Skoolaansoeke vereis nie meer geboortesertifikaat

(Argieffoto: Unsplash)

Ouers sal voortaan nie meer ’n kopie van hul kinders se geboortesertifikaat hoef in te dien wanneer hulle aansoek om skoolplasings doen nie.

Dít volg nadat die hooggeregshof in die Oos-Kaap onlangs bevind het dat klousules 15 en 21 van die skooltoelatingsbeleid vir openbare skole van 1998 ongrondwetlik is.

Klousule 15 vereis dat voornemende leerders van openbare skole ’n kopie van hul geboortesertifikaat aan die betrokke skoolhoof moet oorhandig wanneer hy of sy aansoek doen om plek in ʼn skool.

Leerders is in die verlede plasing geweier indien hulle nie oor dié dokumente beskik nie.

Klousule 21, wat handel oor die toelatingsvereistes van buitelandse burgers, vereis van dié burgers om by skoolaansoeke bewyse te toon dat hulle reeds by die departement van binnelandse sake aansoek gedoen het om wettiglik in die land te bly.

“Die uitspraak kom op ʼn tyd wat die departement juis besig is met ʼn hersiening van die toelatingsbeleid,” sê die departement van basiese onderwys in ’n verklaring.

Luidens die verklaring werk die departement saam net die departement van binnelandse sake, die Sentrum vir Kinderreg en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) om aandag te gee aan die kwessie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Kyk waars dit besluit…dis net om ons skole vol onwettige immegrante te maak en ons kinders kry nie plek nie. Waarom anders sal dit nou eweskielik ongrondwetlik wees..?

Naomi ·

Die grootste probleem in skole is Gr 9. Dit is die tydperk waar hormone en eiewysheid hoogty vier. Dink net as jy met ‘n klas vol 15-jariges sit…en daar is so paar 18 en 21- jariges tussenin. Ek kry die onderwysers jammer. Dit is voetsoolvlak.

Johan ·

As ‘n geboorte sertifikaat nie meer nodig is nie, iemand bv beweer hy is 10 maar eintlik is hy 15. Dink net hoe goed sal hy in sport vaar!

AV ·

SA het die grootste klug geword. Sonder dokumente om ouderdom te verifieer kan enige kind in enige graad geplaas word, aan sport deelneem teen jonger kinders en beter presteer. Alles in ‘n skool draai om ouderdom en ouderdomsgepaste opvoeding. Die ANC is meesters van chaos. Alle reëls en wetgewing wat orde en standaarde bevorder word summier uitgewis.

André André ·

Ek stem, ‘n geboortesertifikaat is wel onnodig, die hoof van die skool kan nou net sy vinger in die aansoeker se keel druk en voel hoe groot die mangels is.

skurweberg ·

Ouers moet hulle maar regmaak vir siviele eise teen die departement van onderwys, as hierdie saak verander gaan word en iets met jou kind gebeur. As jy alle wetenskaplike klassieke ontwikkelingsfases van skoolgaande kinders verwerp, moet jy maar die gevolge daarvan dra.

Lee ·

Dit is belaglik! Ek stem saam met van die kommentaar (Jaco, Johan, AV) dat dit net vir 1000e onwettige immigrante toegang tot ons stelsel en ander probleme kan gee. Wat is die sin van ‘n ID dan? Is dit dan nie ook ongrondwetlik nie? Of ‘n paspoort?

SjN ·

Mamma, ek het vir Pietie in ons st 1 klas gewen met die hardloop resies, mamma, is dit omdat ek vinnig is, nee Thabo, dit is omdat jy 21 is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.