Skoolhoof vas ná ‘aanranding’ op video

‘n Skermskoot uit die video. (Video: Twitter)

’n 62-jarige skoolhoof het Woensdag in die Dewetsdorp-landdroshof verskyn op aanklag van aanranding, nadat ’n video van verlede jaar onlangs aan die lig gekom het.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring Isak Johannes Joubert, hoof van die Jimmie Roos-skool, het hom aan die polisie oorgegee. Hy het intussen in die hof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.

Tate Makgoe, Vrystaatse LUR vir onderwys, het bevestig dat Joubert intussen ook as skoolhoof geskors is.

Maroela Media het vroeër berig ’n politieke party het ’n saak van aanranding by die Dewetsdorp-polisiestasie aanhangig gemaak nadat hulle die beeldmateriaal onder oë gehad het. Die beeldmateriaal is na bewering op 16 Augustus verlede jaar opgeneem.

Luidens die polisie kan daar in dié beeldmateriaal gesien word hoe ’n man omstreeks 22:19 by ’n vertrek ingaan, waar verskeie leerders lê en slaap. Die man rand dan ’n tienerseun gewelddadig aan.

Volgens Makhele dui ’n voorlopige ondersoek daarop dat daar dié betrokke dag ’n betoging by die skool was, waartydens Joubert aangeval is. Die plaaslike polisie is daarna na die skool ontbied om die situasie te ontlont. Dié gebeure het moontlik aanleiding gegee tot die beweerde aanranding later die aand.

Makhele sê ander video’s wat die betrokke dag geneem is, is sedertdien by die polisie ingedien.

Joubert sal na verwagting weer 24 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Darryl ·

Wat my bekommer is die feit dat daar kameras in die kamers is..wat van die kinders wat uit en aantrek..dan word dit nog opgeneem ook..dit grens mos aan kinderpornografie of sit ek nou die spreekwoordelike pot mis

Josi ·

@Darryl, in die ou dae was dit n verbetering skool genoem, daar moet ten alle tye cctv wees, om personeel en kinders te beskerm.

Tersia ·

Ai tog sal ons nooit leer nie.!!!! Nou het hy moeilikheid wat onnodig was.

PJC ·

Dalk het van die belhamels wat vroeĕr amok gemaak en hom aangerand het in die kamer geslaap. Ongelukkig is hierdie bloedjies kroonwild en het hierdie ou nou baie probleme.

Tershia ·

Dit is n skool vir kinders met probleme amper soos n Boystown Natuurlik is daar n koshuis of verblyf Daardie kinders word daarheen gestuur om te probeer hulle probleme uit te sorteer

PJC ·

Hannelie ek stem saam met jou. Sal daarvan hou om die video te sien want dan weet ń mens of dit weklik ń aanranding was of maar net weer ń groot bohaai oor niks.

Stomgeslaan ·

Hoekom nog jou tyd mors om die land te red op 62? Moes lankal afgetree het! Nou sit hy met die gebakte pere!

K ·

Die land te red deur n kind met die vuis in die middel van die nag soos n swakkeling te slaan?

Corri ·

Die land red?? Hy is n lafaard wat n kind bykom in die middel van die nag. Swakker as n inbreker.

Cherokee ·

Ek lei af hy het ‘n groep-aanrander uitgesonder en vasgetrap. Netjies gedoen!

TooL ·

Sal wil sien hoe sake hier ontwikkel. Wonder of die skool lyfstraf onder die radar gebruik?

Spotter ·

Die video is op Bloemfonteincourant beskilbaar.Oordeel maar self wie skuldig is

Zombie ·

Ek wonder wat het van die saak geword van die leerder of leerders wat ń personeellid met ń klip doodgeslaan het.

Kobus ·

Aanrandi g kan nie goesd gepraat word nue en hy moes geweet het daar is kamera. My vraag, die Hoof was blykbaar voorheen deur betogende leerlinge aangerand. Watter optrede was toecteen skuldiges geneem?

Ek ·

Jimmy Roos is `n skool vir erge gedragsprobleme. Die seuns is reeds deur skole daarheen verwys omdat hulle `n gevaar is vir ander leerders in normale skole. Daar is jy onderwyser, sekuriteit, ouer, ens. Hoeveel moet `n onderwyser (skoolhoof) deurgaan om dit dalk as selfverdediging te sien. Die kinders hoort in tronke nie in skole nie, maar daar word vir hulle `n kans gegee.

Willie ·

Ag ou Kobus n saak het twee kante..soos genome, daai kinders hoort eerder in tronke… mens kannie eers meer met die allerdaagse bedorwe wrokkies oor die weg kom nie. Wat nou van aggressiewe kwaadoeners?

Alida ·

Die opskrif is totaal en al onvanpas. Die skoolhoof het homself gaan oorgee en die SAPD het niks daarmee te doen nie. Slegs as n persoon gearresteer word is hy “vas”.

Karl ·

@Alida, hy het homself oorgegee, maar nogsteeds gearresteer, so dus is hy VAS, nes jy se.

Maria Boshoff ·

Die arme man was vroeër aangerand, vandaar sy teen-optrede, maar nou is hý die vark in die verhaal en die ene wat hóm aangeval het, slaap soos n baba! Dis n siek samelewing waarin ons leef, die skuldige word die onskuldige! Mý Bybel sê n oog vir n oog.

ZeldA ·

en my Bybel sê : Jesus het geweet dat party die verkeerde idee oor die wet “oog vir oog” gehad het. Hy het hulle reggehelp deur te sê: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Oog vir oog en tand vir tand.’ Ek sê egter vir julle: Moenie die een wat goddeloos is, teëstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang klap, draai die ander een ook na hom toe.” — Matteus 5:38, 39.

lh ·

Soek eers die video op die Internet voor julle TE uitgesproke raak . . .
die skoolhoof is so skuldig soos kan kom!

Cherokee ·

Jý is die een wat hopeloos tè uitgesproke is. Waar sien mens op Internet dìt wat die video voorafgegaan het?

Willie ·

Joh die hoof is baie geweldadig! Dis regtig erg! Kyk gerus die video ..

Josi ·

Iets se my die skoolhoof randgereeld mense, kinders en of vrouens ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.