Skoolhoof in Pta-huis doodgeskiet

Mlandu Mnguni (Foto: Facebook)

Mlandu Mnguni (Foto: Facebook)

Die polisie in Pretoria ondersoek ʼn saak van moord en huisroof nadat Mlandu Mnguni (48), ʼn skoolhoof van Mpumalanga, Donderdagaand by sy huis in Pretoria doodgeskiet is.

“Mnguni het die aand ná 21:00 sit en televisie kyk en sy vrou, ʼn onderwyseres, het by die tafel gesit en boeke merk toe sy geluide buite die huis gehoor het,” het Mirna von Beneke, woordvoerder van die polisie, Saterdag aan Maroela Media bevestig. “Sy het vir haar man daarvan gesê en toe Mnguni opstaan om ondersoek in te stel, het die skote by die kombuisdeur geklap.”

Von Beneke het gesê Mnguni is twee keer in die bolyf getref ná verskeie skote gevuur is.

Die N4-snelweg na Brits loop agter die gesin se huis verby. Die aanvallers het glo panele van die betonmuur uitgeskuif om toegang tot die erf te bekom. “Hulle het weer deur die muur na die snelweg gevlug,” het sy bygevoeg.

Mnguni was skoolhoof by die Matimba Middle School in KwaMhlanga, en voorsitter van die beheerliggaam van Alma-skool in Pretoria, ʼn skool vir kinders met gestremdhede.

Hy laat sy vrou en drie kinders, waaronder ʼn dogter in matriek, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Desiree ·

Here wanneer gaan al hierdie sinnelose moorde stop? Ons is so moeg vir geweld en moord. Help ons almal om saam ‘n toekoms in hierdie pragtige land van ons te bou. Here ons roep herlewing uit sodat almal U eerste begin stel dan sal die res in plek val. Beskerm ons asb teen die vyand wat rondloop soos ‘n brullende leeu en wat net wil steel, moor en vernietig

Rudi ·

Dit is relatief eenvoudig. Waneer die polisie sy werk begin doen. Huidiglik is dit n grap want 70% van die mense in SA stem vir die ANC en EFF om wet end orde te handhaaf. As ons misdaad wil bekamp sal ons extra geld moet betaal om die golf te stop

SNEL ·

Baie jammer om dit te lees. Ek glo ook niks is eers geroof nie, dit is asof party net daaroor uit is om moord te pleeg. Baie sterkte aan die familie.

Alf ·

Daar is al berig en dit is algemene kennis dat die mense vermoor word om plek te maak vir andere wat die werk wil he en dan BETAAL daarvoor.

Strussbob ·

Dit is defnitief die waarheid dat hoofde vermoor word om plek te maak vir diegene wat die meeste betaal om daardie posisie te kry. Dis verskriklik om te dink dat dit di modus operandi is !!!

Drieks ·

Hoe slaap die skuldige ANC regering met wat hul geskep het in 21 jaar.

Daan ·

Die probleem is dat hulle nie slaap nie- altyd wakker om nuwe skelm maniere uit te dink

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.