Skoolhoof vermoor

Argieffoto

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse departement van onderwys het sy skok uitgespreek nadat ʼn Durbanse skoolhoof vandeesweek in die stad doodgeskiet is.

Volgens lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, is die skoolhoof van eMpumelelweni Combined Primary School in die eNgonyami-omgewing, Nhlanhla Mhlongo (62), Woensdagmiddag doodgeskiet, kort nadat hy die skool verlaat het.

Hy was in sy motor toe twee mans op hom losgebrand het. Hy is op die toneel dood. Zwane het gesê die motief vir die skietery is nog onbekend en word ondersoek. Die Bhekithemba-polisie ondersoek ʼn klag van moord.

Mthandeni Dlungwana, LUR van die departement van onderwys, het in ʼn verklaring gesê die departement is platgeslaan deur die moord. “Ons het ʼn waardevolle onderwyser verloor, wat ʼn aanwins vir ons skoolstelsels was,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Jy is reg. Die reputasie wat die Italiaanse Mafia destyds gehad het is nie ‘n patch nie. Die pratery en spottery tot dien effekte van ‘ň 3rde mag’ neig te begin na regtig so klink.

E ·

Stem so saam met julle. Gister ń da mp doodgeskiet in oos Kaap. Na al die anc mp’s voorvalle en gister se da mp en nou dit. Waar kom die kriminele vandaan? Het nog nooit van iemand gehoor wat in hegtenis geneem is nie, of is ek verkeerd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.