Skoolbus tref leerders by halte

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Hansie Linde)

Agt leerders van die Dinokaneng Secondary School in Vanderbijlpark is Woensdagoggend by ʼn halte in Sebokeng deur ʼn bus getref wat dié kinders na hul skool moes vervoer.

Luidens ʼn verklaring deur die Gautengse departement van onderwys is een leerder dood en sewe beseer. Drie van dié sewe leerders is in die hospitaal opgeneem.

Die leerders se ouderdomme is nie bekend nie.

“Die inligting tot ons beskikking dui daarop dat die leerders na ʼn plaaslike mediese fasiliteit gehaas is. Een van die leerders het noodlottige beserings opgedoen. Drie ander leerders moes in die hospitaal opgeneem word weens die erns van hul beserings. Vier ander het matige beserings opgedoen,” het die departement Woensdag gesê.

Die polisie het intussen ʼn ondersoek na die omstandighede van die voorval van stapel gestuur. Die departement se psigososiale span is ook na die skool ontbied om die nodige ondersteuning te verleen.

“Ons betuig ons innige meegevoel aan die naasbestaandes van die oorledene en die hele skoolgemeenskap. Ons wens die beseerde leerders ʼn spoedige herstel toe,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Waarnemer ·

Daar gaan seker weer gese word “due bus se remme het gefaal”?

Shakespeare ·

Hartsverskeurend. Onbevoegde busbestuurder of dronk aan diens. Algemene tendens in die New Sout Êfrica.

Anel ·

Baie hartseer, maar kom ek gooi ‘n klip in die duiwe hok. Hoekom is die busbestuurder nie gearesteer nie?

Maritha ·

Stadig nou. Ek het al met my eie oë gesien hoe kinders soos wilde goed oral rond hardloop. Hulle is uiters onvoorspelbaar en hardloop eweskielik sommer vinnig in ń bondel oor di pad. Hou in gedagte dat ń bus groot en hoog is en nie so vinnig kan rem of uitswaai soos ń klein motortjie nie. Ek het ook bus gery as kind en daar was streng reels waar en hoe ons moes wag tot die bus stil staan en die deure oop is. Dalk kon hierdie bus bestuurder gladnie help vir wat om di bus aangaan nie

Anton ·

Waar is Lesufi en die EFF dan nou om die kinders en ouers te ondersteun?

Yvonne ·

Lesufi is besig om homself te polish…..sy mikpunt is dalk president

Casper ·

Lefufie jy moet niks betuig met die families en naasbestaandes nie,dit gaan nie daai kind wat dood is terg bring nie.Jy hoort nie eers as L U R te dien nie wat staan nog Premier..q

Miskruier ·

Wette wat nie nagekom word, lei tot n totale verval en die wat geraak is, word nooit vergoed. N paar Rand in die hand maak nie op vir n lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.