Skoolhoof verplaas weens ‘boeliegedrag’ 

Dr. Anton Prinsloo, hoof van Hoërskool Eldoraigne in Centurion, is met onmiddellike effek uit sy pos verwyder en by die distrikskantoor in Gauteng geplaas. (Foto: Hoërskool Eldoraigne-webtuiste)

Dr. Anton Prinsloo, hoof van Hoërskool Eldoraigne in Centurion, is by die distrikskantoor in Gauteng geplaas.

Volgens Steve Mabona, woordvoerder van die onderwysdepartement in Gauteng, het die gespanne verhouding tussen Prinsloo en ander personeellede die departement genoop om dié besluit te neem.

“Bewerings van boeliegedrag en viktimisering het ’n onafhanklike ondersoek tot gevolg gehad. Uit die ondersoek het die aanbeveling gekom dat die hoof as voorsorgmaatreël na die distrikskantoor oorgeplaas word terwyl die dissiplinêre prosesse afgehandel word.”

Mabona het bevestig dat Prinsloo Vrydag in kennis gestel is en dat hy Maandag by die distrikskantoor aangemeld het.

“Die beheerliggaam is vanoggend (Maandag) deur die departement in kennis gestel van die besluit wat geneem is. Ons as beheerliggaam het geen insae in die proses wat gaan volg nie,” het Wimpie Slabbert, ondervoorsitter van die skool se beheerliggaam, gesê.

“Die vergadering was kort en kragtig en daar is gesê dat die departement nou verder ’n pad met die hoof gaan stap. Of dit positief of negatief vir hom is, weet ons nie.”

Slabbert wou geen uitlatings oor die bewerings teen Prinsloo maak nie.

Die adjunkhoof, Dave du Plessis, is gevra om die leisels by dr. Prinsloo oor te neem. (Foto: Hoërskool Eldoraigne-webtuiste)

Die adjunkhoof, Dave du Plessis, is intussen gevra om die leisels by Prinsloo oor te neem.

“Dave se aanstelling is ’n nuwe hoofstuk vir die skool en ons ondersteun hom ten volle,” het Slabbert gesê.

In ʼn brief wat Maandag aan ouers gestuur is, sê die beheerliggaam hy glo dat Hoërskool Eldoraigne op koers is om weer die skool van keuse vir bestaande en toekomstige leerders en personeel te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jaco ·

‘n Wit man word uit sy pos verwyder en met ‘n ander wit man vervang? Is dit reg? Dit pla my nie, maar ek wonder maar net: wat dan nou van regstellende aksie en BEE? Weet die EFF van dit? Hulle is mos maar die onoffisiële regstellende aksie polisie.

Tiptol ·

Ja, vreemd om die nuus so te lees. Ek verstaan jou sarkasme. ‘n Wit man word met ‘n wit man vervang. Voel nie soos SA nie.

Kiepie ·

Jy is nou sommer net besig om te stir en slapende honde wakker te maak.

Pieter J ·

Ongelukkig kan nie alle skoolhoofde die buitengewone baie mag waaroor hulle beskik, reg hanteer nie en ly personeel daaronder.

Marietjie ·

Pieter ek stem volkome saam. Dis ‘n skool, nie ‘n Militêre basis nie. Jy moet ten minste oor mense verhouding skills beskik.

JohanR ·

As ANC’s maar net verplaas is, of uit hulle poste verwyder is terwyl hulle saak ondersoek word. Hulle word soms huis toe gestuur op volle salaris en daar sit hulle vir 7 jaar!

Sê-mar-net ·

Boontjie kry sy loontjie. Hy het gesaai, nou moet hy maar maai.

Naomi ·

Track sy geskiedenis…hy het verwoesting gesaai onder die personeel van Bastion…

Annelize ·

Soos ek verstaan het daar in sy tyd sowat 30 onderwysers gekom en gegaan by Eldoraign, en hy was maar 7 jaar aan die stuur daar. Mens kan nie help om te wonder nie.

Marietjie ·

Was jy betrokke by Eldoraigne Dries? Want as jy was sou jy geweet het.

Jan ·

Ek is geskok om dit te lees om die minste te se my was in ‘n skool waar hy hoof was en sjoe almal behalwe natuurlik die rampokkers was baie beindruk met hom toe hy weg is was ons as ouers kinders en onderwysers baie teleurgesteld.Was daar dalk ‘n sameswering teen hom omdat hulle nie van sy bestuurstyl gehou het nie.????????

Marietjie ·

Hy was die mees bombastiese mens wat ek ooit tee gekom het. My jongste is na ‘n ander skool, omrede ek nie nog 5 jaar wou deurmaak met daai een nie. Elke hond kry sy dag.

Jaco ·

As jy wit is in 2021 in dié anti-wit SA, BLY DAN WEG uit bestuursposte. Daars eenvoudig net te veel arendsoë wat jou dophou. Ek weet die salaris is meer, maar die probleme, baie daarvan rasgebaseerd, en al die stres is óók baie meer. Ek bly maar net ‘n gewone werker. Ek wil nie môre oormôre letterlik op straat sit nie.

Excalibur ·

Dr Prinsloo word geoordeel maar die HS presteer op elke gebied. Iets ruim nie. Hoogste bome vang die meeste wind bleik dit my. Ons het liefs meer semi-outokratiese leiers nodig as slapgat laysis-fair pierewaaiers . Kinders kort streng en goeie maar regverdige leiding en dit is wat Dr Prinsloo bied en daarom moet hy sy personeel tot verantwoording roep deur soms streng te wees. Personeel kan nie hul brood aan beide kante gebotter he nie en niemand wil ongedisiplineerde kinders die wereld instuur nie. HS Eldoraigne moet liefs pasop dat hy nie later spyt is wanneer hy sy hoeksteen verloor nie!

Ferryman ·

Dit wys net dat daar ‘n kritiese tekort is daaraan om Onderwysers en veral die in senior posisies na behore op te lei. Al wat verwag word vir ‘n onderwyser is om ‘n M graad te he in opvoedkunde. Niks word gedoen om hulle opleiding te gee in bestuur of mense verhoudinge nie.

Toetsie ·

Ek sal graag die storie agter die een wil weet… Hier sit baie meer agter dit…

Francois Le Cochon ·

Ek stem saam. Vir ‘n skoolhoof om geplaas te word na ‘n distrikskantoor is drasties en word selde gedoen. Dit is een vlak onder afdanking. Hierdie skoolhoof moes groot drooggemaak het. Hy sou nie uit sy pos verwyder word as hy bloot ongewild was nie. Gaan Google Deon Scheepers van Grey. Hy is ongewild, maar het niks verkeerd gedoen, so die Departement kan nie teen hom optree nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.