Skoolhoof, leerder sterf

Argieffoto (Foto: CorinnaST, Pixabay)

ʼn Skool in Soweto het binne dae sy skoolhoof en ʼn leerder aan die dood afgestaan.

Steve Mabona, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê Zweli Dube, ʼn graad 8-leerder van Sebetsa-O-Tholemoputso High School is Vrydag dood toe weerlig hom getref het. “Hy was op pad huis toe, toe die weerligstraal hom binne ʼn kilometer van die skool getref het.”

Die 54-jarige skoolhoof, Fana Khoele, is Maandag oorlede. “Hy het by sy huis inmekaargesak en het gesterf,” het Mabona bygevoeg.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, het sy meegevoel betuig met die betrokke families en die skoolgemeenskap.

Lesufi sal Dinsdag die skoolhoof en skoolseun se families besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vriendelike Frikkie ·

Lesufi moet ‘n raad van ondersoek aanstel om te kyk hoe hulle die weerlig slag op die Afrikaans sprekende Blankes kan blameer. Dit lyk asof dit maar sy normale MO is.

Phillip ·

Ek vrae maar net ne Dit het mos nie op die skool terein gebeur nie dit het n 1Km ver gebeur en die hoof by sy hius na skool dan is dit mos niks met LUR tedoen nie . Of hoe as dit in skooltyd gebeur het dan sou ek gese het dis reg so hulle moet gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.