“Skoolboelie” dam seun glo by oor tongring; “onnie” kyk toe

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Video wat op sosiale media versprei word van ʼn vermeende boelievoorval in ʼn klaskamer van ʼn skool in Vereeniging, Gauteng, voor ʼn persoon wat skynbaar ‘n onderwyser is maar wat niks daaraan probeer doen nie, het mense warm onder die kraag.

Nicolaas Putter, die pa van ’n leerder by Krugerlaanskool in Vereeniging, het die video bekom en op sosiale media gedeel om bewusmaking te skep van vermeende geweld wat glo, volgens hom, gereeld by die skool voorkom.

Putter het aan Maroela Media gesê daar is glo ander voorvalle van geweld by die skool en as die gevalle aangemeld word, word daar glo niks aan gedoen nie.

Maroela Media het verneem dat die seun wat glo aangerand is, na bewering vir hom ʼn tongring laat inskiet het. Op die video kan ʼn mens hoor hoe die vermeende boelie, wat glo aangedring het dat die ander seun die tongring uithaal, spog dat hy skynbaar toestemming van ʼn onderwyser het om die seun “te m**r”. Op die video kan ʼn mens ook sien hoe ‘n persoon wat agter die onderwyser se tafel sit, skynbaar ‘n onderwyser, niks doen terwyl die een seun die ander met die vuis bydam nie. Die video eindig waar die seun poog om die tongring uit te haal.

Sedert Putter die video gedeel het, het dit soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei en skokgolwe veroorsaak, veral omdat die beweerde onderwyser nie tydens die voorval opgetree het nie. Putter se oorspronklike plasing op Facebook is teen Maandag reeds meer as 380 000 keer gekyk en 22 000 keer gedeel.

Putter is intussen glo deur ʼn onderwyser by die skool ingelig dat die skoolhoof, mnr. Potgieter, en die polisie die voorval ondersoek.

Maroela Media het navraag gedoen by die Gautengse departement van onderwys en wag nog vir kommentaar. Die skool kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Kapt. Shado Mashobane, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê die polisie is oorval met navrae oor die voorval.

“Volgens die Vereeniging-polisie is daar geen saak van aanranding wat Vrydag by die stasie aanhangig gemaak is wat met die video verbind kan word nie,” het Mashobane gesê. “Die skool is vandag toe omdat dit ʼn skolevakansiedag is, en môre is ʼn openbare vakansiedag. Die polisie kan dus eers Woensdag by die skool uitkom om die voorval op te volg. Geen verdere kommentaar kan in dié stadium gegee word nie.”

Lees die opvolgberig hier.

Die video is deur Putter op YouTube gelaai. WAARSKUWING: Die video is gewelddadig van aard en bevat kru taal wat sensitiewe lesers kan ontstel.

[wpvideo jFwfo0yP]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

pop ·

My dogter het die naweek die video vir my gewys. Ek is in my siel in geskok en erg bekommerd. My kleinkind moet eersdaags skooltoe. Dis n oorlogsone vir n kind. Ergste is ons is so gewoond daar gaan niks aan gedoen word nie dat dit weer en weer gebeur. Moord, roof, verkragting en elke soort onheil, en die regering beskerm niemand nie.

Jannes ·

My seun sal nie ‘n tongring dra nie,, maar nie hy of ek sal toelaat dat hy so geslaan word nie. Ek sal met alle hel toesak op die skool, die hoof, die onderwyser, die ouers van die boelie en die klein boelie misdadiger.

Lefras ·

My naam is Lefras aka SuperSeun. Ek is besig met ‘n projek waar ek by elke skool in ons land gaan optree om boelie op skool te stop. Ons beplan om volgende jaar 2016 te begin met die toer. Gaan youtube gerus Superseun musiek video om vir julle die idee te gee waaroor dit gaan. As ons almal net kan saam staan dan kan ons ‘n verskil maak. Dit help nie ons staan net en kyk of wys vinger nie. Ek gaan ons kinders leer en help en julle kan ook. Julle kan my gerus epos by [email protected]

EMK ·

Walglik. En dis dalk toekomstige leiers van ons land? Ek hoop hier word STRENG opgetree teen onderwyser en boelie!

EMK ·

Ronell, van wanneer af is dit ‘n mede-leerling se taak om “disipline” en veral op hierdie manier toe te pas?? Skaam jou man! Om dit te kondoneer bewys jy net jou mentaliteit!

Ronell ·

As almal reels en regulasies ignoreer soos wat wel die geval is….kyk maar net na ons paaie!! Wat dink jy gaan gebeur…??? Daar is skoolreels wat nagekom moet word… en ja… dit is die onderwyser se plig om dit na te kom…. maar hoe moet onderwysers deesdae dissipline toepas as hulle nie eers uitskryf werk mag gee nie. As die ongehoorsame vent nie wil hoor nie…. kry a ander manier..! In die weermag destyds is die troepe opgevoed met a klap in die regte rigting. Nou kraam ouers as hulle arme bloedjies papiere op die skoolgrond moet optel… papiere wat hulle daar geduiwel het…. want dis mos nie hulle werk nie….! AL WAT ONS DEESDAE KRY: IS GEHOORSAME OUERS wat baie mooi na hulle kinders luister. …!!!! En ek sal nie van mentaliteit praat as ek jy is nie…..!

