Skoolboelie-video: Onnie het glo voorheen leerders aangerand

'n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

Die Gautengse departement van onderwys het gesê hy gaan die toesig van leerders by Krugerlaanskool in Vereeniging ondersoek nadat ʼn video van ʼn boelie-aanval by die skool die afgelope naweek opslae op sosiale media gemaak het.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, het gesê Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het Woensdagoggend met die slagoffer en sy ouers, asook die voorsitter van die beheerliggaam en skoolbestuur, vergader. “Die departement verwag ʼn volledige verslag van die skool oor die voorval,” het Sekhonyane gesê.

Maroela Media het vroeër berig die video is wyd op sosiale media versprei en wys hoe ʼn leerder van die skool ʼn ander leerder aanrand, glo omdat hy ʼn tongring laat inskiet het. Op die beeldmateriaal kan ʼn mens sien hoe ʼn onderwyser in die agtergrond sit en niks doen terwyl die een seun die ander met die vuis bydam.

Volgens Sekhonyane is die onderwyser in die video in Augustus 2014 skuldig bevind nadat hy ʼn leerder aangerand het. Hy is ʼn boete van R6 000 opgelê en ʼn finale waarskuwing gegee.

In Mei het die onderwyser glo weer ʼn leerder aangerand. “Die ondersoek na hierdie voorval is pas gefinaliseer en daar is aanbeveel dat dissiplinêre stappe nou teen die onderwyser gedoen word,” het sy gesê. “’n Derde aanklag van nalatigheid sal ook teen die onderwyser aanhangig gemaak word [aangesien hy nie tydens die beweerde boelie-voorval opgetree het nie].”

Sekhonyane het gesê die LUR het versoek dat die video spoedig ondersoek word en dat daar opgetree word ten opsigte van die tekort aan toesig by die skool.” Sy het gesê die departement se arbeidsverhouding-eenheid is gestuur om die toesig-kwessie by die skool te ondersoek.

Nicolaas Putter wat die video op sosiale media gedeel het, het gesê hierdie tipe geweld kom gereeld by die skool voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Sollie ·

Ja, wat kon mens anders verwag. Die “onderwyser” moet agter tralies en klaar! Swak voorbeeld en moedig met ander woorde aanranding aan. Wat sê die klomp soos Ronell en kie NOU? Sies man, verwyder die dig van die samelewing – ons kinders het beter leiding as die tipe ding nodig!!

Andre ·

Dit is sulke goed wat kinders net die slegte van hul skooljare laat onthou en dit is so verkeerd,en waar is die dissipline onnie???? Jy mors die ouers se geld!!!!

Sussie ·

Moet nie net die
onderwyser steenig nie.

Wat van die “bullie” wat
Moontlik n toekomstige krimineel gaan wees.
DUIDELIK is hy n gevaar vir ander leerlinge.

PIXIE ·

Sussie, ek stem saam met jou. MOENIE DIE ONDERWYSER STENIG NIE. Hy doen sy bes onder vreeslike stresvolle omstandighede. Ai tog mense, weet julle hoe moeilik is dit om vir HIERDIE TIPE KINDERS skool te gee? Dit is die boelies (eintlik het ek ‘n beter naam vir hulle) wat gestraf (opgesluit) moet word.

Sussie ·

Moet nie net die
onderwyser steenig nie.

Wat van die “bullie” wat
Moontlik n toekomstige krimineel gaan wees.
DUIDELIK is hy n gevaar vir ander leerlinge.

mariana ·

Wie weet dalk was die aanrandings deur die onderwyser eerder selfverdediging in ‘n skool soos hierdie. Met sulke kinders is dit dalk al wat ‘n onderwyser kan doen om orde te handhaaf as hy geen ondersteuning van die hoof of beheerliggaam het nie.

nig ·

Maraina wat presies bedoel jy nogals met ” ‘n skool soos hierdie” en “met sulke kinders”? Pasop vir veralgemening, mens kry alle soort kinders in enige skool!Aanranding is geen verskoning om disipline te handhaaf nie. Hierdie sg “onderwyser” hoort geensins in ‘n skool waar kinders opgevoed moet word nie!

