Skoolkind doodgery: Maats kry berading

Een van die motors wat in die botsing betrokke was. Foto: @EMER_G_MED / Twitter

Een van die motors wat in die botsing betrokke was. Foto: @EMER_G_MED / Twitter

Die Gautengse onderwysdepartement het Woensdag die voorval betreur waarin ʼn leerling Dinsdagmiddag dood en 19 leerlinge beseer is in ʼn ongeluk in Johannesburg.

Oupa Bodibe, waarnemende woordvoerder van die departement, het gesê al die leerlinge is van Gresswold Senior School in Highlands North.

“Voorlopige ondersoek dui daarop dat twee motors in die kruising van Louis Botha-rylaan en Corlettweg in Bramley gebots het. Een van die motors is weens die impak na die sypaadjie geslinger, waar dit in die leerlinge ingeploeg het wat langs die pad gewag het vir vervoer huis toe,” het Bodibe gesê.

Minstens vier volwassenes het tussen die groep kinders gestaan toe die ongeluk gebeur het. Buiten die een leerling, wat op die toneel dood verklaar is, is ʼn man ook op die toneel dood.

Die 19 leerlinge en drie volwassenes is deur verskeie nooddienste na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Een van die leerlinge is steeds in ʼn kritieke toestand.

Die departement het Woensdag ʼn span beraders na die skool gestuur om leerlinge, onderwysers en familielede by te staan.

Die departement het sy medelye met die oorledene se familie betuig en het die leerlinge wat beseer is, ʼn spoedige herstel toegewens.

Bodibe het gesê die departement gaan saam met die Stad Johannesburg werk om dié gedeelte van die pad te beveilig.

Lees die vorige berigte oor die Bramley-botsing op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

DPJ ·

Hoekom moet ‘n tragedie eers afspeel voor veiligheids maatreël aangebring word. Kon dit nie voorsien word nie?

HCM ·

Presies. Ek verstaan ook nie hoekom die ergste gebeur voordat Veiligheid maatreëls ingestel word nie!!!!

Se maar net ·

Dit is omdat ons in land bly waar mense nie meer voor uit kan dink nie – hetsy veiligheid, Eskom of watokal die geval mag wees. Popo moet eers die fan strike voordat daar plan gemaak word. Nogtans, innige simpatie met die families van die oorledenes

Dee ·

Stopstrate, toegeetekens, kleurligte, spoedgrense, padhobbels en alle ander padtekens is ontwikkel deur voorafgaande gebeurtenisse. Mense gebruik nie kristalballe nie maar leer uit verkeersgebeure hoe om omstandighede te beveilig.

Adriaan ·

Al die veiligheidsmaatreëls is in plek, daar is bloot die totale minagting daarvoor deur almal en die totale gebrek aan toepaslike afdwing van die Reg na die oortreding. Elkeen dink hulle het die reg om te doen wat hulle wil en ander het die verantwoordelikheid om hulle te akkommodeer. Voor ons nie almal eers verantwoordelikheid aanvaar en dan op regte wil aanspraak maak nie, sal ons op die afdraande pad bly.

Schadenfreude ·

En hoeka lyk daai blou motortjie soos ‘n Avensis – hulle word ook gebruik as ‘n minibus taxi.. Spoed en arrogansie is ‘n dodelike kombinasie

Knerries ·

Jip Schadenfreude, en die ander voertuig was ‘n minibus Taxi…

m ·

Motoriste moet begin om die spoed te ry wat hulle moet in die middestad. Hierdie mense het natuurlik gejaag en kyk nou wat is die uiteinde. Jou kind is nie eers mee veilig op ‘n sypaadjie nie en hierdie tipe ding gebeur nou omtrent elke dag.

MJ ·

Ek het gedink so iets gaan binnekort gebeur, want die robot by daardie kruising is al meer as ‘n week buite werking.

pop ·

Kla aan vir moord. As mens so helse spoed ry waar n skool is moet jy kan voorsien kinders gaan beseer word of sterf. Dis kinders!!!! Hulle kan enige tyd oor die pad ook loop. As mens na inpak met n ander motor nog met so n vaart in mense en kinders inploeg, dan het jy gejaag. Dis verfoeilik.

Uncle Buck ·

Wat van die betrokke instansie wat nie die ligte,soos genoem, herstel het nie. Hulle het mos dus ook ‘n aandeel aan die ongelukkige voorval

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.