Skoolhoof geskiet tydens rooftog by gastehuis

Dirk Coetsee

Die hoof van HTS Sasolburg sal moontlik ʼn operasie aan sy been moet ondergaan nadat hy tydens ʼn gewapende rooftog geskiet is.

Dirk Coetsee (48) is Vrydag in die vroeë oggendure in sy been geskiet by ʼn selfsorghuis in Colchester waar hy en 10 ander skoolhoofde van die Sasolburg-omgewing tuisgegaan het vir die SAOU-hoofdekonferensie wat in Gqeberha plaasgevind het.

Twee mans het omstreeks 03:45 toegang tot die huis verkry en persoonlike besittings bymekaar begin maak. Coetsee het wakker geword en begin skree. “ʼn Skoot is in sy rigting afgevuur en hy is in die knie gewond,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagtes het met sewe selfone en sewe beursies gevlug. “In dié stadium is dit nie duidelik hoe die verdagtes toegang tot die huis verkry het nie aangesien daar geen tekens van gedwonge toegang is nie. Die polisie ondersoek sake van huisroof en poging tot moord.”

Volgens ʼn verklaring van HTS Sasolburg is geen ander skoolhoofde tydens die voorval beseer nie, hoewel hulle getraumatiseer is.

“Ons as skool wil al die skoolhoofde van die Vaalrivier-skoolhoofdevereniging bedank vir hul ondersteuning en bystand in hierdie beproewing, asook die mediese personeel van St. George’s Life-hospitaal vir hul uitstekende mediese behandeling.

“Coetsee sal verdere skanderings en toetse en moontlik ʼn operasie aan sy been ondergaan, maar hy is stabiel en positief ingestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Althes ·

My simpatie met sy trauma waardeur hy is. Sedert 1994 het SA ñ misdaadhool geraak. Iets waaroor die ANC nie eens meer skaam kry oor nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Alles begin met ‘n mislukte ekonomiese beleid. Alles daarna misluk.

annie ·

Port Elizabeth… Ver van jou huis is na aan jou skade… Bly maar eerder tuis. Daar het jy darem jou hond wat omgee vir jou.

bolletjie blom ·

Nee kyk as daar geen gedwonge toegang was nie kan jy maar weet die personeel wat daar werk was daarby betrokke.

Goldy ·

Dank almal wat vir transformasie aka wegruk van als wat ons het sonder enige weerstand ingestem het.

Goldy ·

Dit get in noord natal begin naby mosambiekgrens, veral baie in kosi baai al vermoor, toe regdeur natal en nou is PE alreeds ten volle besmet. Dit kom vinnig af weskaap toe, tog wil die DA nie onafhanklikheidsreferendum roep nie al wil 70persent van weskapenaars onafhanklik word om hulle teen die res van die agteruitgang te red.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.