PIXIE ·

MARIANA, DAAR SLAAN JY DIE SPYKER OP DIE KOP. SELFVERDEDIGING IN ‘N SKOOL SOOS ‘HIERDIE’ DEFINITIEF. MA EN PA MOET OPVOEDING DOEN NIE DIE ARME ONDERWYSER NIE. HY DOEN MAAR NET SY BES MET “SULKE KINDERS”.

Dave ·

Dit word ‘stenig’ gespel, Sussie. Weet jy nie hoe om klinkers te gebruik nie?

katryn ·

Wel ek sou ook n paar probleem kinders en ouers n paar taai klappe wou gee.en eks nie eers n ondw.nie!! N swak kind?meeste vd tyd agv n swak ouer!..heelwat blanke ouers wil nie meer hul kinders aan streng dissipline onderwerp nie want foeitog, arme bloedtjies…maar kyk maar om jou rond hoemin respek daar nog is, dan praat ek nie eens teenoor hul medemens nie maar teenoor hul self.ek tree geensins in die bres vir swak onderwysers nie maar mense…maak oop jul oë en ore..van ons goeie Afrikaanse opvoeding van vroër is maar min ter sprake van in vandag se tyd.Ek stem..daar is onnies wie net hul pensioen sit en uitwag en nie die druk meer kan hanteer nie..gee pad voor so iets jou pad kruis, jy raak afgestomp en steur jou nie meer.Maak asb plek vir hulle wat sulke situasies kan beheer en hanteer.
Bring terug die lat in moderasie en basta met julle wat boelies grootmaak…

Frik ·

Die mense wat nou klippe gooi bly in glas huise, wag tot julle die onderwyser se kant ook hoor. Kom ek stel dit so: Wie is verantwoordelik vir kinders se Disseplinere opvoeding, defnetief nie onderwysers nie. Hoekom is die onderwyser spesifiek so afgeneem in video dat hy teenwoordig is, was dit nie dalk n komplot teen hom nie. Maklik word daar nou gepraat van twee insidente waar hy kinders geklap het, wat het aanlyding tot voorvalle gegee. Nee mense ek praat nie die voorval goed nie maar kry eers korekte inligting voor julle klippe gooi.As n reel is die kinders probleem kinders ( nie almal nie ), so wag voor julle begin om die persoon aan teval. Kry eers julle feite reg.

rob rover ·

Ya Frik , jy is heetemal reg ek het verwag dat daar mense gaan wees wat al die skuld op die onnie pak. Die Onnie het die regte ding gedoen, ek voel jammer vir die seun maar ek kan sien die onnie het besluit om hierdie keer ander kant toe te kyk.

PIXIE ·

KATRYN, PAKSLAE WAS NOG DIE ALTYD DIE BESTE MEDISYNE MAAR DEESDAE NOEM HULLE DIT MOS AANRANDING DIT IS WAAROM DAAR SOVEEL “PROBLEEM” KINDERS IS.

Nickie ·

Dis maar goed die onderwyser gaan waarskynlik afgedank word, want hy kan nie baie slim wees nie. Sit net daar terwyl die voorval afgeneem word. Die boelie is ook ewe rammetjie uitnek asof hy besig is om ‘n fliek te skiet. Nee wat. Ook maar lekker dom. En daar is die gedoente op FB en Youtube vir almal om te sien. Oeps.

Peet Schabort ·

Dankie Nicolaas Putter dat jy dit nie gelos het en maar net anderpad gekyk het. Dit wys die integriteit wat jy handhaaf en is jy ‘n voorbeeld vir enige kind of grootmens.
Jou soort is nie volop wat ‘n jammerte is want intimidasie en viktimisasie laat mense huiwer om na vore te kom.

Lappop ·

Iemand het eenmaal gese dat “‘n Kind wat net ‘n skoolopleiding het, is onopgevoed .”

