Skoolhoof en twee ander vas vir moord op KZN-skoolhoof

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn skoolhoof van KwaZulu-Natal.

“Die drie sal Dinsdag in die Umlazi-landdroshof verskyn,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê.

Nkosinathi Zondi (46), die skoolhoof van Laerskool Nyon’eMhlophe, is in Mei 2013 vyf keer by sy huis geskiet. Zondi was ook die streeksvoorsitter van die onderwysersvakbond, Sadtu.

Een van die persone wat in hegtenis geneem is, is ʼn skoolhoof. ‘n Senior beampte van die departement van onderwys in KwaZulu-Natal is ook in hegtenis geneem in verband met die moord. Hulle name kan nie bekend gemaak word totdat hulle in die hof verskyn het nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.