen meè?
Mors, mors, mors. Diè regering weet van mors.

Theresa B ·

Tipies. Wat anders het julle verwag………………………

White Rhino ·

Ek is hoegnaamd nie verbaas nie – het gewag daarvoor.
Gaan nou seker intrekkers kry.

B van Deventer ·

Anc kon van absoluut niks sover ‘n sukses maak nie. Nou net eenmaal “useless money wasters”! Verskoon maar die Engels.

PROJEK STOF ·

JA maar dan word daar ANDERSTALIGES in AFRIKAANSE skole ingedruk met die verskoning dat daar nie PLEK in die ENGELSE Skole is nie, so staan die skole leeg, so word skole afgebrand maar solank die AFrikaanse kinders net nie meer in Afrikaans mag skoolgaan en studeer nie is alles reg. Dit is ‘n patetiese toedrag van sake tans in SA! Daar word nie die hoeveelhede nuwe skole gebou wat belowe is nie, maar die AFrikaanse skole kry al hoe meer druk om meer leerlinge in te neem en na ‘n jaar word hulle taalbeleid verander want dan is hulle oorstroom van anderstaliges .. DIE REGERING dink ons is te stupid om dit raak te sien en die liberale klap hande . gelukkig sien ek nou kry die liberale kort kort slae by die einste mense saam met wie hulle hulleself skaar.

Jaco Prins ·

Die DA kan gerus die balk eers uit hul eie oë haal. Op Tulbagh staan ‘n groot moderne skool wat uitsluitlik vir swart, Xhosa/engels sprekendes gebou is ook hoofsaaklik leeg terwyl die afrikaanse bruin gemeenskap nogsteeds skoolgaan in ‘n ou verwaarlooste asbesgebou met weinig verf op en gate in die mure en dak. Begin 2016 het die VF+ hierop gewys en die DA het gou nog lee beloftes aan die gemeenskap gemaak. Twee jaar later en nou blyk dit die Xhosa skool is met die Bruin skool se geld gebou en geen nuwe skool is oppad nie.

Peet Schabort ·

Reeds al in die 1940’s was daar ‘n Spesiale Klas op laerskool om hierdie leerlinge by te staan en sodoende vir hulle ‘n volwaardige toekoms te verseker. Ja ek weet want so was dit op Trichardt se laerskool. Omdat toetse aangaande IK beskou word as negatief oor menswaardigheid sal ons die vrugte daarvan pluk in die toekoms. Ons is geskape om elkeen ‘n toekoms te hê sonder diskriminasie betreffende intellek. Dit is doodeenvoudig krimineel om kinders ‘n verkeerde skoolopleiding te gee en dan té laat te besef wat aangaan.

Manuela ·

Dis baie waar wat jy sê. Elke mens het ‘n funksie in die samelewing, ook volgens sy vermoë. Ontkenning van verskille in IK doen meer kwaad as goed.

Grassie ·

Peet – ek dink daardie IK toetse is ‘n sensitiewe saak vir die onderwysowerhede. As 50% van sekere groepe skoliere sukkel om daardie belangrike syfer van 70 te haal moet dit liefs verdoesel word.

Wonder ·

Peet Schabort, die spesiale klas op laerskool waarvan jy praat, het net tog gevolg gehad dat kinders ge-etiketteer is en gespot is as dommies. Ek dink dis ‘n wonderlike idee om kinders met spesiale behoeftes in ‘n skool te hê waar hulle spesiale aandag kry en kan floreer. Die skool waarvan die artikel praat, is ongelukkig te duur en ondeurdag opgerig.

Peet Schabort ·

Ek stem met jou saam Wonder. Tog moet ek verskil van toentertyd toe ons almal kaalvoet en met gelapte SKOON klere skool toe gegaan het. Om enkele kinders te plaas in ‘n aparte skool was onmoontlik a.g.v. afstand. akkommodasie en die geldelike sy daarvan. Ek het ‘n maat gehad wat uiters gestremd was dat hy selfs nie kon praat en met ‘n stootwaentjie kon voortkruip. Sy knieë was eelte en hy het nie die binnekant van ‘n skool geken. In 2015 het ek en my vrou (nou oorlede) sy moeder besoek wat nou in 2018 reeds 103 jaar oud is. Opvoeding maak dat jy eer en respek betoon aan andere minder bedeeld as jy. Dankie aan my ouers (onderwysers) hiervoor.