Sollie ·

Nou bring Ronell die weermag in en, en, en… sy erken WEL daar is ander maniere maar steeds kondoneer sy geweld van een leerling teenoor ‘n ander. Ronell, Jy moet dalk bietjie sielkunde gaan swot. As die onnies nie weet hoe om disipline te handhaaf dan hoort hulle nie in die onderwys nie – en ek praat van op ‘n ORDENTLIKE maniere, nie barbaarse maniere nie. Die ouers kon ingeroep word en saam kon hulle die saak uitsorteer of waarskru kind en ouers dat die kind, indien hy nie by reëls bly, hy geskors mag word – watookal, maar geweld? Dis NOOIT die antwoord nie.

Shaun ·

Ronel. Jy glo duidelik dat absurde reels. Dat ‘n kind aangerand moet word omdat hy nie ‘n skool reel volg nie. So jy stel voor dat die kinders mekaar geweldadig moet aan val as hulle naels te lank is, as hulle nie belde drae nie, as hulle met ‘n rooi pen skryf?

Thea Gerber ·

Ronell, ek stem so saam met jou. Die kinders het geen respek vir onderwysers nie, want die ouers (nie almal) sien neer op die onderwys beroep. Wil die horries kry as hulle kinders net dink daaraan om ‘n onderwyser te word. Pa sê “laat daardie onderwysertjie net vir jou iets sê, dan sal ek hom regsien, ek verdien meer in ‘n maand as hy in n jaar, ens’ Die samelewing het die idee dat net die dommetjies word onderwysers word. Tog is dit so ironies dat ons hulle kinders moet opvoed, akademiese kennis, maniere, seksonderrig, ens, is alles ons werk. Ons moet hulle wonderwerkies leer om eendag in ‘n ordentlike hoogsbetaalde beroep te kan staan – tog asseblief nie ‘n onderwyser nie. Gaan vra vir ‘n groep van 100 matrieks wie gaan onderwys studeer en die hele groep bars uit van die lag. Ek voel ons as onderwysers moet weer die agting van die ouers kry wat ons verdien, dan sal dit beter gaan in die onderwys. Min onderwysers is bereid om hulle koppe uit te steek, want of die onderwyser opgespring het en die boelie warm geklap het of niks gedoen het nie – hy kry die skuld. Ouers leer hulle kinders van kleins af om NIE vir hulleself of die onderwyser te luister nie. Mamma sê vir kleinsus: Moenie op die stoel spring nie, jy gaan iets breek, dan slaan ek jo u(vyftien) keer, dan spring kleinsus die sestiende keer, breek iets en Mamma sê: Jou stoute kind, ek is sommer lus en slaan jou. Nou kom kleinsus in die skool en die Juffrou sê: Moenie dit doen nie, as jy dit doen word jy gestraf. En kleinsus dink: O ja, hierdie rympie ken ek goed, grootmense is slapgatte wat net dreig en dreig en nooit iets doen nie. Dan straf die juffrou haar en Mamma en Pappa spring op haar af, gaan sien die hoof, ens, ens, ens. Leer ons kinders of te luister en Suid Afrika word weer ‘n gedissiplineerde land. Bogger die 1992, 1993, 1994 verkiesings, ja stemme an al daardie strooi. DISSIPLINE is ons probleem. En dit begin by die huis.

Anne ·

En of julle maar nou daarvan hou of nie, kinders is veronderstel om na Mamma en Pappa toe te hardloop, dis waarvoor ouers daar is. So kom maar daaroor Thea dit gaan nie verander nie.

EMK ·

Thea jy is reg en verkeerd. Ja, dissipline is veronderstel om tuis te begin – dit is reg. Hoekom is dit so dat sekere oderwysers (sonder om kinders te slaan) hengse agting en respek van kinders het – die Engelse sê mos “respect is earned”. PArty onderwysers moet bietjie kyk hoe hulle optree en hoe suksesvolle onnies optree en dalk gaan leer hoe dit gedoen word. Jy kom steeds nie by die punt, naamlik dat GEEN onderwyser mag toelaat dat ‘n leerling ‘n ander aanrand nie en dis wat hier gebeur het. Jou frustrasies oor jy nie ge-ag of geëer word het nou niks te doene met die feit dat hierdie onderwyser en die boelie ooglopend verkeerd en wederegtelik opgetree het nie en klaar! Onderwys is nie ‘n “joppie” nie, dis ‘n roeping; dus, as jy so ongelukkig is oor jou behadeling deur ouers en kinders, dan moet jy dalk ander werk soek.

Anne ·

Regtig Ronell ,is die nodig om op so vieslike manier na die ouers te verwys? Hoop nie jy is ‘n onderwyser nie want jy klink erg frustreerd.

Sollie ·

Anne – ja en as Ronell een is, is die taalgebruik maar swak, hoe gaan sy ons kinders reg leer?

