Skoolhoof vas ná hy glo skoolmeisie verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrystaatse skoolhoof is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 18-jarige leerder by sy skool verkrag het.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 39-jarige man, ʼn skoolhoof by ʼn hoërskool in Thabong buite Welkom, is Saterdag in hegtenis geneem.

Die skoolhoof het glo die aand van 24 Julie omstreeks 23:50 saam met ʼn groep leerders teruggekeer van ʼn skooltoer in Johannesburg. Hy het met sy privaat voertuig die leerders by hul onderskeie wonings gaan aflaai.

Toe hy en een van die meisies alleen in die voertuig was, het hy op die hoek van die straat waar die meisie woon, stilgehou en haar gevra om hom te soen. Hy het haar daarna glo in die motor verkrag.

“Die 18-jarige meisie het een van haar vriende by die skool van die verkragting vertel en van die onderwysers het daarvan te hore gekom. Die onderwysers én die slagoffer se ma het die saak by die polisie aangemeld,” het Mokhuoane gesê.

Die man sal Dinsdag in die Welkom-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elfie ·

Misbruiking van gesagsposisie. Hoe kan leerders hom ooit weer vertrou! Sleg ding, sies!

Christine ·

Nou hoekom soen sy hom? Wat het van haar stembande geword? Vra maar net.

CHRISTA ·

Christine, ek weet nie watter artikel jy gelees het nie, maar ek het gelees HY het gevra om haar te soen en nie dat SY ingestem het nie!! Ek weet ook nie van wanneer af is ‘n “soen” toestemming tot verkragting nie!!!

nig ·

dook – so nou gee dit iemand die reg om ‘n vrou te verkrag as sy saam in die kar is? Ag julle is belaglik verby. CHRISTA ja, jy is reg; as dit ‘n wit vrou/meisie was het dit kommentare dalk anders gelyk, maar omdat sy nie is nie nou is dit lyk my maar reg as sy verkrag is. SIES julle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.