Skoolhoof in hof oor aanranding

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

ʼn 44-jarige voormalige skoolhoof verskyn volgende maand in die Middelburg-landdroshof op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy op 4 Augustus verlede jaar vir Siphamandla Fana Choma (14) aangerand het. Choma is intussen oorlede.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het by ʼn skool in Mhluzi plaasgevind.

Choma is daarvan beskuldig dat hy R150 gesteel het. Hy is op 19 Maart in die Middelburg-hospitaal dood nadat hy opgeneem is vir behandeling ná die beweerde aanranding. Die aanranding het Choma glo verlam gelaat.

Volgens Hlathi is die oorsaak van sy dood nog onbekend en die voorlopige resultate van die nadoodse ondersoek terugverwys vir verdere verwerking. “Eers ná die finale uitslae bekend is, sal ons die saak kan finaliseer.”

Die verdagte, die voormalige hoof van Manyano Primary School in Middelburg, sal na verwagting op 6 September in die hof verskyn.

Jasper Zwane, ʼn woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die hoof het nie sy verantwoordelikheid om leerders te beskerm nagekom nie. “Sy optrede het die doeltreffendheid en die administrasie van die departement in gedrang gebring,” het Zwane gesê.

Hy het bygevoeg dat lyfstraf volgens die Skolewet verbied word. Die verdagte is op 23 Julie afgedank nadat ʼn tugkomitee hom aan aanranding skuldig bevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leahim ·

Dis jammer ek het met die rottang en Godsdiens groot geword en ek weet dit is die groot rede vir my gedissiplineerde en suksesvolle lewe vandag

Poppie ·

Dit is ook die rede hoekom kinders steel en boelies raak want hul weet hul kom niks oor nie. Tien teen een het hy die skoolhoof eerste geslaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.