Skoolhoof voor laerskoolleerders aangeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Skoolhoof is Maandagoggend ten aanskoue van talle leerders by ʼn laerskool in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp bygedam.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die voorval het by die Paul Mosaka Primary School in Pimville, Soweto, plaasgevind.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn voormalige onderwyser toegang tot die skool verkry het deur ʼn vrouepatrolleerder te oorweldig en om te stamp. Toe hy op die skoolgrond kom, het hy die voorruit van die skoolhoof se motor met ʼn hamer stukkend geslaan, waarna hy die skoolhoof verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Van die leerders het die voorval gesien,” het Bodibe gesê.

Die skoolhoof is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Die verdagte is in hegtenis geneem en is in aanhouding. “Die voormalige onderwyser is in 2015 afgedank nadat ʼn ondersoek in 2014 van stapel gestuur is oor valse kwalifikasies.”

Die polisie ondersoek die saak.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het sy skok oor die voorval uitgespreek en dit veroordeel. Hy gaan Dinsdag ʼn besoek by die skool aflê.

Die departement het beraders verskaf om personeel en leerders by te staan. Eksamens wat vandag by die skool afgelê moes word, is onbepaald uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alida ·

Het Lesufi persoonlik die skool besoek? Seker nie want dit is sy eie mense maar hy kon nie vinnig genoeg in Centurion opdaag oor n beweerde rassistiese voolval nie. Dit maak mens siek hoe hulle koppe werk.

Elize ·

Lees die berig tot die einde. Lesufi besoek die skool vandag (Dinsdag)

zoom zoom ·

Nee Lesufi was nie daar want daar was nie wit betrokke nie en ook nie cupcakes waarvan hy foto’s kon neem

Oom Kalahari ·

Hhhhhmmmm………….nou-ja toe Min Lesufi, dit kom voor of ons ‘n baie gesonde Onderwys stelsel in ‘n demokratiese land na volg.

lettie ·

Saam met demokrasie en n president wat geen voorbeeld stel nie, word ons land al hoe erger aan misdadige kriminele blootgestel

Ai tog ·

Dit is die kwaliteit onderwysers wat julle “opgelei” het, wat nou in die skole koningkraai. Sy het die guts gehad om hom te laat gaan, toe hou hy nie daarvan nie. By die SAUK sit hulle nogsteeds met een wat gelieg het oor sy kwalifikasies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.