Skoolkinders siek van lekkernye 

Sjokoladelikeur-lekkernye. Foto: http://www.freeimages.com/

Argieffoto ter illustrasie.

Nagenoeg 20 leerlinge van ʼn laerskool in Johannesburg is Woensdagoggend na hospitale in die stad geneem nadat hulle glo iets verdags geëet het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê verskeie voertuie van dié nooddienste is na die skool in die The Hills-woonbuurt in die suide van die stad ontbied.

“Die kinders het gekla van maagpyn, naarheid en braking,” het Meiring gesê. “Hulle is dadelik behandel voordat hulle na die Suid-Rand- en Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Die leerlinge het aan paramedici gesê ʼn onbekende man het glo die vorige dag vir hulle lekkernye gegee.

Oupa Bodibe, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het aan Maroela Media gesê die departement het ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur.

“Dit is nog nie bekend wat hulle geëet het en wie dit vir hulle gegee het nie. Die departement stel ondersoek in en sal terugvoer gee sodra meer inligting bekend is. In dié stadium is die polisie nie by die ondersoek betrokke nie. As die ondersoek bepaal dat ʼn misdryf betrokke is, sal aanklagte aanhangig gemaak word.”

Hy het gesê teen Woensdagmiddag was 11 van die leerlinge reeds ontslaan.

Meiring het ʼn beroep op ouers gedoen om hul kinders te leer om nie lekkers of geskenke van vreemdelinge te aanvaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PW Growee ·

Forest Gump het gesê : life is like a box of chocolets……..

m ·

Kinders moet geleer word om nie goed van vreemde mense te vat nie.

Charlotte Barnard ·

Stem ook saam met ‘m’. Bemagtig jou kinders met ingeligte keuses.
Voedselsekuriteit is ‘n ware kwessie wereldwyd, en daar is uiters gevaarlike mense daarbuite, wat ook skade wil doen aan handelsmerke, om nie eers van die onskuldige kindertjies te praat nie. Hulle is bloot die eerste slagoffers in die proses.
Wees asb versigtig om nie dadelik aannames te maak wanneer boodskappe oor spesifieke handelsmerke die rondte doen op sosiale media nie, ondersoek eers die feite.
Ek glo en vertrou hierdie kinders sterk gou aan en dat die boosdoener gou gevang word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.