Skoolkinders dood, een vermis, ná bakkie in dam beland

Water_surface_lakeVier kinders is dood en een word vermis nadat ʼn volgelaaide bakkie Maandagoggend in ʼn dam in KwaZulu-Natal se Midlands-gebied beland het.

“Polisieduikers is nog steeds op die toneel en het reeds vier kinders se liggame gevind. Die soektog na die vyfde kind duur voort,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsie se noorddienste, gesê. Nog 25 kinders, almal in graad 3, het die ongeluk oorleef, maar is vir verkluiming behandel hulle kon daarin slaag om self uit die yskoue water te kom.

“Die voertuig het onder die water verdwyn en is teen 12:00 nog nie opgespoor nie. Volgens ooggetuies is die kinders in ʼn bakkie vervoer. Die bakkie se kappie is reeds gevind,” het McKenzie gesê.

Die ongeluk het op die D532-pad naby die Mooirivier-omgewing plaasgevind. “Die bestuurder van die bakkie het beheer oor die voertuig verloor. Dit het die pad verlaat en in ʼn plaasdam beland.”

Snuffelhonde van die polisie is ook op die toneel om na die vermiste kind te soek. – SAPA

Lees ook:
Bestuurder vas wat 30 kinders vervoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.