Vlammie ·

Ek kom baie in aanraking met nuwe onderwysers. Dis vir my erg om te sien hoe die lig in hulle oë dowwer word na ‘n jaar of twee .
Veral die vroue.
Onderwys is veronderstel om een van die belangrikste en mees edel roeping te wees maar die kinders en ouers breek hulle af.

Sanet ·

Dit is vreeslik! Ek hoop hulle doen iets omtrent hierdie onderwyser. As die kind nie die tongring mag gedra het gedurende skool ure, is dit mos nie die manier hoe dit opgelos word nie!

nig ·

Louis, nee die “onnie” moet ge-fire word. Boelie moet geskors word. DIS wat!

alex ·

@ Nig.
Stem 100% met jou saam hy moet gejaag word en sy gesig moet in die media kom.
Bespreek plek vir die seun in Boys Town daar in Randfontein. Dan kan die groter seuns hom bietjie boelie.

Die betrokke onderwyser moet van die onderwys paneel verwyder word.

Marietjie ·

Ek stem. Die Kind moet geskors word en so ook die onderwyser wat dit toegelaat het.
Daar is maniere om dissipline toe te pas, en om skoolkinders dit te laat doen is nie die manier nie. Dalk is dit ook sekerlik nie die 1 ste kind wat deur hierdie boelie afgeknou is nie. Daardie boelie kort ‘n paar warm klappe teen sy ore!!!!!!!!!!!!!

hester ·

dink die boelie en die onderwyser en die toeskouers moet geskors word

Tommy ·

Ongelukkig verhoed my werk se firewall dat ek na die video kan kyk. Ek wil dus net my mening hier lig, en wil ek asb nie met klippe bestook wordnie. My vraag is VERWAT moet mense alewig sulke video’s op facebook/youtube gaan plaas? Ons Afrikaners het alreeds ‘n slegte beeld daar buite, sulke goed vererger net alles.
Is hierdie beeld materiaal eerste onder die skoolhoof en toe onder die departement se aandag gebring? Of is daar dadelik op die bandwagon gespring om sensasie te kry?

ADP ·

Dit het niks met Afrikaner beeld te make hierdie is maar een van 1000 gevalle wat daagliks by SA skole afspeel. Dit gaan oor boelie en die onderwyser wat net toekyk hoe die andrr kind geboelie word. Hoop beide die onderwyser en die boelie word vir aanranding aangekla. As fit my kind was wat so aangerand was sou ek sal selfs so vèrgaan en beide onderwyser en boelie te dagvaar vir pyn en lyding.

Elna ·

Ek stem saam met jou. My kind is in di skool en sover ek weet maak hul gewoonlik werk daarvan as so iets gebeur. Ek voel ook hkm het hul ni eers na di hoof gegaan ni nu word di skool se naam deur di modder gesleep oor een kind wat ander boelie. Ons het ook al ‘n geval van boelie gehad en my man het di hoof geskakel en daar was opgetree. Dit kon better hanteer geword het….

Jakes ·

‘n Skool waar sulke dinge gebeur, met sulke slapgat onderwysers se naam behoort deur die modder gesleep te word!

Tiaan ·

@Tommy

Wel as die skool en die Polisie niks wil doen nie wat anders? As jy n beter uitweg het se my asb.
Deur om bewyse te gee en sulke goed dan te pos, maak dat die skool/Polisie geen keuse het as om op te tree nie.

Jax ·

Onderwyser kort n paar klappe en so n laaitie se velle van sy gat aftrek. Sal nooit weer aan ander kind slaan nie.

annette duvenhage ·

Kan jy jou indink hoe boelie hy sy sibbe….miskien nog sy ma en pa ook. Goeie grond……

Blondie ·

Goeie genade… reels , regulasies en dissipliene het by die agterdeur uitgewaai!!! Ek was 5 jaar terug op skool en ons dogter mag net goue of silver knoppies of klein ringetjies oorbelle dra, wat nog te se van n tongring?
As die matriek prefekte jou gevang het dat jy nie die regte oorbelle aan het nie en of jy grimmeering dra skool toe het hulle jou gemaak dit uithaal en jou gesig gaan af was… dit was beter om te vir hulle te luister as wat jy ingeroep is kantoor toe en jou ouers gebel is. maar NOOIT is daar sulke gedrag betoon nie . Nie deur n leerling of n onderwyser nie. Daardie skool moet hulle beginsels en waardes vir dissiplien gaan ondersoek. Sies man!!

CHRISTA ·

Prefekte het nie die reg om links en regs bevele uit te dien nie. Dis die skoolhoof en onderwysers se plig om discipline toe te pas!!!

Heidi ·

Ek wonder wat moet die skool nou eintlik doen! Die regering kap hul hande af om die kinders oordentlik te straf. N goeie pak sal die tipe strooi uitwis! Daar is baie reels wat daagliks oortree word, en n tongring is nie die ergste nie!! Mense hier se hy het verdien om geslaan te word omdat hy n tongring inhet!! Kinders het sex in badkamers voor en naskool. Daardie kinders moet seker doodgegooi word met klippe deur ander leerders. Wat van die rookery en drak op skoolgronde?? N tongring is niks in vergelyking met ander meer erge oortreedings nie! Gee die onnies weer die mag om die peste te voeter!!!