Boerseun ·

Wat jy nie weet nie, weet jy nie. Nou sit ons met n wereld vol mense wat dink hulle weet, maar nie eintlik weet nie. Nou hoe oortuig jy so ou?

Colleen ·

Met daardie geld kon nog ‘n tronk gebou word wat al operasioneel kon wees en werk kon skep.

Manuela ·

Swak beplanning is dikwels die gevolg van mense wat in poste sit waarvoor hulle nie bevoeg is nie.

Wonder ·

Colleen, die oprig van nog ‘n tronk, is nie ‘n goeie opsie nie. Verlaag eerder misdaad sodat daar nie méér tronke benodig word nie.

Santjie ·

Ek sou graag wou weet hoe dink Ramolifho eintlik? Wanneer is die okkupasiesertifikaat uitgereik en HOE in die lewe, kan jy eintlik verwag dat leerlinge gedurende die laaste helfte van die jaar ontwrig word EN dan nog goeie prestasie verwag?

Anoniem ·

Santjie, die nuwe skool was al laasjaar gereed. Die kinders kon mos Januarie 2018 daar begin het om hul ontwrigting tot die minimum te beperk?

Lou ·

Ek is in die boubedryf en ek kan eerlik sê dat R300 mil vir ‘n skool verregaande is. R150 mil sal reeds die oe laat rek. Ek ruik weer verhoogde tenderpryse en “back-handers”….

Ella ·

Seker ook al leeg geplunder nou soek iemand nog geld om dit “operasioneel” te kry.
Wie moet oog hou oor hierdie vermorsing van staatsgeld? (Wat van die belastingbetaler en heffings verkry word.) Is daar GEEN toesig, beheer en opvolg van enige instansie?
Nee ons raak nou sat van die regering se vermorsing en spandabelrigheid.
Baie skole het nie ordentlike toilette nie en hier mors hulle R300 m?

HPV ·

Ja Ella, wat mens woedend maak, is dat brandstof in Suid Afrika onbekostigbaar raak deur allerhande heffings en miljarde Rand wanbestee en aangewend word, sodra dit op die lappe kom trek hul net eenvoudig hul skouers op en staan grootoog daar! ‘n Dag later word die volgende soortgelyke projek beplan en so gaan dit aan en aan….! Dit maak mens al meer opstandig ten opsigte van belasting en heffings wat elke keer in ‘n bodemlose put beland.
Mens stop om jou besigheid uit te brei, of om meer mense in diens te neem, later begin mens net soort van vir jouself sorg en basta met welvaartskepping.

Lien ·

Die DA moet sommer kyk hoeveel onderwyser van die skool word nog betaal ook????

Johan ·

Vanuit ‘n politieke perspektief slaan Projek Stof die spyker 200% op die kop. Ek gaan nie alles herhaal nie, maar hierdie is ‘n duidelike bewys dat Lesufi nie bekwaam is vir sy pos nie.

Maak nie saak vir wie die skool bedoel was nie (Spesiale behoeftes, Afrikaanssprekendes, Engelssprekendes, gemeng, ens). Sekerlik was daar ‘n goeie rede om die skool te bou, want die Dept het mos sy huiswerk gedoen. Of het hulle dalk nie?

Ek lees niks van wat Lesufi kwytraak nie. Gewoonlik is hy voor in die koor as daar net sprake van ‘n rasvoorval was. Hoekom is hy nou so doodstil? Ons wag vir sy reaksie.

“We demand Lesufi’s comments”.

TP ·

Dit is ‘n skool vir leerders met spesiale leerbehoeftes , so kostes kan meer wees as vir ‘gewone’ skole. Berig se ook dat leerders wat veronderstel in om die skool te betrek tans in Marlboro in ‘n ‘onveilige pakhuis ingedruk is’. Lyk eerder of die persoon/e wat verantwoodelik is vir die bestuur van die skool opgemors het.

