Skoolhoof wat skolier glo verkrag in hof

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Oos-Kaapse skoolhoof het Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag dat hy glo ʼn 13-jarige leerder van sy skool verkrag het.

Die 51-jarige man, wie se naam nie bekendgemaak kan word totdat hy gepleit het nie, is op 27 Julie in Ngqamakhwe naby Butterworth in hegtenis geneem nadat die meisie se familie die saak by die polisie aangemeld het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê daar word beweer dat die man die meisie verskeie kere van Maart tot Julie vanjaar verkrag het. “Die slagoffer se familie het opgemerk dat haar gedrag verander het. Nadat hulle haar daaroor uitgevra het, het sy haar swye verbreek en gesê sy is deur die verdagte verkrag,” het Manatha gesê.

Hy het gesê die saak is tot Woensdag uitgestel wanneer die man om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Koos ·

Die eerste keer maar ek moet saamstem die regter het die waarheid gepraat die hoofregter skuld haar ‘n openbare verskoning.

E ·

Siek ou wêreld die. “My kind jy kan ma en pa vertrou, maar asseblief onthou net nie die polissie nie en o ja ook nie jou onderwysers nie”

Neewat ·

Nee wat Gillian Schutte & Mrk moet maar kom oplos, Gillian ek sou graag jou verduideliking en oplossing wou sien, n 13 Jarige dogtertjie, komaan man -sy is nog so onskuldig………. Mag hy deur n weerligstraal getref word!

KarooKlong ·

Liewe Heksie, jy is skerp jy moet kabinet toe. Jy het my stem.

Wat-ek-lees ·

Polisieman verskyn in hof nadat hy sy vrou doodgeskiet het en sy naam word bekend gemaak voordat hy gepleit het maar hierdie skoolhoof se naam word teruggehou na sy hofverskyning want hy moet glo eers pleit.
Hoé werk dit?

AmY ·

Dankie tog die kind se familie het opgemerk dat haar gedrag verander en haar geglo. Dinge kon soveel anders uitgedraai het. Ek hoop die skoolhoof verrot in die tronk. Ek hoop hy kry van sy eie medisyne terug!!!

GES ·

Die skoolhoof het dit seker as sy eersgeboorte reg beskou. Regter Jansen u verdien ‘n openbare verskoning van u kritisie.

Scalla ·

Die vroue regter het verseker nie n sprokie vertel toe sy haar uit opinie gespreek het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.