Skoolhoof glo in skokfoto’s met leerlinge

Argieffoto

Skokkende beeldmateriaal van ʼn voormalige hoërskoolhoof van die Oos-Rand wat glo leerlinge in sy kantoor seksueel misbruik het, het vandeesweek soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, het met “teleurstelling en afgryse” op die video en foto’s gereageer en die departement gemaan om ʼn ondersoek van stapel te stuur.

“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die skoolhoof in Oktober 2017 bedank het en sy laaste dag aan diens was op 15 Januarie. Hy is nie meer in die diens van die departement nie, ons gaan hom egter by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) aanmeld sodat hy onmiddellik van die rol geskrap word,” het Steve Mabona, Lesufi se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Die departement sal die skool Maandag besoek om die nodige ingryping te doen. Die span sal berading aan die leerders wat geraak is verskaf en die ouers bystaan om die beweerde dade by die polisie aan te meld.

Die DA het die “walglike gedrag” ook ten sterkste veroordeel.

“Dit is ʼn absolute skande dat ʼn skoolhoof wat veronderstel is om ʼn ware leier en ʼn voog te wees, betrokke is by hierdie soort gedrag,” het Khume Ramulifho, DA-LP, gesê.

“Ons verwelkom die feit dat die sekspeshoof reeds bedank het, maar sy dade mag nie ongestraf bly nie. Hy het hierdie leerlinge van hul onskuld ontneem en moet die volle mag van die gereg in die gesig staar.”

Die DA het gesê die hoof se naam moet genoem en verneder word en het versoek dat ʼn kommissie van ondersoek die omvang van seksuele misbruik by skole in Gauteng ondersoek.

Die DA het gesê die skoolhoof was glo verbonde aan ʼn hoërskool in Reigerpark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Daan ·

Net soos Presedent Trump se woorde waar,is is die Overvaal gebeure walglik en vernederend na 23 jaar van anc regering het hulle nie n groter beter skool gebou as Overvaal nie nou teroriseer swart volwassenes kinders by hulle skool in n poging om die skool te kaap

Biljam se donkie ·

Waar is die span gehuurde betogers,by Overvaal, met die rooi drag nou?

Renier ·

Gee sy naam en adres vir die ouers van die slagoffers en laat húlle hom beetkry. Verfoeilik!

SjN ·

Lesufi moet self daar wees, nie n afvaardiging nie, politieke agenda word tans gevolg.

O aarde ·

Gelukkig is dit nie ‘n Afrikaanse skool nie, want dan was die plek seker al tot op die grond afgebrand. Die man moet die swaarste straf moontlik kry. Seker ‘n SADOU lid ook nog.

Anoniem ·

Weet iemand of dit n oorheersende, wit, bruin of swart skool is?

DHK ·

Ja Seepbox, in die lig van die aanslag op Afrikaanse skole maak dit beslis saak.

Seepbox ·

Ok so die insident wat dan by n Afrikaanse skool n jaar of 2 terug gebeur het waar kinders oorheersend wit (of net wit) was, vee ons dit dan gou gou onder die matjie in? Ek is als vir ons taal en Afrikaanse smile maar ek voel ook meer as dit oor kinders gaan… bruin, swart of wit. Dink die punt word gemis en alweer tot verelens toe verdraai.

Boerseun ·

Reigerpark secondary school. Dis n section 21 skool . Hoef niks verder te se nie. En maroela dis in Boksburg

June ·

Dit is die soort onderrig wat hulle op ons Afrikaanse skole wil afdwing. Hy het geweet dit gaan vir hom warm word, toe bedank hy soos n lafaard. Magsmisbruik soos die res van die politieke leiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.