Skooldogter in Welkom met messe beroof

Argieffoto

Twee vermeende rowers is vinnig aangekeer ná hulle ʼn 14-jarige skolier met messe beroof het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie het Donderdagmiddag om 15:00 alleen van die skool af huis toe geloop in die Koppie Alleenpad in Reitzpark, Welkom, toe sy deur twee mans, gewapen met messe, aangeval is.

“Die kind het haar skooltas, met ʼn blou selfoon ter waarde van R900, laat val en weggehardloop. Een van die verdagtes het dit opgetel en daarmee weggestap. Die meisie het inwoners in kennis gestel en twee polisiebeamptes was dadelik saam met die inwoners op die spoor van die twee verdagtes. Die twee mans is in hegtenis geneem en die skooltas is aan die leerder teruggegee.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 19 en 21 jaar oud, sal Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn.

“Ek is baie trots op konst. Letjhesa Khaile van Welkom SAPD, wat nie in daardie stadium aan diens was nie, en speurderkonstabel Martin Machesa wat dadelik reageer het en nie die inwoners geïgnoreer het nie,” het genl.maj. Lerato Molale, Welkom-bevelvoerder, gesê. “Dit is ʼn teken dat daar steeds lede is wat toegewyd is om hul werk te doen en mense soos dié skolier te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ramkat ·

Een storie met ‘n goeie einde. Dankie aan die publiek en SAPD.

My mening ·

Wonderlik dat sy veilig is en die polisie haar so goed gehelp het.

IK ·

Nou behoort hulle . . . Nee wag, want dan sal my kommentaar wéér nie geplaas word . . .

Julie J. van Rensburg ·

Die manier waarop daardie berig geskryf is, is bietjie misleidend – die dogter “…is met messe beroof.” Sommige mense kan tot die verkeerde gevolgtrekking kom deur dalk te dink dat die dogter die messe by haar gehad het en dy derhalwe beroof is – maar ek kan verstaan wat regtig gebeur het. Hoe dit okal mag weser wil – hier eens veilige, vriendelike en voorspoedige land van ons is het swedert 1994 in ‘n vuilput van totale misdaad verval, maar wie gee regtig om? Seker nie “ONS MENSE” (om “Squirrel se woorde te gebruik) nie – want “ONS MENSE” is mos op alles geregtig, al dan nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.