Skoolbegrotings onder al hoe meer druk

‘n Leerder se temperatuur word nagegaan by Laerskool Pierneef. (Foto: Verskaf)

Duisende gr. 12- en gr. 7-leerders het die afgelope week te midde van die Covid-19-pandemie teruggekeer skool toe, maar skole se begrotings is onder toenemende druk weens ouers wat die betaling van skoolgeld gestaak het.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê benewens die probleme wat uit die bestryding van die virussiekte spruit, ervaar skole groot geldelike probleme omdat talle ouers doodgewoon opgehou het om skoolgeld te betaal.

“Die redes wat aangevoer word, is dat sekere ouers van oordeel is dat dit nie nodig is om skoolgelde te betaal as die skool nie ʼn diens lewer nie en ander aanvoer dat hulle in die sakesektor werksaam is en hulle vermoë om inkomste te genereer ernstig gekortwiek is,” sê Klopper.

Hy sê die SAOU het groot begrip dat dit in sommige gevalle vir mense bloot onmoontlik geword het om skoolgeld te betaal, maar dat ʼn ernstige beroep op ouers gedoen word vir wie dit wél moontlik is, om steeds te betaal.

Klopper sê skole se vermoë om personeel aan te stel word direk aan die betaling van skoolgeld gekoppel. Dit maak kleiner klasse en dus meer gefokusde onderrig moontlik, skaars vakke, remediërende onderrig en arbeidsterapie kan op dié manier aangebied word en kultuur- en sportaktiwiteite kan voorsien word.

“Onderwyspersoneel in die diens van die skool is ʼn ongelooflike bate vir skole om hulle diens aan die gemeenskap te kan vervul. Dit is ʼn bate wat nie verlore kan gaan nie.”

Klopper sê dit is uiters belangrik dat ouers hul verantwoordelikheid teenoor die skool besef.

“Onderwyspersoneel wat deur die skool in diens geneem word, is werklik ʼn kwesbare groep opvoeders wat met goeie reg op beskerming deur skoolbeheerliggame kan staatmaak. Hulle word deur die gemeenskap in diens geneem om direk diens aan die gemeenskap se ouers en kinders te lewer deur akute en gefokusde behoeftes te pak.”

Die SAOU sê hy het groot begrip vir die finansiële probleme wat skole in dié stadium beleef, maar doen ʼn ernstige beroep op beheerliggame om hul skole se begrotings só aan te pas dat dié onderwysers se poste nie in die gedrang kom nie.

Weens die pandemie geld ʼn verbod steeds op georganiseerde kultuur- en sportbyeenkomste en Klopper sê dit is een plek waar die sente omgedraai kan word.

Die SAOU vra ook dat salarisverlagings of selfs afleggings as die laaste uitweg oorweeg moet word.

“Hierdie personeel verdien elke belanghebber in die onderwys se gefokusde aandag en beskerming,” sê Klopper.

Hy sê talle skole het reeds suksesvol om hulp aangeklop by die regering se tydelike noodverligtingsfonds (Covid-19 TERS) vir betalings en beveel aan dat skole van dié opsie gebruik maak as hulle finansiële probleme ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Leon

Die tyd toe daar plaas skole was wat ‘n groot deel van die leerlinge gavat het is verby. Die plaas skole is deur die boer op wie se plaas die skool was gefinansier. Daardie honderduisende kinders is nou in die stelsel.

Michael 1

Privatiseer die skole ,ek sal meer betaal as my kinders n regte kurrikulum kry en nie n eensydige lae graad mors van tyd nie ,privatiseer en volg die cambridge kurrikulum.

koos10

Soos Ramaphosa mos gese het, die ongelykheid in die land is massief. Kwintel 1,2 en 3 skole kry alles by die staat. Kwintel 4 en 5 moet bykans alles self voorsien. Ek weet, ek dien op 2 van die skole se beheerligame. ‘n Water en ligte rekening beloop tussen R80000.00 vir die kleiner skool en R250000.00 vir die groter skool, en dit is per maand. Beide skole is gelukkig om R200000.00 by die staat te kry en dit is per jaar. Onderhoud op geboue, salarisse, skryfbehoefdes, subsudies ens. moet deur die bedrag gedek word. Dis vir elke Kwintel 4 en… Lees meer »

Fedup

I agree with parents.
No service, no payments.

wim

Die SAOU was deel van die voete sleep brigade, wat met hul pogings en gesamtlike verklarings heropening met minstens ‘n maand uitgestel het. Die verklarings saam met ander unies wat goed soos die sanitering van klasse wat maande leeg was as verskoning aangevoer het (waar was die wetenskapsonderwysers?). Die verklarings saam met ander unies wat so aangegaan het oor water, terwyl sanitering met ‘n botteltjie industriele middel gedoen word. Die verklarings wat so aangegaan het oor veiligheid, terwyl kinders se risiko laer is as om TB by die skool op te doen. En terwyl tienduisende kinders van voeding afhanklik is… Lees meer »