Skoolhoof in hof oor seun se dood

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die voormalige skoolhoof wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn leerder aangerand wat later in die hospitaal aan sy beserings beswyk het, verskyn Woensdag in die Middelburg-landdroshof op ʼn aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die verdagte word daarvan beskuldig dat hy op 4 Augustus verlede jaar vir Siphamandla Fana Choma (14) aangerand het. Choma is intussen dood.

Die 44-jarige voormalige skoolhoof is op 23 Julie ná ʼn interne dissiplinêre verhoor afgedank.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê die voorval het by ʼn skool in Mhluzi in Mpumalanga plaasgevind.

Choma is op 19 Maart in die Middelburg-hospitaal dood nadat hy opgeneem is vir behandeling ná die beweerde aanranding. Die aanranding het Choma glo verlam gelaat.

Choma is daarvan beskuldig dat hy R150 gesteel het.

Volgens Hlathi is die oorsaak van sy dood nog onbekend en die voorlopige resultate van die nadoodse ondersoek is terugverwys vir verdere verwerking. “Eers nadat die finale uitslae bekend is, sal ons die saak kan finaliseer.”

Jasper Zwane, ʼn woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die hoof het nie sy verantwoordelikheid om leerders te beskerm nagekom nie. “Sy optrede het die doeltreffendheid en die administrasie van die departement in gedrang gebring,” het Zwane gesê.

Hy het bygevoeg dat lyfstraf volgens die Skolewet verbied word. Die verdagte is op 23 Julie afgedank nadat ʼn tugkomitee hom aan aanranding skuldig bevind het.

Die man se naam asook die naam van die skool word weerhou tot ná die hofverskyning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MissDemeanor ·

Ek hoop hy word aangekla van moord (as die uitslag van die nadoodse ondersoek afgehandel is en wys die dood hou verband met die aanranding).

A van L ·

Ons as ouers wil graag weer dissipline in skole terugkry. En as ou skool ouer ek dinken baie van my vriende en kollegas(wit en swart) lyfstraf kan weer gewenste resultate oplewer, maar as onderwysers aanhou om dit op hierdie manier te doen sal ons dit nooit regkry om die huidige situasie waar kinders onderwysers aanrand om te keer en weer ons skole die beste in die wereld te maak nie.

De Villiers ·

Ek steun jou, A van L. Die ANC beskou lyfstraf as aanranding. Daar is egter ‘n groot verskil tussen aanranding en lyfstraf. Aanranding is gewoonlik op die onskuldige gemik, maksimum geweld, is krimineel van aard, en het niks goed ten doel nie. Lyfstraf is op die skuldige gemik, dien as ‘n voorkomende maatreël en het goeie bedoelings. Lyfstraf dwing respek af.
10/1 sou die R150 nie gesteel gewees het indien lyfstraf gegeld het nie.
Ek veroordeel egter die gewese skoolhoof se optrede, wat nie lyfstraf was nie.

Hendrik ·

Nou eers in die hof? Dit klink vir my of daar voete gesleep word. Die KFC ouens was al die volende dag in die selle en hulle borgtog is geweier. In hulle geval was dit nie moord nie maar ‘n eenvoudige bakleiery wat polities misbruik word. Soos alles…

jaco ·

ek wonder hoe hierdie skoolhoof gestraf gaan word. hy is tog immers van dieselfde ras as sy slagoffer.

Liza ·

As jy skuldig is, is jy skuldig …. hoekom so wreed ‘n kind slaan, hoop hulle sluit hom toe vir ewig……..ja en wie is hy……..

Santie ·

Gesonde lyfstraf (3 van die bestes, af en toe) is een ding, maar aanranding heeltemal ‘n ander. Aanranding bly iets vreesliks vir volwassene en kinders en ek sidder om te dink hoe buite beheer daardie skoolhoof moes wees….

Maar ek het Administratief by ‘n Engelse Hoër Skool gewerk en báie gesien. Onderwysers word tot die UITERSTE beproef! Hulle word getárt, gevloék, & selfs aangerand & ontvang doodsdreigemente. Klasse word ontwrig deur belhamels.

Onderwysers skrééu hulle dae om, om tog nét hoorbaar te wees vir die páár wat wil leer. As leerders druip, moet die Onderwyser verslae skryf en “please explain” oor wat gedoen is om die kind te “help (wat nie wil leer nie) . Dit veroorsaak hope administrasie, by die hope nasienwerk tot snags laat, + elke vakansie behalwe Desember. Pouses het ek juffrouens in die personeelkamer sien huil van frustrasie, angs en moegheid. Almal sukkel met depressie.

Baie Onderwysers sal môre hul goed vat en loop as hul net ander werk kon kry. Want werksatisfaksie is daar nie. Meeste sien hulle werk is hél – Veral hoëskool. Onderwysers het ‘n passie om kennis oor te dra maar deesdae is dit meestal pêrels voor die swyne. Kinders maak en breek soos hulle wil in die skool. Ek is SO bly ek het nie Onderwys gaan swot soos my Sus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.