Skoolhoof glo deur ryloper doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn KwaZulu-Natalse skoolhoof.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte is Maandag omstreeks 10:00 deur speurders van die Eshowe-polisie in hegtenis geneem in verband met die moord op die plaaslike skoolhoof, Busisiwe Nzuza (44), op 2 Januarie.

“Die slagoffer het die oggend ʼn rygeleentheid aan ʼn ryloper van Empangeni na Eshowe aangebied. Terwyl hulle op pad was na die eindbestemming het die ryloper naby Nkwalini glo ʼn vuurwapen uitgepluk en op die skoolhoof se voertuig aangedring,” het Mbele gesê.

Die ryloper het Nzuza na bewering in die kop geskiet voor hy te voet gevlug het. Nzuza is op slag dood.

Die Eshowe-polisie het sake van moord en poging tot kaping aanhangig gemaak wat tot die inhegtenisneming gelei het.

Die verdagte moet Donderdag in die Eshowe-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

RIV ·

No good deed goes unpunished, laat die blikskottels loop .. so jammer vir die verlies aan ‘n goeie man wat ‘n goeie daad probeer doen het. Misdadigers in SA rule.

Scalla ·

Waar was die goeie tye van die arrive allive glimbande vir die dienspligtiges, die skoolhoof het probeer goed doen en met sy lewe geboet vir n krimineel, weereens n bewys jy laai geen ryloper op nie.

gatiep ·

Kan mens nou deesdae glad nie meer mense help nie. Jammer om te hoor.

Liewe Ryloper, ·

Wanneer ek ALLEEN in my Dubbel Kajuit bakkie of my nuwe Volkswagen Bussie verby jou ry, moet jy my asb nie kwalik neem nie, moet jy my asb nie saggies in jou gedagtes vloek nie….
Ja, ek het plek vir jou in my voertuig. En ja, ek is n goeie mens wat my naaste wil help – maar agv ons Pragtige land vol vieslike kriminele – kan ek jou nie oplaai nie, want net soos jy my nou saggies in jou gedagtes vloek….net so wonder ek saggies in my gedagtes of jy dalk 1 van daardie kriminele is wat my keel gaan afsny en my voertuig gaan steel.
….Indien jy n onskuldige ryloper is, hoop ek dat die volgende motoris dalk meer in jou goedheid glo en jou sal oplaai
….Indien jy n krimineel is wat wil moor en steel, hoop ek dat n 18wheeler bo-oor jou ry!!

Ada ·

Maroela, wat betken die opskrif van hierdie artikel “glo” . Is dit waar of is die nie waar nie? Is julle nie seker nie? Is dit hoorse? Definieer asb vir my “glo” ek sal graag wil weet.
Hoor graag van julle.
Dankie
groete
Ada

Nico Strydom ·

Dagsê Ada

Die “glo” word gebruik aangesien die presiese gebeure nog nie in ‘n hof bevestig is nie en kan daar nie met sekerheid gesê word dat die oorledene wel deur die ryloper doodgeskiet is nie. Dit sal bepaal word deur ‘n ondersoek deur die polisie en dan aan die hof voorgelê word om te besluit of dit die korrekte weerspieëling was van wat gebeur het. Die ryloper is dus nog nie skuldig bevind aan die moord nie en is dus in die stadium net ‘n verdagte in die saak.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Gert ·

Geweld begroet mens in die land as jy in die more jou neus by die huis uisteek. Dis nogal n kuns om positief te bly, al is daar so baie om voor dankbaar te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.