Skoolmeisie wreed in huis vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn 17-jarige skoolmeisie is Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn huis in Limpopo vermoor, in ʼn voorval wat die polisie as “baie wreed” beskryf.

Lt.kol. Moathse Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die meisie, ʼn gr. 11-leerder aan Mukula High School in die Nsavulani-nedersetting buite Giyani, het alleen in ʼn tweekamerhuis op ʼn erf geslaap toe sy omstreeks 01:00 aangeval is.

“Familielede wat in ʼn ander huis op die erf was, het wakker geword van haar gille. Hulle het ondersoek gaan instel en ʼn man van die toneel sien weghardloop,” het Ngoepe gesê.

“Die meisie kon haar aanvaller aan haar familie beskryf voordat sy huilend en in ʼn plas bloed aan haar beserings beswyk het. Sy is op die toneel dood weens verskeie steekwonde regoor haar liggaam.”

ʼn Mes, wat vermoedelik gebruik is om haar mee te vermoor, is langs haar liggaam gevind.

Die polisie het dadelik na die verdagte begin soek en hom binne ʼn paar uur in hegtenis geneem.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en word ondersoek.

Die 22-jarige verdagte moet Maandag in die Giyani-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Ellie Rose ·

Ongelooflik dat die skuldige so vinnig in hegtenis geneem is. In ander moordsake is die naam van die moordenaar/s ook soms beskikbaar, maar daardie sake bly onopgelos, want die beskuldigdes verdwyn eenvoudig in die massas. Woensdag tydens spitsverkeer in Windhoek is ‘n 36 jarige vrou by ‘n rooi verkeerslig deur 4 mans uit haar motor geruk, geskop, geslaan met vuiste en knuppels. Sy het met genade van Bo die krag gekry om weer in haar motor te kom en het met die deure steeds oop weggejaag. NIEMAND het ‘n vinger gelig om haar te help nie! Almal is te bang om betrokke te raak, want net dalk beland die verkeerde persoon aan die verkeerde kant van die gereg. As ons so passief bly kan ons maar weet dat die hel van ellende op ons wag.

lina ·

Dit word net erger en makker want die meeste word nooit gevang. En van die wat gevang word word die meeste losgelaat of leers verdwyn ens. EN mens kan jou skaars verdedig dan is jy in die moeilikheid en moet verduidelik hoekom jy die ou katswink geslaan het terwyl hy besig was om jou te wil vermoor. Ai ai hoe sal dit ooit ophou as hul so wegkom met als. En kyk nou bv hierdie geval ook. Hoekom word sy vermoor sommer net so? Omdat hul nie skrik vir wie en wat ookal nie want kjom gewoonlik los. Skande!!!!!!

Sarie ·

Siestog… Daar lê sy in haar bed & slaap, pla niemand nie & word “wreed” vermoor!!! Hier’s gròòt fout in hierdie land… Sy was nie in ‘n club of shebeen nie, sy was in haar bed…

AL ·

Dis verskriklik! Die bose loop rond soos n brullende leeu om te verslind!

Grietjie ·

Op die aand v d begin van die veltog om geweld teen vroue en kinders te stop! Ek vermoed sy het haar aanvaller geken en dis dalk hoekom sy hom kon beskryf…tragies…

Jos ·

Ons land is so wreed en geweldadig. Ek is gelowig maar kan net dink dat dit erger en erger gaan raak. Elke dag boet onskuldige mense met hul lewens en die moordenaars en floreer. ‘n Lewe is absoluut niks werd nie. Ons praat so baie oor die doodstraf maar ek dink dit sal die oplossing wees. Sterkte aan die arme kind se familie.

Khulekani ·

Is die doodstraaf rerigtig die eie oplossing, Wat van vorige sake wane er onskuldige mense die doodstraaf kry? Gaan hulle “collateral” wees

Jos ·

Ek stem vir ‘n volbank regters wat almal oortuig moet wees voor die dood straf opgele word. Intussen word onskuldige mense daagliks vermoor en die moordenaar se lewe word beskerm. Khulekani het jy dalk ‘n beter oplossing

Hendrik 2 ·

wees verseker. 2015 was beter as 2016 en 2016 sal beter wees as 2017.

Annalien ·

Ja nie almal kan duur diefwering en alarms bekostig nie, ai so onnodig. :(

Grietjie ·

Daar is nou bekend gemaak dat sy hom geken het en nog sy naam kon gee…Satan is regtig los…ek hoop hulle kangaroo court die uitvaagsel. Gemeenskappe moet uitpraat. Dit maak in elk geval nie saak waar sy was nie, sy het steeds nie verdien om vermoor te word nie. Dit voel net of daar ‘n verskriklike aanslag op vroue en kinders is…Vanaf Poppie…tot die slagting op enkel vrouens…dit raak by die dag erger.

Ellie Rose ·

Nee Lance, 99% van die tyd is dit omdat hulle gebreinspoel word deur “slimmes” wat hulle aanhits en weet die ouers nie eens dat hul kinders hierdie dade pleeg nie. Ons sal in SA en Namibië meer paraat moet wees en oop oë en ore deur ons dae en nagte moet loop. In 1990 het ‘n menigte mense van Namibië na SA getrek, nou probeer dieselfde mense weer om terug te gaan na Namibië. Hoekom? Ek vra maar net en sal bly wees as daar iemand is wat hierdie vraag kan beantwoord.

Cherokee ·

Ag asseblief Ellie Rose, jy ken die antwoord. So wat jy probeer bereik deur te vra dat iemand anders jou antwoord sal net jy weet.

Wenner ·

Sooooooo wreed! Jong kind wat iets van haar lewe wou maak! Sy wou iewers kom! Gr 11 op skool, nie n leeglêer nie, en sy word so wreedaardig vermoor! Grietha ek stem saam, ek vermoed sy het die aanvaller geken! Dank die Here hy is klaar gevang!

wilma ·

Gee dai vuilgoed vi di gemeenskap om kla te speel met hom. Arme jonge kids. Strongs vi al ha geliefdes

Skokkend ·

Gerrit,ek weet nie waar jou god is nie! Maar my en ons God slaap nie!!! Baie jammer en sterkte aan die meisie en haar familie.

maurine ·

Dis erg sy moes die persoon geken het net God se groot Genade kan ons beskerm ons moet begin sterk Bid, vir beskerming en maar baie versigtig wees,en na ons kinders omsien en kyk met wie hulle bevriend is.

JOHN COX ·

Hierdie kamma fantastiese Westerse grondwet met REGTE en soetsappigheid werk nie . hierdie is n resep vir krimmenele , terroriste en korruptes om in te floreer. oral oor die wereld word hierdie sisteem uitgebyt.In Amerika word 9\11 gevier op 9 september deur juis sulkes wat dit beskou as n reg.Ons regering vereer mense soos Gadafhi , Castro , ens wat geen menseregte in hulle lande ooit toegepas het nie. In Europa het regerings en burgers probleme met imigrante en mense wat nie europeers is nie . Almal skuil agter die sogenaamde menseregte . Ons gaan nog nog meer sien van lande se kiesers wat gaan TRUMP en BREXIT . Maar hier in ons land weet ek nie wat ons gaan doen .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.