Onderwysers is nie daar om kinders maniere te leer of aanvaarbare sosiale optrede nie, ‘n kind is veronderstel om met ‘n opvoeding skooltoe te gaan. Ek het baie respek en simpatie vir onderwysers wat met vandag se onopgevoede , voor-op-die-wa, bedorwe en partykeer eenvoudig barbaarse kinders in hul klasse moet sit. Maak nie die aanranding reg nie, maar ‘n saak het twee kante. Dit is vandat die “lat” uit skole verban is. Nog ‘n laai van die swart regering om ons skole te ondermyn.

MARTIN ·

Ek keur die geboelie glad nie goed nie,maar hoort tong ringe in ‘n skool?

Michiel ·

Martin – agetros kom ook in die kraal. Almal het mos nou al klaar kommentaar op die tongring storie gelewer. Die onderwyser is ‘n groter boelie en ‘n aanrander en dis waaroor dit nou gaan, Hy en boelie wat tongring seun geslaan het hoort agter tralies

rob rover ·

Michiel , meskien moet jy n onnie word, want jy klink so slim.

Rupert Ashford ·

Is Nicolaas Putter die “slagoffer” se pa? Sonder om die Onnie of die “Boelie” se handewerk goed te praat, sal dit dalk raadsaam wees om bietjie meer inligting oor hierdie saak te soek (waar is die ondersoekende joernalistiek, of is dit makliker om net die sensasie te publiseer omdat dit inpas met die gemoedstemming rondom die saak?). Wat se die skoolreels oor “ringe” wat op allerhande plekke ingeskiet word? Is die “slagoffer” eers gevra om by die skoolreels te hou en het hy (en sy pa) vir die skool vertel wat hulle met hulle reels kan doen? Almal gaan af oor die tipe kinders en gebrek aan respek en patetiese opvoeding wat kinders deesdae kry, maar afhangende van die antwoorde op my vrae kan hierdie prentjie dalk baie anders begin lyk. Ek se weer: Ek praat nie goed dat die een outjie die ander een geslaan het, of dat die Onnie dit toegelaat het nie, maar is die ander party se handjies so leliewit skoon soos dit hier aangebied word? Nie almal wat goed op die web publiseer se motiewe is altyd 100% edel nie.

MARTIN ·

Rupert dankie. Lyk of ek en jy die ding in dieselfde lig sien. Soos ek sê, ek keur dit nie goed nie, maar wat sê die skool reels? Laat hulle die sakie maar bietjie ondersoek. Miskien het die onderwyser sy werk net te goed gedoen.

Sarie ·

Wel ek dink die seun wat die vuis in le,het ook ‘n probleem,waar is sy opvoeding,in die drein af?
Ek dink die boelie en sy onderwyser moet ma die pad kry,geen ordenlike kind sal so optree nie.
In teendeel die kind wat stil gestaan het,het beter maniere, n die geld kom nie uit die boelie se sak.stuur ma die onderwyser met sy klomp boelies na ‘n eiland.Daar is kinders wat wil leer.

PIXIE ·

Sarie, die onderwyser moet BLY en die probleem kind moet die pad kry. Jy is deurmekaar met die hele storie. Die arme onnie probeer sy bes met
SULKE kinders.

Antie ·

Martin en Kie…..my opinie…..of die Seun nou n tong ring of n toon ring het, gee dit geen persoon (seun) die reg om die kind so verskriklik aan te val nie!! ek wonder of jou opinie nogsteeds dieselfde sou wees as die kind jou kind was??? dink nie so nie!!! Ek is n Mamma, my laaste een in nog in die skool, dit is hart verskeurend, dit gebeur oral, en ongelukkig begin dissipline, respek, waardes en norms by die huis, die onderwysers se hande is afgekap, ek het al videos gesien wat kinders die onderwysers so vloek en sleg se, dat my hare regop gestaan het, en hulle kan niks doen nie!! hierdie Boelie en skool kan dankbaar wees dit was nie my Kind wat so aangeval is nie!!

MARTIN ·

Antie, my opinie bly dieselfde. My kind is al geboelie. Glo my ek het opgetree. Maar reels in ‘n skool is daar vir ‘n rede. My kind sal die reels na-kom,
anders is ek net so skuldig. As my kind ooit weer geboelie word sal ek weer optree. Gelukkig is daar baie goeie dissipline in my kind se skool.

