Skoolhoof kry trekpas ná puttoilet-sage

Lubeko Lennox Mgandela (Foto verskaf deur die Nasionale Vervolgingsgesag)

Die 49-jarige skoolhoof van Ugie, Oos-Kaap, wat glo ʼn leerder gedwing het om by ʼn puttoilet in te klim, is ontslaan. Dit volg ná dié hoof tydens ʼn dissiplinêre proses skuldig bevind is.

Vuyiseka Mboxela, woordvoerder van die onderwysdepartement in die Oos-Kaap, sê Lubeko Mgandela, skoolhoof van Luthutu Junior Secondary School, is Dinsdag skuldig bevind aan kindermishandeling. Hy is daarna afgedank.

Mgandela is op 15 Maart in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 11-jarige seun noodgedwonge in ʼn puttoilet laat afsak het om sy selfoon uit te vis.

Hy het twee dae later in die Tsolo-landdroshof op aanklagte van kindermishandeling verskyn en is op borgtog van R2 500 vrygelaat. Hy sal na verwagting weer op 21 Julie in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Mgandela het eers die seun gedwing om sy klere uit te trek. Hy het daarna ʼn tou aan die seun se bolyf vasgemaak en met behulp van ander leerders die seun in die toilet laat afsak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Die Boerepompie ·

Ek wonder as n mens die selvde met Hom sal doen hoe sal Hy dan voel .sluit hom op en laat hom gras pland vir die res van sy lewe Hy moet nooi weer die voreg he om met kinders te werk nie

Kokerboom ·

Sommige van die mense is baar!!! Van politici wat puttoilette toelaat tot onderwysers wat sulke twak aanvang!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.