Danie ·

Hoekom moet ‘n ander persoon (vir wie dit dalk die ergste vorm van gebrek aan respek is) maar net aanvaar dat daar persone is met ‘n ander uitkyk wat neusringe, tongringe ensovoorts dra. Hoekom mag die geringde persoon dan toegelaat word om te maak soos hy/sy wil maar die ander moet dit maar net aanvaar. Mis ek dalk iets?

Elfie ·

Danie , ja jy mis beslis BAIE. Die punt is nie disipline of gebrek daaraan – die punt hier is die TOEPASSING daarvan en dit op ‘n walglike wyse deur ‘n medeleerling met toestemming van ‘n onderwyser. Hoe is DIT reg? Soms verbreek ‘n kind JUIS reëls omdat dit ‘n roep vir aandag en hulp is, onderwysers is veronderstel om sulke goed raak te sien en te help; nie om sulke walglike dade goed te keur nie!

Danie ·

Hoekom met die wat die reëls oortree met handskoene hanteer word. Terwyl die wat in hulle spoor trap vanselfsprekend so MOET wees. So asof daar maar goed is dat jy die reëls oortree. Tot op ‘n punt van die wat maar altyd net die voorbeeld MOET stel net kop verloor en dan drasties optree.

CHRISTA ·

Dis nie vir een leerling om voor te skryf wat ‘n ander leerling mag doen nie. Die skool moet sy reëls uitvoer deur sy skoolhoof en onderwysers. Dis nie ‘n leerling se plek om dit te doen nie!!!

Danie ·

Kom ek gee ‘b voorbeeld:
Van Januarie sanik die onderwysers al die die tongring wat David dra. Elke klas sanik die onderwysers oor die tongring. Bennie het nou net breekpunt bereik oor die aanhoudende gesanik oor die ring en het vandag besluit om die ring uit David uit te wetter. Hopelik hou die aanhoudende gekla dan op.

Carl ·

Danie
Ongelukkig is dit nie altyd so maklik nie. Geregtigheid moet ‘n ander pad loop in ‘n beskaafde samelewing.

Wat as tongring ‘n paar ander probleme het? Hy besluit nou hy was verontreg en verkleineer. Sy oplossing? Steel sy pa se pistool met 3 magasyne. Bring dit klas toe, en sluit die deur emt vol klas. En dan deel hy geregtigheid uit aand ie onnie, boelie en ander kinders in die klas – dis nou wat hy vir homself afmaak as geregtigheid. Want hy is as kind mishandel en sy stief pa het hom aangerand – so hy weet eintlik nie wat is reg of verkeerd nie. (dit het met skole in die VSA gebeur)

Wat kom dan daarvan ? Vuurwapens kry die skuld en dit moet uit die samelewing gehaal word.

Danie ·

Ek het nogal gekoop om sommer net nee te kan sê. Maar 1992, 1994, 1998, 2002,2006,2010, 2014 probeer hard om my verkeerd te bewys.

Poppie ·

Nou wat het die datums met dit tw doen. Kon verstaan as jy 1994 1999 2004 2009 en 2014 noem

nig ·

Man, Poppie, Danie is geheel deurmekaar -as hy nie vashaak by 1992 dan val hy rond tussen ander datums en goed. Hy het nog nie geleer om die verlede te verwerk nie! Hy sukkel ook om te verstaan geweld is nie die antwoord vir alles nie, hoewel hy vinnig die piep wil kry as swartes geweld toepas – hy verstaan nie dat vir een geld geld vir almal nie As mens teen geweld op kinders/oumense/diere/wittes is moet jy teen ale geweld wees.

Richard ·

Sleg !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! diep sleg !!!!!!!!!!!!! Daai onderwyser en boelie. Ek hoop regtig daar word iets omtrent die voorval gedoen was dit my kind dan was daar moord sleg goed

Irma ·

Dit is skokkend! Ek kan nie glo dat daar mense is wat dit goedkeur nie. Dit is siek. Geweld is nie die oplossing nie.

Gesie ·

Dis regtig kommerwekkend dat baie mense ‘n gesindheid het van dat alles en almal wat nie in hul enge piepklein boksie pas van wat “reg” en aanvaarbaar is nie, “gevoeter” moet word tot hulle “regkom.” Dit dui ook op ‘n kinderagtige onvermoë om situasies op ‘n volwasse manier uit te werk. Die ergste is dat hierdie kinderagtige en eng gedrag skynbaar in ons skole aangeleer en aangemoedig word.

