Skoolplasings: Gautengse ouers moet spring vir plek

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die getal Gautengse skole met beskikbare plek vir leerders het Maandag vanaf 1 267 na 760 verminder.

Luidens ’n verklaring deur die provinsiale departement van onderwys het altesaam 10 191 ouers hul kinders deur die loop van die eerste skooldag van die jaar suksesvol geregistreer by die onderskeie skole wat steeds plek het.

Daar is gister altesaam 6 245 laat aansoeke van voornemende graad 1’s en 3 946 aansoeke van graad 8’s ontvang en verwerk. Volgens die departement getuig dié getal aansoeke daarvan dat sommige ouers nie ag slaan op sy beroep aan hulle om gedurende die gegewe aansoekperiode aansoek om plasing te doen nie.

“Ouers word weereens herinner dat skole met beskikbare plek oop is vir laat aansoeke. Die departement sal nie verantwoordelikheid neem vir plekke wat verbeur word deur ouers wat nie leerders registreer by die skole waar hulle reeds geplaas is nie,” lui die verklaring.

Maroela Media het vroeër berig die departement het verlede jaar geswoeg en gesweet om leerders betyds in skole van hul keuse te plaas, terwyl Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, in Desember sy eie spertyd misgeloop het om voornemende leerders te plaas.

Luidens die verklaring sal laat aansoeke tot 24 Januarie aanvaar word. Leerders kan aanlyn of by een van 57 instapsentrums oor die hele provinsie aansoek doen. Lang toue kan egter hiér verwag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leon ·

Wys jou net hoe dom Lesufi is. Meeste van die laat aansoeke is mense wat verhuis het en nou skielik hulle kinders moet in die nuwe doepe en stede registreer. Jy weet soms nie voor Januarie of jy moet trek nie. Veral verplasings binne ‘n maatskappy kan probleme wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.