Skoolhoof en skoliere keer tieners aan wat leerlinge teister

Wordsworth High School, Benoni

Leerlinge van hoofsaaklik Model C-skole in Benoni, is die afgelope paar maande geteister deur ʼn bende tienerseuns van Daveyton en Etwatwa.

Die leerlinge is van hul selfone, kontant en ander waardevolle items beroof.

“Een lid van die groep is Vrydagmiddag doodgeskiet en ʼn tweede een in hegtenis geneem deur metropolisiebeamptes,” het hoofsuperintendent Wilfred Kgasago gesê. “ʼn Derde verdagte, wat ʼn mes in sy besit gehad het, is deur die leerlinge en die skoolhoof van Wordsworth High School aangekeer.”

Die voorval en inhegtenisnemings het omstreeks 13:30 in Bunyanweg naby die N12-snelweg in Benoni plaasgevind.

“Beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie het inligting ontvang dat die bende in Bunyanweg opgemerk is, en hulle het vinnig reageer,” het Kgasago verduidelik. “Die beamptes het twee van die verdagtes genader en een van hulle het ʼn rewolwer op ʼn beampte gerig. Die gewapende verdagte se makker is doodgeskiet.”

Die oorledene was 17 jaar oud en die twee wat in hegtenis geneem is, is glo 16 jaar oud. “ʼn Aanklag van gewapende roof is by Benoni-polisiestasie aanhangig gemaak teen die twee wat in hegtenis geneem is. Hulle sal na verwagting Maandag in die Benoni-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Dit beteken dan dat die 16-jarige die rewolwer op die beampte gerig het. Nog nat agter die ore, en alreeds deurmekaar met sulke onheilige bedrywighede.

ken benoni ·

Nou net nog die klomp wat hier bedel en roof by verkeersligte hier kortvat dan sal ons dalk weer in vrede kan besigheid doen in die omgewing!!! Aan die skoliere welgedaan dit was goed om die petalje te kon waarneem!!!???

Swannie ·

Sjoe, die gewapende verdagte se makker is doodgeskiet ????
Kan dit moontlik wees dat die Metropolisiebeampte dalk skeel kyk, of is hy maar net `n slegte skut ?

Hanna ·

En dan wonder hulle hoekom ons nie sulke “kinders” in ons skole wil toelaat nie…

Rupert Ashford ·

Nou hoe word die ou wat die wapen rig se maatjie doodgeskiet?

Tammy ·

Nog n minderjarige en alreeds n krimineel wat nie sal huiwer om te moor nie, daarom die vuurwapen op die beampte rig wat besig is om sy werk te doen. Nee wat, dis tyd dat die soort misdadigers tronk toe gaan en n les daar geleer word. Die regering sal seker nou weer betogings goedkeur en wal gooi dat dit klap om die misdadigers te beskerm. Dis mos Suid Afrika waar misdadigers gepamperlang word.

Lions ·

Gaan die beskuldigdes ook huise ontvang??? Wonder maar net.

Magda ·

Baie goeie diens deur die SAPD en ook die Hoof en Skoliere – Daar is altyd nagevolge in alles wat jy doen en se – Hoop die ander 2 leer nou iets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.