Skoolhoof van Mpumalanga vermoor

Argieffoto. (Foto: Kent Williamson)

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ʼn moordsaak nadat Michael Sali Mabena (57), hoof van die Nelson Ngobeni Primary School in Vosman, eMalahleni, in sy huis doodgesteek is.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op Woensdag omstreeks 21:30 by Mabena se huis in Ackerville plaasgevind.

Polisiebeamptes het in die slaapkamer op Mabena se lewelose liggaam afgekom. Hy het veelvuldige steekwonde opgedoen en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Die aanvallers het glo by Mabena se huis ingestorm en hom van sy voertuig, ’n swart KIA Sportage met die registrasienommer DSM 504 MP, beroof. Hulle het ook ʼn plasma-TV en klankstelsel gebuit voor hulle gevlug het.

Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie en die ondersoek duur voort.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het ’n beroep op inwoners gedoen om nou saam met die polisie te werk in die stryd teen misdaad.

“Misdaad beroof burgers van kosbare lewens en dit is daarom noodsaaklik dat gemeenskappe saam met die polisie werk om misdadigers in hul bose spore te stuit. In hierdie geval is kinders beroof van iemand wat besig was om hul lewe te help vorm,” het Manamela gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Delia ·

Btw Genl Manamela. Vra Bheki Cele om met sy ministers van Justisie te praat oor borg en belaglike vonnisse en die een in beheer van Grensbeheer en die een wie se afdeling omkoopgeld aanvaar vir vervalsde IDs en paspoorte. Beskerm die gemeenskap.

Leon ·

Alle wette en waardes, strawwe en dissiplines is verwoes, wat verwag mens!?

Oujongvrou ·

En gaan net erger word. Die bloedlus is nou aangewakker en daars geen afskrikmiddel nie. Botswana wat nog doodstraf het, het nie die moord syfers nie.

Blomme ·

Die regering het alle beheer oor die land verloor. So jammer dat ons land tot hierdie wettelose hool verval het.

Delia ·

Dankie Frikkie. En steeds so baie om voor dankbaar te wees.
Ek skryf baie van die goed toe aan die feit dat ons so ver van God af leef. Die kerke is leeg en die “Malls” vol op n Sondag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.