Skoolkinders maak gruvonds

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Groep skoolkinders het verlede week op ʼn gruvonds by ʼn snoepwinkel in die noorde van Durban afgekom en uit vrees hul onderwysers eers Maandag daarvan vertel.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het gesê die kinders het ʼn plaaslike snoepwinkel, wat uit ʼn huis in Bhamolaan in Avoca bedryf word, gaan besoek om iets te koop.

“Toe hulle daar aankom, het hulle op die erg ontbinde liggaam van die 58-jarige winkeleienaar in sy kombuis afgekom. Hulle het uit vrees eers Maandagoggend hul onderwysers daarvan vertel, waarna die plaaslike buurtwag, die polisie en veiligheidsmaatskappye ontbied is,” het Van Reenen gesê.

Volgens inwoners is die man vir die laaste keer aan die einde van Julie gesien. Die oorsaak van die man se dood is nie bekend nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lida ·

Genade hy lê al so lank daar. Het daardie mense nie reuk sintuie nie?

Columbiana ·

Want dis nie die tipe snoepie waarvan jy dink nie dink dis meer spaza shoppy

E.K. ·

Ai dis vir my altyd hartseer as ek so iets lees – waar is familie en/of vriende van die oorledene dat niemand hom eers vermis of gesoek het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.