Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het optrede geëis nadat beeldmateriaal van ʼn voormalige hoërskoolhoof van die Oos-Rand wat glo leerders in sy kantoor seksueel misbruik het, blootgelê is.
Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, het Vrydag met “teleurstelling en afgryse” op die video, wat soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei, gereageer en die departement gemaan om ʼn ondersoek van stapel te stuur.
“Ons voorlopige ondersoek dui daarop dat die skoolhoof in Oktober 2017 bedank het, en sy laaste dag aan diens was op 15 Januarie. Hy is nie meer in die diens van die departement nie. Ons gaan hom egter by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) aanmeld sodat hy onmiddellik van die rol geskrap word,” het Steve Mabona, Lesufi se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.
Jabu Mahlangu, Sanco se nasionale woordvoerder, het Sondag sy teleurstelling uitgespreek dat onderwysowerhede die hoof toegelaat het om te bedank, sonder om die nodige tugstappe te doen.
“Die versuiming van tugstappe gun die individu om geld uit sy bedankingsvoordele te kry. Hy sou die voordele verbeur het as hy ontslaan sou word,” het Mahlangu gesê.
Mahlangu het gesê dit is ʼn bespotting van geregtigheid dat iemand wat die vertroue van die gemeenskap verraai het, met ʼn “klop op die skouer” wegstap.
Hy het gesê strafregtelike aanklagte moet teen die man, wat verbonde was aan ʼn hoërskool in Reigerpark, aanhangig gemaak word.
Die departement sal die skool Maandag besoek om die nodige ingryping te doen. Die span sal berading aan die leerders wat geraak is verskaf en die ouers bystaan om die beweerde dade by die polisie aan te meld.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Hoekom brand hulle nie nou die plekke af en eis sy kop. Want die fotograwe het mog nie op die toeneel opgedaag om geweld aan te hits nie. Dubbel standaarde
Dis n kriminele pottering, kla hom aan.
Die skool is in Eldoradopark. Maak jou eie taalafleiding as dit van belang is. Ek wonder net wie sou die videos geneem het ? Deelnemers of toeskouers of iemand wat hulle betrap het.
It is clear that the safety of pupils in schools are of no consequence to the governing party, or it’s cares as can be seen by the lack of public action by both the ANC and the EFF in this regard. South Africans should realize that most if not ALL political parties does not care in the least about us, ANY of us, and are only in politics for personal financial gain. The people of South Africa should rise up against this farce which has been dressed up as democracy, in put into power a civil system where towns, cities,… Lees meer »
ai dis jammer hulle het seker maar dit gedoen met afpersing hom uitgelok en toe af geneem en hom geblackmail en toe hy nie wou byt dit in net gestuur die kinders sal enige ding doen vir geld en by voor dele