Skoolhoof in hof oor puttoilet-voorval

Lubeko Lennox Mgandela (Foto verskaf deur die Nasionale Vervolgingsgesag)

ʼn 49-jarige skoolhoof van Ugie in die Oos-Kaap het Woensdag in die hof verskyn op aanklag van kindermishandeling.

Lubeko Lennox Mgandela is in die Tsolo-landdroshof vrygelaat op borgtog van R2 500, het Luxolo Tyali, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, in ʼn verklaring gesê. “Volgens die voorwaardes van sy borgtog mag hy nie inmeng met getuies of die ondersoek nie en ook nie die Luthuthu Junior Secondary School – waar die misdryf na bewering plaasgevind het – betree nie.”

Maroela Media het vroeër berig Mgandela het glo ʼn 11-jarige seun gedwing om sy klere uit te trek. Hy het toe ʼn tou aan die seun se bolyf vasgemaak en met behulp van ander leerders die seun in die toilet laat afsak, in ʼn poging om die hoof se selfoon uit te haal, wat in die puttoilet geval het. Die skoolhoof is net ná die voorval geskors, hangende ʼn ondersoek deur die departement van onderwys in die Oos-Kaap.

Die saak is tot 27 Mei 2021 uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Karlahari

En die EFF, die MRK en ANC Womens League skitter in hulle afwesigheid……
Watter beter voorbeeld van dubbel standaarde wil jy nou hê?

Misky

Die oorspronklike berig het gesê hy word aangekla van poging tot moord. Nou is dit verander na kindermishandeling. Soos Karlahari sê, waar is die “voorbranders en brande bande” brigades en spesifiek Lesufi nou? As die nou `n wit skoolhoof moes wees…….

Namgrl

GEEZZZz……

Regverdigheid

Wat nou waars EFF ???? druk sy kop in daai toilet flipen siek gemors .