Skoolhoof by skool doodgeskiet

(Argieffoto: Unsplash)

Die skoolhoof van ʼn laerskool in Finetown, noord van Ennerdale, Gauteng, is Vrydagoggend op die skoolterrein doodgeskiet.

Die provinsiale departement van onderwys het die oorledene as die skoolhoof van Buyani Primary School geïdentifiseer en gesê amptenare sal die skool vanoggend besoek om meer te wete te kom.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het intussen sy skok oor die voorval uitgespreek.

“Ons is uiters geskok en woedend oor die nuus van die skietery vanoggend in Finetown. Ons veroordeel die skietdood van die skoolhoof van Buyani Primary, maak nie saak wat die motief agter die hartelose daad is nie, en betuig ons medelye met sy familie, vriende en kollegas.

“Ons doen ʼn beroep op ons wetstoepassers om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat die oortreders van dié sinnelose misdaad aan die pen sal ry,” het Lesufi gesê.

Die LUR sal self vanoggend die skool besoek.

Die departement se sielkundig-maatskaplike eenheid sal ook die skool besoek om die nodige hulp en ondersteuning aan leerders en onderwysers te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Aai ·

Dit gaan nou maar die polisie se probleem wees daai in die toekoms dit gaan orals nou gebeur as julle die wetstoepassers ontwapen.En as die wet nie so streng was en meer vir die misdadeger bedoel was sou iemand dalk opgetree het teen die misdadiger.

“Ons doen ʼn beroep op ons wetstoepassers om alles in hul vermoë te doen om te verseker dat die oortreders van dié sinnelose misdaad aan die pen sal ry,” het Lesufi gesê.

VaalDonkie ·

Ek was in ‘n “goeie skool” en toe vind die een onderwyser uit ons adjunk-hoof het sy vrou se poeding geklits en toe skiet hy hom dood en toe skiet hy homself. En so het ons hulle in die adjunk-hoof se kantoor gekry. Dis ‘n vieslike besigheid om kinders aan sulke goed bloot te stel.

Louwrens ·

Tong in die kies – “n kadet met n gelisensieerde onwettige vuurwapen ” . . .

Ovelia ·

Dit is skkend. Ek glo hy is nie met n gelisensieerde wapen geskiet nie. Ek glo ons polisie is instaat om die verdate te vang—dan los die hof hom net weer oom die vlg moord te pleeg

Stofdonkie ·

Was seker ‘n leerling van die skool. Heel moontlik het die leerling darem seker ‘n lisensie vir sy vuurwapen gegewe dat hy darem seker al 18 was in graad 8.

Adam Adriaan ·

Die skole soos wat ons dit geken het is besig om vinnig na hulle einde se kant toe te staan. Soos alles wat in duie gestort het; so ook die skool sisteem. Ordentlik opgeleide onderwyres met integriteit en doelgerigtheid asook fasiliteite wat vergaan, sal al skaarser word. Barbarisme soos wat ons hier sien. is te teen ‘n enorme spoed besig toe te neem.

JM ·

‘n Mens voel om te vra: wat bly nog in Suid-Afrika oor wat die moeite werd is? Die nuus word verswelg deur berigte van moord, onderkruipery, leuens, diefstal, geweld, verkragting … noem maar op. Here, gee asseblief vir ons ‘n eerbare regering! Ons kan nie meer nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.