Danie ·

Die woord eng herinner nogal sterk aan die meerderheid se siening van hulle teenstanders in die 1992 verkiesing. Kan mens dan daardie gedrag van die meerderheid ook as geboelie beskou. En as dit dan geboelie is waarom is dit dan reg?

nig ·

Ag tog Daaanie, nou kom kerm jy weer oor 1992 verkiesing… kry jou prioriteite reg. Jy obvisouly verstaan nie hoe werk ‘n kind se brein en hoe ‘n noodroep dit dalk is nie. Daar is BAIE ander maniere om disipline toe te pas. Asof ons nie genoeg geweld in ons samelewing het met verkragings, moord, aandrandings ens en dan kondoneer jy hierdie boelie se gedrag deur dit met die 1992 verkiesing te vergelyk???

Danie ·

Nig,
Is dit nie maar die oorsaak van die siekte wat ons sameleweing vandag aan lei nie. Ek was nie oud genoeg om te kon stem nie. Ek was blykbaar oud genoeg om die gevolge te MOET dra.
Nig,
Verduidelik jy dus vir my hoekom ek die gevolge MOET dra. Uit video’s kan ek nog duidelik sien hoe naief trots die ouens was dat hulle gewen het. Al wat ek vandag kan sien wat gewen is, is misdaad: moord, verkragting, aanrandings en ‘n lang lys van verkeerde goed. Nee ek KEUR nie geboeliery goed nie. Maar ek kan maar alte goed verstaan dat mense breekpunt bereik.

Poppie ·

Watter verkiesing in 1992????? Verkiesing tot prefek van jou skool? Probeer dalk 1994 verkiesing toe ANC aan bewind gekom het

nig ·

NET so Gesie. In my dae was om jou hare te kleur, dit te “perm” en sulke goed van die ergste oortredings, nou is dit reg maar dan kerm hulle oor ‘n tongring. Nie dat ek dit goedkeur nie maar is dit nie ironies nie? As ek soms kyk hoe party onderwyseresse aantrek dan dink ek nou hoe wil hulle die kinders disiplineer maar hulle trek SO aan? Dis net ongelooflik dat geweld in skole op hierdie tipe manier toegepas word maar dan kerm hulle as daar geweld van allerhande soorte in die samelewing voorkom!

CHRISTA ·

Danie, ons jeug moet NOU al verstaan dat daar ALTYD iets gaan wees wat iemand doen of sê waarvan hulle nie hou nie, maar dit gee hulle nie die reg om links en regs aan ander te slaan nie. Hulle hoef nie met leerlinge te meng van wie se gewoontes hulle nie hou nie. Ek glo daar is BAIE ander maats met wie hulle kan meng.

Annwen ·

Ek het ook ‘n seun en ek sal hom ook opdons, as hy die tongring in het.

Thea Gerber ·

Maar Annwen – nou kom die groot vraag. Sal jy toelaat dat n ander kind hom so slaan?

Berhalet Beukes ·

Ronell, dis onbeskaafde ouers wat met krutaal hulle ongemanierde, onbeskofte “brats” aanhits om ander kinders te boelie! Wat gee ‘n KIND die reg om ‘n ander kind te tugtig? ‘n Tongring is minder kommerwekkend as ‘n arrogante klein twak wat sy skoolmaats probeer reg slaan! Sy gedrag is net so teen die skoolreëls, nie waar nie? Skaam jou!

alex ·

Vreemd!!!
Kan. Maroela Media graag vir my se waarom kommentaar nie geplaas is nie.

Danie ·

Dalk het jy, dalk het jy nie: Onthou om — “Ek aanvaar Maroela Media se bepalings en voorwaardes” te bevestig. Afhangende van waarmee jy na die blad kyk en die instellings, wys die foutboodskap soms nie.

Pauline ·

Dit skok my om te sien hoe aggresief kinders geword het. En wat my meer skok is mense wat dit toejuig! As dit n aanvaarbare manier is (volgens sommige mense) het ek min vertroue in skole en onderwysers wat veronderstel is om deel te wees van kinders se opvoeding.

Cobus Pretorius ·

Ja Ian, jy was seker nooit op skool geboelie nie. Glo my, maak nie saak wat die rede is nie, as jy aan die ontvangkant is is dit nie lekker nie. Die kapokhaantjie wat so ewe vermakerig voor die ander slapgat seuntjies die klappe uitdeel sal dit heel moontlik nie vêr bring in die lewe nie. Wonder hoe vêr het jy gevorder met jou mentaliteit?

Gerhard ·

Daar is min dinge waarin ek so ‘n erge afkeer het as in ‘n tongring. Maar ‘n boelie is wel so ‘n ding. ‘n Ander so ‘n ding is ‘n lafhartige onnie. Nog een is ‘n klomp boelienalopers wat in sy goeie boekies wil bly. ‘n Ander een is ‘n sensasiesoekende slagoffer of pa. Hier is almal in een storie.!

Cobus Pretorius ·

Ronel, jy is of oud of nie baie inteligent nie. Ek stem saam EMK, Skamm jou man!

