Skoolhoof vas wat glo leerders verkrag

skool

Argieffoto

ʼn Skoolhoof van ʼn hoërskool in Mpumalanga sal Donderdag weer in die hof verskyn in verband met die beweerde verkragting van drie leerders by die skool.

Die 53-jarige man is die hoof van ʼn hoërskool in Dundonald naby Mayflower. Weens die aard van die verkragtingaanklagte teen hom, kan die beskuldigde se naam nie genoem word alvorens hy gepleit het nie.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die beweerde verkragtings het glo verlede jaar asook aan die begin van hierdie maand gebeur. Volgens Hlathi is die beweerde slagoffers drie seuns tussen 17 en 19 jaar oud.

Die skoolhoof is Dinsdag in hegtenis geneem nadat aanklagte by die polisie aanhangig gemaak is. Hy het Woensdag in Mayflower se periodieke hof verskyn, waar die saak tot vandag uitgestel is.

Sy tweede verskyning sal in die Eerstehoek-landdroshof wees waar hy na verwagting formeel om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riouna Martin ·

Hoe gebeur sulke dinge in ons skole? Moord verkragting kinders word weg en hope klagtes. Waar voor 1994 het jy van sulke dinge gehoor of gelees. Ons kinders is nie eers meer veilig in SA skole nie en dit geld vir alle rasse!

GM ·

Elvira, ‘beweerde verkragting’. Hy is nog nie skuldig bevind nie. En daar is baie gevalle waar mense ‘verkragting’ skree om iemand terug te kry vir iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.