Skoolhoof wat glo 3 verkrag se bedanking nié aanvaar

skool

Argieffoto

Die departement van onderwys in Mpumalanga sê hy het nié die bedanking van die hoërskoolhoof wat beskuldig word van die verkragting van drie leerders aanvaar nie, maar eerder ʼn interne ondersoek na die beweerde voorvalle van stapel gestuur.

Die 53-jarige man is die hoof van ʼn hoërskool in Dundonald naby Mayflower. Weens die aard van die verkragtingaanklagte teen hom, kan die beskuldigde se naam nie genoem word alvorens hy gepleit het nie. Die beweerde verkragtings het glo verlede jaar en vroeër vandeesmaand gebeur. Die beweerde slagoffers is glo drie seuns tussen 17 en 19 jaar oud.

Gerald Sambo, ʼn woordvoerder vir die departement, sê die beweerde verkragtings word ten sterkste veroordeel. “Die departement is deur die stamhoof van die gemeenskap in die Gert Sibande-distrik van die beweerde voorvalle bewus gemaak,” sê hy.

Die skoolhoof is verlede week in hegtenis geneem. Sambo sê die departement het besluit om nié sy bedanking te aanvaar nie hangende die aanklagte teen hom.

Sambo sê die onderwysdepartement se arbeidsdirektoraat ondersoek die bewerings intern sodat ʼn  dissiplinêre proses van stapel gestuur kan word.

Die skoolhoof is steeds in polisieaanhouding en sal binnekort weer in die hof verskyn vir ʼn formele borgtogaansoek.

Dundonald is sowat 160 km buite Mbombela (Nelspruit).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Spark plug ·

Wat mis ek…”n laerskoolhoof word daarvan beskuldig dat hy 3 seuns tussen die ouderdom van 17 en 19 jaar oud verkrag het”. Is dit reg…was die seuns nog op laerskool op daai ouderdom ???
Bestaan daar nie n ouderdoms beperking op skoolgaande kinders in laerskool nie. Dit beteken daai seuns sal 30 weer wanneer hulle hoerskool klaar maak. En daarna gaan hulle gratis studeer en by die eeeefffff aansluit

Cyril Blackburn ·

Dagsê Spark Plug
Ons vra om verskoning vir die oorsig! Die voorval het na bewering by ʼn hoërskool gebeur. Die berig is gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

$ ·

Laerskoolhoof of hoof van ‘n hoërskool – Maroela kyk asb en stel die berig reg of klaar die verwarring op.

Tania Heyns ·

Dagsê $

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die voorval het na bewering by ʼn hoërskool gebeur. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Elma ·

Laerskool leerlinge tussen die ouderdom van 17 – 19 jaar?
Hulle moes alreeds Graad 12 voltooi het?

Antoinette Burger ·

Die seuns is 17 en 19 – groot mans al? Kon hulle hulle nie teegesit het nie? As hulle 7 en 9 was, was dit ‘n ander prentjie. Kan wees dat hulle ‘n grief teen die skoolhoof het en dalk is hy onskuldig. Dit het by ‘n skool in Pta etlike jare gelede gebeur. Nadat die arme onderwyser summier afgedank, sy pensioen en alles verloor, sy vrou hom gelos het, het die seuns na vore gekom (skuldige gewetes) met bewering dat hy onskuldig is, en hulle hom net wou ‘straf’ omdat hy met hulle geraas het. Daardie ouderdom seuns – ek sluk dit moeilik.

Laura ·

Julle het geen idee wat julle sê as julle dink daar is ‘n ouderdom beperking vir verkragting. Die slagoffer word stelselmatig mooi uitgekyk, soos ‘n stuk vleis, en dan gryp die verkragter. Wees eerder sensitief vir sulke kommentaar, dalk kan dit een van julle seuns wees wat ook te skaam is om iets te sê, veral as mens van die “gesiene” en ryk lewe kom.

Casper Labuschagne ·

So, drie seuns is verkrag, maar die skoolhoof se bedanking word nie aanvaar nie want die burokrasie vereis eers ‘n interne ondersoek wat beteken dat hy steeds op volle salaris en voordele (hopelik) in die selle sit. Daarby triomfeer sy menseregte bo alle ander faktore sodat sy naam nie genoem mag word nie. Is ek mal, of het hierdie land stapelgek geword?

Alida ·

Dit is nie meer seuns nie maar mans wat al moes gewerk het. Wat soek hulle in die skool.

Tammy ·

Op ouderdom 17 en 19 kon hulle sy tande uigeslaan het. Ek dink n Bundu-verhoor kan hom n les of twee leer. n Interne verhoor is soos om wind in sy nek te blaas en se dis aanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.