Cobus Pretorius ·

Die kind met die tongring dra dit omdat hy aandag soek wat hy heel moontlik nie by sy hoog heilige Afrikaner huis kry nie. Die mannetjie wat die klappe uitdeel is net soveel opsoek na aandag wat hy ook nie by die huis kry nie. Dit is tragies!!! En elkeen van julle wat dit so goedmoeds goedkeur het tien teen een self ‘n groot leemte aan liefde en aanvaarding in julle eie huise anders sou julle nie so tekere gegaan het nie. Ek skaam my party dae om ‘n Afrikaner genoem te word!

elsa Clark ·

Ek is baie jammer, maar as dit my kind was het ek daai skool op kop om gekeer. Snaaks dat die skool/hoof nooit beskikbaar is vir enige kommentaar nie. Hulle is net beskikbaar wanneer hulle kan shine in n berig. Ouers maak n saak van aanranding by polisie teen boelie boef, en saak teen skool vir watter klag julle ookal kan. Net dalk sal daar dan plan gemaak word met wie ookal vir voorval of a.g.v. voorval berokke was.

Joe64 ·

Die seun nou sy famiie aan die ANC se kultuur bloodstel, want nou moet die ANC se verteenwoordigers in sy lewe kom krap om sy familie te kom help.
En wat is dit met die tong ring in elkgeval?

Ronell ·

Myne ook nie geplaas nie. Net die waarvan julle hou ne…!

Danie ·

Dalk het jy, dalk het jy nie: Onthou om — “Ek aanvaar Maroela Media se bepalings en voorwaardes” te bevestig. Afhangende van waarmee jy na die blad kyk en die instellings, wys die foutboodskap soms nie.

Suzette ·

Regtig daar is nie meer respek in die skole wat het van die skole geword. Dis regtig nie mooi om dit te sien hoe onskuldige kinders geboelie word dis hoekom daar so baie selfmoord by jonger tieners is. Dit maak ‘n mens sommer siek om so iets te sien dat skole so erg raak.

Elize ·

Ek kan nie glo daar is volwasse mense wat dit goed praat of toelaat nie. Hulle was waarskynlik ook boelies op skool of is geboelie. Dis walglik en die onderwyser het dieselfde IK as die boelie. Bly ek ken nie sulke verskonings vir mense soos hulle nie

Janine ·

Dom t**f. My kind het ‘bellyrings’ ingehad, so ook het baie ander tongringe ingehad. Vir WIE pla dit? Jy is eenvoudig en moet eerder JOU BEK hou. Dier.

tina ·

Jou klein swerkater!! . .jy moet my kind so slaan..ek sal jou ‘n afgedankte loesing van jou lewe gee, as jy my kind was!!! Jy ou seuntjie, wat so selfdvoldaan is,sal vir daeee nie op jou boude kan sit! My boerebloed kook sommer…ek hoop hierdie ouers van hierdie mishandelde kind, vat dit na die hoogste vlak…EN HIERDIE ONDERWYSER…gee pad!!! Jy is nie opgewasse vir jou taak!!! jy en hierdie boelie is ‘ n SKANDVLEK.. .Dit is hoekom ek 100% vir pakslae is (nou asb. nie weer kindermishadeling – maar laat die boodskap goed deurkom!

tina ·

Ek lees die kommentare hierbo en ek het die video ook gekyk. Smaak my daar is baie wat dalkies self in die oderwys beroep is. Die tong-ring en watter anderi nie-toelaatbare gedrag is twee heel verskillende onderwerpe en kan sodanig uitgesorteer word MAAR NIE deur ‘n medeleerling of deur hierdie goedgekeurde passiewe houding van die onderwyser, dit is ontoelaatbaar. Daardie arme kind was uitgelewer aan hierdie Groot(onderwyser) en klein boelies en ek wed jul dit was vooraf gereel…

Sybil ·

Slap gat onnie seker bang hy kry ook n paar klappe – al daardie seuns moet aangekla en geskors word hulle is almal skuldig.

anon ·

toe ek op skool was het di perfekte ons met skeermes lemmetjies gemaak dat ons die naellak af krap en n onderwyser ons meisies met n klein hout krieket bat gewetter ek praat nou maklik van 16 /17 jaar trug

Willie Olivier ·

DIS hoekom ons afrikaners on so n gemors sit! In plaas van bymekaar staan kraak ons mekaar af! Boelies het n baie swak selfbeeld en nou hits die sleg onderwyser hom nog aan! Hy verdien nie om in die onderwys te wees nie.

Shaun ·

Die tongring is nie ter strake hier nie. Dit is sommer net ‘n verskoning om ‘n ander mens so aan te val. As ‘n werkgewer stel ek eerder die seun met die tongring aan as ‘n nikswerd boelie. Ek ken sulke boelies wat as kind gemors was, vandag nog gemors is en wat gemors kinders groot maak. Sulke mense is ‘n teleurstelling en las vir die Afrikaner folk en die land.

adele ·

maw ronell, jy is 1 van dai wat sal toelaat dat jou kind n ander so boelie by di skool oor n tongring? kom ek vertel jou 1 ding as dit my kind was wat so geboelie is oor sulke nonsens dan het dai ander kind in di tronk gesit vi aanranding. Jy Condone geweld by skole en solank as wat jy dai mindset het sal dinge so gan want jy gee toestemming. hierdie seun kort n wetterse pakslae en wie is hy om dissippline te wil toepas? eks stomgeslaan dat jy sal goedkeur dat sulke geweld toegepas moet word so jy is net so skuldig soos di seun en di onderwyser

annette duvenhage ·

Dis die “trippie” dat ek die onderwyser kaalhand aanrand en aangekla word van aanranding. As dit my kind was, het die Boelie en die Onderwyser dit duidelik geweet. Ek hoop die ouers van die seun neem die video en le ‘n klag teen die Boelie en die skool. Goeie genade niemand het meer respek vir niemand in die land nie. Wat gaan van die Boelie word as hy in die samelewing vrygelaat word. ‘n Moordenaar word, sy baas aanrand en medewerkers mishandle?

