Skoolhoof aangekeer oor lyfstraf

Argieffoto

Die skoolhoof van die Lydenburg Islamitiese Sentrum in Mpumalanga is in hegtenis geneem ná berigte van lyfstraf by die skool.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 10-jarige leerder van die sentrum is op 1 April na ʼn hospitaal geneem waar personeellede aan die verpleërs gesê het hulle vermoed die seun is allergies vir iets, omdat sy oë bloedbelope was. “Personeel by die hospitaal was egter agterdogtig toe die sentrumbestuur nie wou hê hy moet enige vrae beantwoord wat hulle aan hom stel nie – hulle het namens hom geantwoord,” het Hlathi verduidelik.

Toe daar besluit is om die seun op te neem, het die 25-jarige skoolhoof daarop aangedring om by die seun te bly. “Sy versoek is afgekeur, omdat dit teen die hospitaalbeleid is. Tydens die behandeling en ander mediese ondersoeke, het personeel van die hospitaal ernstige beserings op die seun se boude opgemerk. Op navraag het hy gesê die skoolhoof het hom met ʼn tuinslang geslaan.”

Die 10-jarige seun, oorspronklik van Kaapstad, is na die sentrum gestuur om die Koran te leer. “Hy het gesê die skoolhoof slaan hulle wanneer hulle sy toetse druip. Hy is in ʼn stadium só geslaan dat hy snags sy bed begin natmaak het wanneer hy slaap. Verklarings van ander leerders en personeellede het die erge lyfstraf bevestig. Vyf leerders het na vore gekom,” het Hlathi bygevoeg.

Die skoolhoof is in hegtenis geneem en moet Maandag in die Mashishing-landdroshof verskyn op vyf aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Heidi ·

Iets werk nie?!………’n 25-jarige Skoolhoof????!!!!! Dis seker dieselfde stoffasie wat die 2 meisies ook swanger het!! Hierdie “pakslae” klink in elk geval verdag, want die beskrywing klink na aanranding.

Barry ·

Daai ou moet tronk toe kinders mag nie so gelaan word dat dit erenstige merke laat nie dis mishandeling,

Saint ·

Haai en daar het ek toe gedink die Muslims is bo die wet verhewe in SA

Anton ·

Ja dit is hoe hulle die wereld oor kinders forseer om die taal te leer deur dit in hulle in te slaan.

Gert J ·

Moslems het hulle eie wette die Shariah wette wat dit wettig. Volgens die Moslems leef hulle volgens die Shariah wette en nie die landswette nie. Hulle ideologie moet verstaan word.

Jan Brand ·

Wonderlik dat hy in hegtenis geneem is. Hoop hy kry ‘n swaar straf as hy skuldig bevind word.
Dieselfde moet ook gedoen word met enige ander mens wat enige ander mens slaan, en as dit ‘n kind is wat geslaan word ‘n swaarder straf.

Ben ·

Hierdie is niks. In +- 1978, was ons sommer 3 uur in die nag uit die bed gepluk en pak gegee omdat koshuis onderwysers dronk by die koshuis aangegekom het en die wit pad paaltjies almal stukkend gery het en die motor afdak se regop palle gestamp en helse lawaai gemaak het. Sy motor is toe beskadig in die proses. Die koshuis seuns kinders moes dit toe ontgeld. By die berigte Welkoms se skool waar onderwyser mekaar skiet.
Die onderwysers Salig Baardman en Klasvakie het wegekom daarmee. Wonder waar het hulle nog kinders se lewens gaan verwoes. Salig is na die Universiteit van Zulaland toe. mmm . Onderwyser Salig het R1 geweer in kamer gehad – geen geweer kluis. mmm.

BlinkStephaans ·

Good luck met hierdie een in die hof hoor… dit is alles geoorloof volgens islam. Hulle het geen verantwoordelikheid teenoor vroue en kinder regte en het die volste reg om iemand wat nie soos hulle glo dood te maak. Die NG kerk het gevoel gay dade is verkeerd… die hof het hulle beveel om anders te dink… kom ons kyk wat die hof nou vir islam gaan sê oor kindermishandeling. My raaiskoot is toemar ok kom ons los dit maar want ons moet die moslems se sienswyse in ag neem net soos ons al die ander gelowe sn in ag neem. Yeh right.

Gert ·

Ye right daarom word geen gelowe in ag geneem nie maar landswette moraliteit ens.

Santie ·

Een mens maak nie ‘n geloof nie. Daarom is niemand bo die wet verhewe nie. Hy sal sy straf kry. Hou ons op die hoogte asb?

Gert van Wierdapark ·

Hy is seker nie die skool-hoof nie, maar die 25 jarige rondgaande skool-hof!

willem Botha ·

Ek het nie geweet daar is so baie moslems in lydenburg dat hulle n skool kan regverdig nie.

Veer ·

25 en ‘n skoolhoof.. M.a.w hy het amper 3 jaar ondervinding?! Shocking!!

Asmain ·

Dis te sê as hy n kwalifikasie het. Deesdae kan jy onderwys gee sonder n kwalifikasie, weet van baie mense by skole wat klas gee sonder n kwalifikasie, dis goedkoop arbeid want hulle word nie dieselfde betaal as n gekwalifiseerde onderwyser nie. Diegene is veronderstel om n gekwalifiseerde onderwyser as “mentor” te hê maar die onderwysers het nie tyd om iemand op te pas nie so diegene word in n klaskamer los gelaat met rampspoedige gevolge….

Paaries ·

Sharia wet of te not het een van julle al gesien dat ‘n Moslem kind teepraat, sy ouers of ouer mense vloek of in die geselskap sit en tande tel of eiertjies lê? So reg of verkeerd, ons spaar die roede en hierdie mense gaan ons ver verby. Een van geloof, een van denkwyse, een met hulle Skepper. Nou kom sê julle my vandag, mnr en mevrou hoeveel mag maak ons eendrag by vergelyking?

Trol ·

n Redelike pakslae op sy tyd is soos brood en konfyt, maarmet n tuinslang, maak dit erge aanranding. Sit hom nou kaalhand teen n man metn lengte tuinslang.

Zumie ·

Die grondwet gaan nou teen die Islam aangewend word (grondwet reels bo Sharia wet) Sal graag wil sien wat hulle gaan doen…. waarskynlik MEER as wat die Christene doen wanneer hulle wette (bv oor homo’s in kerkposte) deur die grondwet vertrap word…
Uiteindelik is dit ‘n geveg oor die finale gesag in die staat.

Maljan ·

Landswet is eerste. Hulle sharia weeg nie op teen die grondwet nie. Soos onlangs gesê in Australia, jy gehoorsaam die landswet of gaan terug na n Islam land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.