Skoolkind sterf in busongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ʼn Skoolkind is dood en 45 ander beseer nadat twee busse op die R555 tussen Ohrigstad en Burgersfort gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van ER24, het gesê die een bus het van agter af teen die ander bus gebots. Een van die busse het ná die botsing in die veld langs die pad tot stilstand gekom.

Volgens Botha is een kind in die ongeluk dood terwyl nog ’n kind kritiek beseer is. Nog 43 mense het ligte tot ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

2 bus- en 1 taxi ongeluk waar kinders betrokke is die afgelope week. Wonder of daar enige waarskuwings vlagie gelig word by enige verkeerafdeling in die land………?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.