CHRISTA ·

As hierdie leerling so optree en dink hy is ‘n mede-leerling se baas, hoe gaan hy eendag sy gade behandel – asof hy haar besit?

Yolanda ·

Dis omdat kinders ni meer pak mag kry by di skool ni. My seun sou dit nooit gedoen het ni, want ek het hom groot gemaak om respek vir ander mense te he. Laat my wonder watse tipe ouers het di kind.

Ciska ·

Die kind wat die leerling boelie word gereeld geskors omdat hy gereeld ander kinders boelie. Daar moet stappe geneem word teenoor die onderwyser en die leerling maar om die leerling te skors gaan niks help nie omdat hy net voortgaan om ander leerling te boelie sodra hy terug is by die skool. Onderwysers se hande is ook afgekap omdat daar geen lyfstraf toegelaat word op skool nie. Hierdie probleem moet deur die Departement van onderwys uit gesorteer word omdat skorsing nie die probleem gaan uitsorteer nie

Janine ·

Ek was my lewe lank ‘n onnie. Die jare in die klaskamer het my geleer dat die skoliere dikwels teater speel terwyl hulle weet hulle word afgeneem op ‘n selfoon. Hulle wil graag in die kollig staan. In 2013 is ek met ‘n pistool in die klas gedreig. Ek het gesien hoe die leerlinge hulle selfone onder die banke instel. In plaas van om ‘n vloermoer te gooi, het ek doodluiters na die leerling gestap en die skietding afgevat. Dit was van plastiek. Geen selfoonmateriaal; geen vreugde op YouTube nie! Dis hoe dit deesdae by skole werk!!

LielieS ·

Dis altyd lekker om te oordeel tot dit met iemand naby jou gebeur. Staatskole het nie meer die reg om kinders te keer om ringe of selfs tattoos te verbied nie. ALMAL het mense regte en dis daardie kind se eie keuse wat hy of sy met hul liggame wil doen. As ‘n onderwyseres het ek self al met kinders in aanraking gekom wat ringe laat inskiet op plekke wat ek persoonlik nie goedkeur nie ,maar daardie ring laat nie die kind ‘n slegte kind word nie,inteendeel ek het ondervind kinders vat juis sulke drastiese stappe om bevooroordeelde mense wat God se werk uit sy hande probeer vat en almal links en regs oordeel, ‘n pit te druk!! Jy wat SONDELOOS is tel die eerste klip op en gooi…..!

Netta ·

Is die onderwyser se apatiese houding nie maar kenmerkend van die meerderheid van ons se houding teenoor die daaglikse geweld om ons nie? Dis skreiend, dis verkeerd, die verregaande. Dit maak my witwarm, maar as ek nou my vuiste wil optel en soos baie hierbo wil boks om die saak reg te stel, doen ek nie PRESIES wat die boelie in die video doen nie? Die Departement kap onderwysers se hande af, onderwysers voel ‘n veer, kinders maak wat hulle by die huis geleer het om te doen. Rome brand en ons gooi kole op die vuur. Ek mis goeie leiers. Ek mis mense wat kan onderskei tussen reg en verkeerd. Ek mis mense met goeie waardes. Ek mis kinders wat ‘n toekomsvisie het. Ek mis ouers wat besef dis hulle voorbeeld wat deur hulle kinders uitgeleef word. Sela

Johannes ·

Danie, jy kan se net wat jy wil, maar verkeerd is en bly verkeerd. Jy probeer nou om mooi kleertjies vir die sonde aan te trek. Of anders gestel, jy rasionaliseer op ‘n verskriklike eenvoudige manier. Dit se baie van wie jy werklik is! Hierdie boelie moet onmiddellik geskors word en sommer ook aangekla word vir aanranding. Die betrokke onderwyser moet ook summier afgedank word. Ons het nie sulke onvolwasse mense in die onderwys nodig nie, ook nie iemand wat so ‘n swak karakter het wat sulke barbaarse gedrag kondoneer nie.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