MARTIN ·

Janine, as jy die ding rêg lees sal jy sien ons stem ook nie saam nie. Dit gaan oor dissipline. Dit is waar alles begin. Ek dink die outjie is dalk gewaarsku. Maar uit wat jy kwytraak lyk dit vir my of jy dan ook aanranding goedkeur. Nee,sies man.

Sollie ·

Martin waar staan jy nou eintlik. Heelwat boontoe sê jy “miskien het die onderwyser sy werk net te goed gedoen”?! Nou sê jy kammig sies aan Janine. Jy is lyk my ‘n regte draadsitter – net watterkantoe die wind waai daardie kant val jy af!Hoe is dit dat aanranding van een leerling aan ‘n ander dan dat die onderwyser se werk net te goed gedoen het? DInk, ou, dink… voor jy skryf!

MARTIN ·

Het jy Janine se kommentaar gelees? Ek het rêg van die begin af gesê ek keur nie die aanranding goed nie.
Tot in ons eie samelewing neem mense nou die inisiatief om dinge wat verkeerd loop reg te stel.
Ek is baie seker daar is reels in daai skool wat betref kleredrag. Ek lei dit duidelik af aan hoe netjies al die kinders wat in die Video verskyn aangetrek is. Die omgewing is ook baie netjies. Antwoord jy my dan nou. Dink jy tong ringe hoord in ‘n skool. Feite. Ons onderwysers se hande is
afgekap. Ek is bly as ek op jou tone trap, miskien is dit die manier om jou aan die regte kant van die draad te kry. Ek herhaal. EK KEUR NIE DIE AANRANDING GOED NIE.

cr ·

Ek bevraagteken self die integriteit van sekere onderwysers. Gister kom die Gr1 meisietjie wat ek saam my seuntjie aflaai in die oggend na my toe en vertel my hulle klasonderwyseres het die video vir hulle gewys op haar selfoon – vloekwoorde en al. Wat het die juffrou nou eintlik prober doen?

MARTIN ·

Antie, miskien moet jy ook my en kie se kommentaar weer gaan lees. ONS STEM OOK NIE SAAM MET DIE AANRANDING NIE. Ons sê egter ook, moet net die aanranding aangespreek word, of moet ons na die bree spektrum kyk?

Rupert Ashford ·

Het gedink ek was duidelik genoeg in my eerste skrywe, maar kom ons probeer weer: Die tongring pla my nie as sodanig nie, maar as die reels van ‘n instansie se jy mag nie “ringe” dra nie en jy word gevra om dit te verwyder, maar Boetie met Mammie en Pappie wat hom beskerm teen die gevolge van sy dade se vir genoemde instansie “Ek sal nie julle reels volg nie”, dan plant JY as Mammie en/of Pappie die saadjie van iemand wat ‘n Nkandla pleeg Mevrou. As jy nie gemaklik voel met die owerhede nie, en jy moedig jou kind aan om te rebelleer, dan le die probleem by jou, nie by die owerhede nie. Die hele bohaai oor boelies (let wel ek se nie dit bestaan nie, maar) word uit verband geruk deur die professionele “victim” industrie in ons huidige samelewing. Die samelewing is gebou op reels. As ons nie ons kinders leer om die reels na te kom in die klein goedjies soos skoolreels nie, kan ons nie vir die samelewing kwaad wees as ons kind later seerkry nie, en ook nie as die samelewing later uitmekaarval nie. Dit is altyd iemand anders se skuld. Vra ons nog “Wat het ek gedoen dat ek hier beland het?”

nig ·

Rupert die hele storie is nie soseer die tongring of gebrek aan disipline hier nie, maar dat ‘n kind deur ‘n medeleerling met, soos dit blyk goedkeuring van die “onderwysder”, aangerand word. Reëls is reëls maar daar is non-barbaarse maniere om dit toe te pas. En ‘n persoon in gesagsposisie MAG nie ‘n leerling die reg gee om disipline op ‘n barbaarse wyse toe te pas nie. PUNT.

