Skoolhoofposte jare later steeds vakant

Foto ter illusrasie. (Foto: pixabay)

Etlike van die vakante poste vir skoolhoofde in Noordwes is ná vier jaar steeds nie gevul nie. Ten spyte van dié situasie het die provinsiale onderwysdepartement slegs ʼn paar bevorderingsposte in sy jongste vakaturelys geadverteer.

“Die Noordwes-onderwysdepartement is reeds onder administrasie geplaas, maar daar is steeds geen verbetering te bespeur nie,” sê dr. Jaco Deacon, waarnemende uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

Deacon sê Fedsas moes die provinsiale onderwysdepartement eerstens herhaaldelik versoek om ʼn vakaturelys beskikbaar te stel. “Nou bevat die lys slegs poste wat sedert Julie vanjaar vakant geraak het. Toe ons navraag doen hoekom al die poste nie geadverteer is nie, was die antwoord dat dit weens begrotingsdruk is. Daar word egter in elke begrotingsiklus vir poste begroot. Wat het dan geword van die geld wat die afgelope vier jaar vir vakante poste begroot is?”

Dit is nie duidelik hoeveel skole tans sonder hoofde sit of waarom dit die geval is nie. Maroela Media het die Noordwes departement van onderwys hieroor gevra en wag nog op teurgvoer.

Deacon sê Fedsas het die aangeleentheid onder die aandag van die nasionale departement van basiese onderwys gebring. Die organisasie doen ook ʼn beroep op Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, om dringend in te gryp. “Die vakante poste moet onmiddellik geadverteer word. Die primêre doel van ʼn provinsiale onderwysdepartement is om toe te sien dat daar onderwysers in klaskamers is. Openbare skole is reeds onder geweldige druk om gehalte-onderrig aan alle leerders te lewer. Dit plaas bykomende druk op skole indien daar vir vier jaar al nie ʼn hoof is nie.”

Fedsas sal voortgaan om druk op onderwysdepartemente te plaas om toe te sien dat die onderwyssektor na wense funksioneer en dat alle leerders toegang het tot gehalte-onderrig.

“Die eerste en belangrikste skakel in hierdie ketting is onderwysers. Sonder onderwysers is daar geen onderrig nie en so word kinders van hul grondwetlike reg ontneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AW ·

Daar is seker sois gewoonlik, nie n Begroting om daardie poste, te adverteer nie !

Sarel ·

Nou weer my vraag wat niemand wil beanteoord nie.
Opposissie Partye is in posissie om hierdie aangeleentheif
Op te volg. Hoekom reeds 4jr…wat was gedoen…

Frank John ·

Waar is die geld? Is dit op dieselfde plek waar al die geld in die land heen is? As jy nie weet waarheen dit altyd heen verdwyn dan het ek nie vir jou ‘n antwoord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.