Skoolbus bars deur vakansieoord se muur

(Foto: SATrucker.co.za)

ʼn Skoolbus van Koppewaai in Bela Bela het Vrydagmiddag deur Forever Resorts Warmbad se muur gebars.

Tidimalo Chuene, woordvoerder van die departement van onderwys in Limpopo, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 13:20 in Chris Haniweg plaasgevind.

“Volgens die voorlopige ondersoek het die bestuurder van die Nissan-bus beheer verloor oor die voertuig en ʼn baksteenmuur getref. Die oorsaak word toegeskryf aan remme wat onklaar geraak het,” het sy gesê.

Drie passasiers het matige tot ernstige beserings opgedoen. Altesaam 38 passasiers, insluitend die bestuurder van die bus, het geringe beserings opgedoen.

Pasiënte wat verdere mediese bystand benodig het, is na die naaste hospitaal geneem.

Die polisie en nooddienste, asook gemeenskapsleiers, was op die toneel om die oord se bestuurspan by te staan.

There is a huge bus accident????????????Opposite of standard bank and forever resort just next to SuperSpar Center⭕

Posted by 24 Warmbaths Street News on Friday, February 23, 2024

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.