Skoolhoof in skokfoto’s: Onnies geskors

Argieffoto

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê ʼn span van hul psigososiale eenheid het Reiger Park Hoërskool Maandag besoek ná aantygings van seksuele wangedrag deur die skoolhoof, onderwysers en leerders by die skool.

“Ons het bewus geword van skokkende video’s en foto’s wat op Donderdag 25 Januarie anoniem na ons gestuur is. ʼn Dringende vergadering is op Vrydag 26 Januarie gehou met die hoof deur Edward Mosuwe, die departementshoof, en daar is vasgestel dat hy [die hoof] in Oktober 2017 bedank het.”

Ten spyte van die feit dat hy bedank het, het die aantygings aan die lig gekom tydens die tyd wat hy sy kennis gewerk het. Indien hy sou voortgaan met die bedanking sou hy as afgedank geag word omdat die datum van die skorsing voor die effektiewe bedankingsdatum val.

Die volgende verwikkelinge het ook plaasgevind: Die hoof is by die Suid-Afrikaanse raad vir opvoeders (Saro) aangegee dat sy naam van die opvoederrol geskrap kan word. Die psigososiale eenheid van die departement het die leerders toegespreek en het die nodige ondersteuning verskaf. Geen saak is by die polisie aanhangig gemaak nie. Die leerders in die video’s en beeldmateriaal was reeds in 2015 in matriek. Die onderwysers wat geïmpliseer is, het glo toegestem tot seksuele aktiwiteite met die hoof. Saro het ook die onderwysers toegespreek oor hoe om hulself professioneel te handhaaf.

Die departement het ʼn ondersoek na die onderwysers van stapel gestuur en die drie onderwysers is uit die skool verwyder.

Mabona het gesê die departement het persoonlike verhoudings tussen onderwysers en leerders ten sterkste veroordeel omdat dit teen die beginsel van die professie gaan.

Volgend die Wet op Onderwysindiensneming moet enige onderwyser wat leerders, studente of ʼn ander werknemer seksueel aanrand of enige onderwyser wat in ʼn seksuele verhouding tree met ʼn leerder by die skool waar hy skoolgee afgedank word as hy of sy skuldig bevind word.

Die departement het leerders aangemoedig om enige vorm van mishandeling aan die owerhede bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boerseun ·

As goed soos blessers aan die orde van die dag is klink die redelik algemeen onder sekere.

thelsa ·

Name and shame. Ons moet weet wie i hierdie skurke in die gemeenskap. Môre/oormôre doen hierdie mense aansoek vir werk as ‘n Jeagwerker by een of ander kerkgenootskap. Dis hoe hierdie mense funksioneer.

Elsa ·

Kommunikasie tussen kinders en ouers kon die probleem lankal uitgewys het….voor elke ouer die kind aflaai by die skool moet hul saambid en so die verskil maak…jammer dat dit ooit gebeur het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.