Skoolhoof in hof oor tiener se verkragting

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn 51-jarige skoolhoof het in ʼn hof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van die verkragting van ʼn 13-jarige meisie.

Die man het Vrydag in die Ngqamakhwe-landdroshof, ongeveer 30 km buite Butterworth, verskyn, maar is nie gevra om te pleit nie.

“Die saak is tot Dinsdag uitgestel vir verdere ondersoek en die beskuldigde bly in aanhouding,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy aansoek om borgtog is afgekeur.”

Die skoolhoof, by ʼn junior sekondêre skool in Ngqamakhwe, is Woensdag in hegtenis geneem in verband met die verkragting. “Die verdagte het na bewering die meisie tussen Maart en Julie 2016 verkrag. Die slagoffer se familie het ʼn verandering in haar gedrag opgemerk en toe hulle haar daaroor vra, het sy haar stilswye verbreek en vertel dat die man haar verkrag het,” het Manatha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eliza-beth ·

Walglike ondier wat sy magsposisie misbruik om ‘n jong kind te verniel. Arme meisie. En vir die arme meisies in “rural areas” is daar nie goed soos sielkundige hulp nie, hulle moet maar net “oor dit kom”.

Koos ·

Weer ‘n bewys dat die vroue regter wat ongelukkig nie polities korrek was nie toe sy gesê het ☻mans het nie respek vir die vroue geslag toe 100% reg was en eintlik ‘n om verskoning verskuldig is van die regters bank

derek ·

Moenie vergeet van die wit ou wat met die 13jarige weggeloop het nie. Dit was nou onlangs in die nuus

Nie Polities korrek ·

Regter Mabel Jansen vroue regter wat die feite en waarheid gee soos dit is

KarooKlong ·

Kyk verby die kleur en sien die onmenslike misdaad raak.
Skoolhoof, 51, hierdie ou kan nie somme maak nie.
Ek hoop die hof gebruik ‘n optel masjien om sy somtotaal vir hom te wys.

Koos ·

Ek bring nie kleur in nie net die verskillende kulturele tradisies het jy geweet daar is mense wat glo om gemeenskap met ‘n maagd te hê sal HIV vigs gesond maak en dit is die punt wat ek probeer uitlig.

Poppie ·

Ek weet al van n ouer en kind wat nie hul sin gekry het by n skool nie. Toe sê hul hul gaan die skoolhoof laat hoes. Hom aangee vir verkragting. Toe sê ek dat ek hul plan gerecord het. Maar het gejok. Wonder net hoeveel van die verkragtings word gedoen uit wraak. Glo daar is baie kinders wat onskuldig is. Maar ook onderwysers wat onskuldig is

Anna ·

Ek weet ook van so n geval die onderwyser is onskuldig bevind maar sy reputation is daarmee heen en die kind wat gelieg het het niks oorgekom nie

Lance ·

Die regter se woorde skreeu teen hemele …hoe kan enige persoon dit nog ontken met die 4 verkragtings elke minuut in SA ..hoe bou mense n nasie met sulke vrot morele waardes !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.