I had the privilige of watching this, deplorable video of a bully hiting | harassing a defenceless victim in the class in the presence of somebody who calls himself a teacher but who in all due respect is not worth being called as such. He had willy nilly allowed another student to assault a fellow student without doing anything to stop or prevent this senseless and unilateral fight, and this coward from causing any serious bodily harm or possible harm to his, fellow student. In doing this, the teacher has however directly or indirectly associated himself with the wrongful actions of this bully and both should be criminally charged with assault with the intent to do grievious bodily harm and be very severely sanctioned by the department of education after an in-depth investigation has been lodged into both their unacceptable and horrible conduct and he as a so-called professional should have known much better. He deserves to be sacked and, the boy permanently expelled from any school for that matter. People like the the attacker should be removed from society and being locked up very safely behind bars.

beatrice ·

ek lees julle komentare maar ek sal nie daarvoor staan dat iemand my kind so aanrand nie of mishandel nie dit is my kind wat ek vir haar laat inskiet is my besigheid as hulle n probleem het daar meer kontak die ouer nie geweld in hul eie hande neem nie daai seun lyk ouer as die ander dit is baie verkeerd wat hulle doen ek het na my asem gesnak toe ek die vidio sien so asb moet nou nie onder mekaar stry nie die skool moes die ouer gebel het

Johann Ackermann ·

Ou grootte ek weet jy lees seker die posts… sal nogal like om jou slapgat pa raak te loop wat jou so grootgemaak het. Weet jy wat is die skokkendse… jy was jou pateet van n pa se sterkste swemmer. Imagine hoe het die laaste een gelyk

Tania ·

Kyk hoe baklei julle so onder mekaar oor kinders wat julle voorbeeld moet volg…

Ria Theron ·

Ek het van die kommentaar gelees en moet ook nou sê: “Ek is tot in my siel geskok” en dit oor die kommentaar wat gelewer word. Van “lafhartige onnie” tot aanmerkings oor die ouers van die “boelie” en wat ookal nog volg. Natuurlik stem mens saam dat niemand geboelie moet word nie, allermins kinders, maar met al hierdie lelike aanmerkings, verstaan mens hoekom daar aggressie by kinders is, want dit is die “pragtige” voorbeeld wat hulle kry. Maak opmerkings, nie aanmerkings nie en wag geduldig dat die onderwyser ook geleentheid kry om sy kant van die saak te stel. Ek vind dit net baie vreemd dat meer as een kind ‘n video maak, so asof dit vooropgesteld is was, of is dit die kinders se idee van “n grap”?

Tersia Mathews ·

Die oomblik wat vasgevang is op die video is net die punt van die ysberg. Die storie is baie erger. Die onderwyser is besig in n skool waar kinders reeds een of ander probleem het. Kinders toets nog altyd die perke van enige dissipline. Dit is iets wat by die huis neergele word. Dit is die werk van ouers om kinders respek vir ander om hulle en hulle self te he. Wanneer n kind n ander so met genot en verwoed toetakel se dit vir my hy ken geweld as n oplossing of so dink hy. Hy soek ook aandag by sy maats die dat hy so met bravade optree Wat betref die onderwyser,ja ek dink ook sy moes die situasie hanteer het. Dit lyk of dit gedurende pouse was of na skool. My dogter is al vir 25 jaar n onderwyser en een van die ou skool wat baie hard probeer om die skool se dissipline en standaarde te probeer op hou. Sy moes al verskeie kere haar klas sluit sodat sy en haar leerders veilig kon wees van kinder geweld. Laas week was haar skouer uitgeruk en hand omgebuig,sy was rondgestamp .en is erg getramatuseer. Sy moet nou haarself by die skool verdedig teen die reg van die kind wat bo haar eie veiligheid gereken word n kind aan te spreek wat nie by skool reels hou nie.

Eish! ·

Goed, die aanrand storie is walglik. Tog mag onderwysers nie slaan aan kinders. Dalk het die onnie besluit dit sal minder erg wees as ‘n kind aan ‘n kind slaan.
Tog voel ek in my binneste, waste tipe kind dra ‘n tongring skooltoe? Dalk was die mannetjie uittartend.
Gee respek en jy sal respek kry. Die hele ding het begin by ‘n tongring wat gedra was waar dit nie toegelaat word nie. En toe word klappe uitgedeel waar dit nie toegelaat word nie en toe word ‘n video geplaas waar dit nie moet geplaas word nie en nou sit ‘n skool met ‘n naam wat nie nodig is nie en die onderwysdept gaan nie optree soos hul moet nie en so gaan die sirkel! En dit is alles die staat se skuld wat weier dat grootmense, kinders mag tugtig. maw satan is los tussen ons jeug en ons as ouers moet toekyk en mag niks doen aan die arme bloedjies wat kinderregte het nie.

Antoinette ·

Gaan ons ooit die regte storie hoor? Of gaan hierdie insedent ook maar net onder die mat ingevee word. Net die kinders in die klas en hopelik die Onnie en ouers weet wat aangaan. Gister is n dame by haar skool ontvoer. Pettol oor haar gegooi en aan die brand gesteek. Blykbaar oor n skelm verhouding. Maroela hou ons op datum met beide gevalle. Kom ons kyk of geregtigheid nog kan werk in ons korrupte land. So tussen hakkies, wie van julle gaan deel neem aan Solidariteit se mars teen korrupsie. Ek gaan beslis. Sela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.