Skoolkalender wéér hersien; matriekuitslae dan bekend

(Argieffoto: ANA)

Die departement van basiese onderwys hoop steeds om die 2020-kurrikulum teen Desember af te handel sodat skole op 25 Januarie vir die 2021‑skooljaar kan oopmaak. Die matriekuitslae sal na verwagting in Februarie bekendgemaak word.

Die departement van basiese onderwys het weer die skoolkalender vir 2020 aangepas na aanleiding van pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging dat skole weer vir vier weke sluit. Dié besluit is geneem op aandrang van onderwysvakbonde, wat aangevoer het dat dit onveilig is vir ouers en leerders om te midde van die Covid-19-pandemie skool by te woon.

Luidens ʼn mediaverklaring wat die departement van onderwys Saterdag uitgereik het, sal skole nou weer op 24 Augustus oopmaak en op 15 Desember vir die jaar sluit, met die hoop dat die hele kurrikulum teen dán afgehandel sal wees. Matrikulante begin reeds op 3 Augustus skoolgaan en die matriekeksamen sal ook teen 15 Desember afgehandel wees. As alles volgens plan verloop, sal al die antwoordstelle teen 22 Januarie 2021 klaar gemerk wees en die uitslae op 23 Februarie bekendgemaak word. Luidens die verklaring sal die 2021-skooljaar op 25 Januarie weer begin.

Daar sal ʼn kort skoolvakansie van 26 tot 30 Oktober wees. Dit beteken leerders het nou 156 skooldae om meer as die helfte van die skoolwerk onder die knie te kry. ʼn Gewone skooljaar het ongeveer 200 skooldae.

Pres. Ramaphosa het aanvanklik gesê die regering oorweeg dit om die skooljaar na volgende jaar te laat oorloop, soos wat tersiêre instansies reeds beplan.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die minister sal binne die volgende week riglyne publiseer oor verskeie kwessies rakende die pandemie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tong in die kies ·

Voor iemand my kruisig hoor my net uit.
Hoekom kan die onderwys dept nie nou aandag gee dat die matrieks hierdie jaar klaar maak , en skryf die res van die jaar vir ander ander grade af nie. Ek weet dit klink vergesog, maar dit is belangrik dat die matrieks hierdie jaar klaarmaak.
Die res vanaf RRR tot graad 11 begin volgende jaar net van die begin af.

koos10 ·

Theresia, met alle respek, wie moet die skool geld betaal? En dan dubbel getalle in gr.1 en 8met geen klasse in gr. 2 en 9 nie. Dit beteken dat daar geen universiteit groep vir 2023 gaan wees nie.

marius ·

Betaal dan die jaar se skoolgeld terug aan die ouers wat BETAAL het .

Persheks Adri ·

Die privaat skole is steeds oop en dit pas ons, want ek is baie jammer, maar hul gaan nie die kinders penalitiseer vir Covid nie! Ons bly op datum en eksamen gaan aan. Met die regering kan ons nie dat die kinders ‘n jaar oor doen en dit vir die virus nie. Mense kan regtig privaat skole oorweeg

Jaco ·

Sit net almal deur. Dis maar min of meer dieselfde as ‘n 30% minimum slaagpunt. Ek weet nie waarom kla almal so nie. Na skool help ‘n matrieksertifikaat in elk geval VEEL minder as die “regte” velkleur vir studiebeurse, werk ens ens. Eks verbaas dat werkloosheid in SA 7 miljoen al verbygesteek het. Regstellende aksie en BEE is dan die wonderlike toorwoorde wat alles regmaak.

Eiervrug ·

Hi Jaco. Daar is kinders wat al vir 12 jaar werk vir onderskeidings in matriek. Dit sal hulle breek om nou, op die laaste minuut ‘n standaard 30 of 40% sertifikaat moet kry.

Rentia ·

Ja riiiiiiiiight….. So universiteite doen wat met eerstejaars? Of begin universiteite in Maart eers?
My dogter sê uit haar eie “mamma sal sien sy gaan weer die skole sluit want unies regeer die land. Ek het niks van my leier jaar nie.” As graad 7 weet sy dit al, En as die “nuwe piek” kom later in die jaar? O wag skole is mos meer blootgestel aan die virus as hospitale en klinieke…

Cleopatra69 ·

Universiteite maak begin van jaar oop hoe kom matrieks in as uitslae eers Februarie uitkom

twaalfboor ·

Hoe kom die matriek uitslae in Februarie maar die skole begin in Januarie? Is die klomp onnosel?

Wanda ·

Weet nie hoe dink hulle nie. My een kind was laaste by skl die 18de Maart. Teen tyd wat hy terug gaan het hy 5 mnde al gemis.Hoe moet hulle opvang?

Anel ·

Die vraestelle sal teen 22 Januarie klaar gemerk wees. Hoekom neem dit ‘n hele maand, 22 Feb om bekend te maak?

Mariana ·

Ongelukkig is die mense wat hierdie belangrike besluite moet neem, self nie baie slim nie. Eerder net nie opgewasse vir hul werk nie. Die regering speel met menselewens en toekoms van ons kinders.

Objektief ·

En plaas die kind se lewe op “Hold ” omdat n groot persentasie van die unie lede te lui is om the werk. Hulle gaan verdere verskonings soek om nie te werk nie binne die volgende week om so.

minniemuis ·

Die beste sal wees as daar nou net aandag gegee word aan Afrikaans, Engels en Wiskunde natuurlik moet graad 12 alle vakke doen sodat hulle darem die onderskeidings kan inruig

christo ·

Navorsing dwars oor die wêreld het bewys dat skole saam met inkopiesentrums ( Mall’s) plekke van super verspreiding is. Ouers, kinders en onderwysers moet saam werk en al die regulasies te volg soos voorgeskryf deur die departement van onderwys. Ongelukkig is daar altyd êrens iemand wat ‘n reël verbreek wat lei tot ‘n uitbraak wat verhoed kon word. Dra julle maskers, moenie saamdrom nie, saniteer julle hande. Hoërskool leerders hou op om met julle hormone te dink en aanmekaar te klou. Leerders wat nie saamwerk moet summier huistoe gestuur word want dis hulle wat die virus onnodig versprei. Onderwysers kan nie klasgee en elke 5 minute julle uitmekaar hou nie. Ongelukkig is SA ‘n land sonder integriteit onder hulle burgers. Ons wil almal die akademiese jaar voltooi. As jy nié wil nié, sê so en bly dan weg van die skool.

Santie Gildenhuys ·

Sekerlik die grootste skoolhou paradoks ooit:
ALLE SKOLE IS GESLUIT TOT 24 AUGUSTUS, BEHALWE VIR DIE GR. 12’S WAT OP 3 AUG. BEGIN EN DIE GR. 7’S WAT OP 10 AUG. BEGIN.

Nou vra ek u: wie moet môre die hekke en deure oopsluit? Wie deaktiveer die alarm? Wie saniteer? Wie gee leiding aan die matriekonderwysers en leerlinge? Wie reël ‘n plaasvervanger as ‘n matriekonderwyser afwesig is?

Die hoof en sy bestuurspan, natuurlik!

En uit wie se geledere staan iemand in vir die afwesige graad 12 onderwyser?

Die res van die personeel, natuurlik!

Watter Hoërskool onderwyser geniet dus ‘n welverdiende blaaskans tot en met 24 Augustus – na maande van aanlyn- én werklike klasse aanbied?

Nie een nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.