Dave ·

Martin & ondersteuners, dit is wel soos jy sê oor tongringe en dies meer maar dìt is ‘n ander saak wat afsonderlik gehanteer moet word. Die betrokke insident gaan oor boelie en ‘n onderwyser wat een beheer toepas.

MARTIN ·

Dankie Dave, ek dink dit som die ding vir ons baie mooi op.

Michiel ·

Dave – Martin verstaan nie te goed wat gaan vir wat en waar

MARTIN ·

Mechiel ou bul. DUIDELIK VERSTAAN JY NIE MOOI NIE. Ek en my “aanhangers” stel dit mos duidelik. ONS STEM NIE SAAM MET DIE AANRANDING NIE. Ek het ook baie duidelik vir Dave dankie gesê vir die opsomming. Ek stem saam die saak het twee kante. Dit behoord afsonderlik ondersoek te word. Dit wil vir my lyk of jy ook daai tipe is wat eers sal toelaat dat jou kind verkeerd doen, dan kan jy jouself verontskuldig deur die verkeerde te blameer. Gaan lees weer ons kommentaar. Kyk of jy dit dan kan verstaan.

Theresa ·

Opvoeding begin by die huis. Deesdae is daar ‘n algehele gebrek daaraan. Die ouers is wel gehoorsaam. Nie enige een het die ruggraat om ‘n onderwyser te wees vandag nie. Daar is lankal groot probleme in die skole vandat die “engeltjies” nie meer gestraf maak word nie.

PIXIE ·

Theresa daar is geen opvoeding meer tuis nie
NET TABLETS EN SELFONE.

Bloues ·

Ek lees wat almal sê en ek wonder of julle n idee het wat in die skole vir leergestremde kinders aangaan. Kinders word geskors vir baie meer barbaarse goed as boelie maar die onderwys departement dwing dan die skool om die kind terug te vat in die skool.

As daardie onnie opgestaan het en die boelie weggetrek het, was hy weer aangekla vir aanranding want jy mag nie aan n kind raak nie.

Sollie ·

Sugggg…, Martin, die woord “reg” het nie ‘n kappie op nie. Dis nommer een. Wat die res betref, jy probeer my uitlok tot ‘n wedersydse woordstryd en ek val nie vir dit nie. Lees al jou kommentare self mooi stadig en sien hoe dubbelsinnig dit is. Probeer mooi dink voor jy “stuur kommentaar” druk. Sela. Finito. Amen

Ben ·

Ek dink dis `n video om van die onnie ontslae te raak, die hele ding is opgevoer !

Chris van der Westhuizen ·

Hmm, okey die is noual ‘n ou storie, maar ek lees dit noueers. Ek dink die Onnie het nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie, aangesien hy noual tweekeer skuldig bevind was van aanranding en op dun eis loop. Wat sou gebeur sou hy optree en dinge ruk handuit en alles draai weer na hom dat hy dalk in die proses om te keer weer ‘n saak teen oor hom op hande het? Ek sou dink die onnie is bang vir die kind en die nagevolge sou hy ingryp, want maak nie saak hoe die onnie reageer nie, hy sit in ‘n catch 22 waar hy die wind van voor gaan kry. Hy kon dalk sy stem dik gemaak het; dalk het hy dit goed gekeur wat gebeur? Ek keer nie die boelie se optrede goed nie, en ook nie die onnie se geen-optrede goed nie, maar ek kry wel die outjie wat geboellie word jammer. Ek was ook geboellie op skool. En die kere wat ek opgestaan het vir myself was dit verdraai dat ek die een was wat begin het. En moes maar die pakslae by die skool, en daarna by die koshuisvader vat soos ‘n man. Die ergste vir my was dat nie een van die ander kinders wat ek gedink het my viende was ten tye van die voorval en daarna kon opstaan vir my, maar net saam die ander lag daaroor. Dis so jammer daar was nie daai jare selfone om dit te kon afneem nie. Nê Riaan, en Maanie, Jannie en Albert. Snaaks dat mens hulle nooit vergeet nie. En vandag leer ek my kinders hoe om dit situasie te hanteer wat ek in my kinderdae nie geweet het hoe nie. :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.