Skoolmeisie vas oor baba in puttoilet

Argieffoto

ʼn Tienermeisie is op waarskuwing vrygelaat en moet volgende maand weer in die Odendaalsrus-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat ʼn babalykie in ʼn puttoilet in die dorp ontdek is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 13-jarige meisie het Donderdag op die baba se liggaam in die puttoilet in Kutlwanong afgekom waarna sy haar ma daarvan vertel het.

Die polisie is na die toneel ontbied en ʼn saak is aanhangig gemaak. ʼn Ondersoek het die polisie na ʼn 18-jarige tienermeisie gelei wat kort ná die gru-ontdekking by haar skool in Kutlwanong in hegtenis geneem is vir haar beweerde verbintenis met die baba se dood.

Portia Lucia Wessie is van verberging van ʼn geboorte aangekla en het Vrydag vlugtig in die hof verskyn.

Sy sal weer op 2 Augustus in die hof verskyn, het Thakeng gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dan ·

Iets klop nie..

Daar is op ‘n babalykie afgekom in ‘n puttoilet, maar die tienermeisie (18) word slegs aangekla vir ‘verberging van ‘n geboorte’ ? Is dit nie moord nie..?

heksie ·

@Dan. Daar sal toetse gedoen word op die lykie om te bepaal of the baba gelewe het, indien wel, sal die klag sekerlik verander word.

Elsie ·

Gooi haar ook in die put toilet. Mag jou gewete jou ry tot aan die einde vn jou dae

LL ·

Dit is grusaam en ook verkeerd wat sy gedoen het, maar die stomme meisietjie is self nog ‘n kind. Kan jy jou in haar plek indink ?- 13jaar, swanger (dalk nog verkrag) vreesbevange en toe nog boonop ‘n miskraam so op haar eie. Ek voel sy sal sielkundige berading ook moet kry.

lees weer ·

lees weer, die meisie van 13 het die baba se lyk gekry, die vrou wat in hegtenis geneem is is 18

Ronel ·

LL nee sy is 18 jaar oud en beslis nie meer ‘n onskuldige kind wat berading nodig het nie! Kondome word vrylik by baie skole en universiteite uitgedeel, so raak almal maar net meer promisku en wanneer daaar ‘n swangerskap kom raak jy maar net ontslae van die “las”. Wat ‘n hartseer toedrag van sake! Kan net dink hoe die 13jarige moes voel!

GM ·

Daar is altyd mense wat voel “ons moet probeer verstaan en die meisie se kant ook probeer insien” – Nee. Of jy verkrag is of nie, die feit dat jy ‘n lewetjie in ‘n puttoilet kan gooi, of iewers vir die dood agterlaat, sê baie van jou karakter. Daar is mense wat uit haglike omstandighede kom, en nogsteeds nie dit oor hul hart sal kan kry om so iets te doen nie.

Sy sal natuurlik nog skotvry daarvan afkom ook, dus sal dié tipe van ding net meer dikwels gebeur.

Nika ·

@GM wil sien of jy n kind in die lewe wil bring as jy verkrag was. Ek sal as ek verkrag word my verkragter se kind wil groot maak nie. Daar is plekke wat aborsies bied vir vrouens wat wel verkrag is so sy het nie n verskoning nie. As jy weet jy is swanger is daar baie ander opsies, as dit n miskraam was moes sy iemand laat weet het.

Aborsie is moord ·

Nika, as jy verkrag was en swanger geword het, kan jy altyd die baba laat aanneem as hy hom nie self wil groot maak nie. Aborsie is moord, dis niks beter as wat die 18-jarige gedoen het nie.

Nika ·

@aborsie is moord, dit is net n fetus as dit nog in die baarmoeder is, dit is moord as die baba klaar gebore is en jy maak hom dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.