Manie ·

Lesufi is net haastig as daar dalk enige sprake van rassisme is. Verder sien of hoor jy nie dat hy sy werk doen doen.

E.K. die eerste ·

Lou ek stem 100% saam met jou. dit het seker nie naastenby soveel gekos maar iemand se sakke is weer gevul. Dankie DA dat julle minstens die gemors oopvlek.

Chris ·

Heel eerste geen beplanning en navorsing nie, dan word so n projek vir familie en vriende gereserveer met die uitsluitlike doel om maksimum finansiele voordeel uit belasting betaler te trek. Nou kan dit maar leeg staan elkeen het sy deel gekry. Sou dit n Afrikaans talige skool projek wees was dit al lankal oorvol gestop met leerlinge wat in die koloniale verdrukkers se taal wil leer.

Dido ·

Presies dit gaan ook met plase gebeur na dit weg gevat gaan word. Die regering gaan ook geld mors op die wat die plaas bestuur en dit sal die selfde situasie wees as di bo genoemde artikel.

Wonder ·

Ek wonder waar hierdie skool geleë is? En was dit regtig nodig om so baie geld te betaal? Kon die geld nie eerder aangewend geword het om reeds betaande skole (dit hoef nie noodwendig special needs skole te wees nie), op te grader en te beveilig. Ek hoop nie hierdie skool gaan onder vandalisme en plunderry deurloop nie…

vonnie ·

@Wonder, jy sê dit hoef nie ‘n spesiale skool te wees nie. maar as ‘n ouer van ‘n outistiese kind kan ek dit nie genoeg benadruk hoeveel ons “sulke skole” nodig het nie. ons kinders kan nie in die norm skoolgaan nie, aangesien die ander kinders nie met hulle kan aanpas nie. kan ons nie eerder meer skole vir special needs kry nie??? dit is bitter moeilik vir ons as ouers om altyd te moet hoor dat jou kind nie geakkommodeer kan word nie, en hulle moet eerder na ‘n versorgings tehuis of skool gaan. nee!!!! my kind hoort nes ander kinders by sy ouers. so bou die skole, maar gebruik dit dan asb!!!

Wonder ·

vonnie, ek stem saam dat daar skole vir spesiale behoefte kinders moet wees. Die geld wat egter “gemors” is op hierdie onnodige duur skool, kon beter aangewend geword het. Ek dink nie dit kos R300 miljoen om ‘n spesiale behoefte skool te bou nie. As ‘n mens so ‘n skool vir die helfte van hierdie geld kan bou, kan die res van die geld mos aangewend word om reeds bestaande skole op te gradeer en/of te beveilig?

marous ·

Geskok , teleurgesteld , hartseer ….het hierdie mense geen ander woordeskat nie ?

bgj van der westhuizen ·

mense daar is 2 spesiale skole van die mense praat van n sesiale klas by skool dit is vir kinders wat sukkel om te leer of hakkel en net ook waar die onderwysher net te lui is om kinders te help sit hulle oor in n spesiale klas en dan is daar n spesiale skool wat kinders wat gestrem is help en ek stem daar moet n spesiale skool wees wand daar moet ander help ook wees om die kinders te help dit is n skande dat n skool gebou is vir hulle en dan moet hulle nog steeds in n pak huis skool gaan hy moet ommiddelik af gedank word te sleg om die hoof van onderwys te wees

Niel ·

Ek sou graag fotos wou sien van hierdie spesiale skool, om te kyk of dit werklik toeganklik gebou is volgens die UN Convention on the rights of Persons with Disabilities. Daar is ‘n hele paar punte wat genoem word in daardie dokument. Dis werklik ‘n belangrike dokument wat so te seg die regering opdrag gee om te kyk na die toeganklikheid ens. Dit help nie by daai skool is daar trappe , te skuins opritte en alles, smal deure dat rolstoele nie kan in… So ja, sal graag fotos wil sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.