Skoolseun geskors oor hy glo meisies betas

Argieffoto

Argieffoto

‘n Skoolseun van Orange Farm gaan geskors word weens bewerings dat hy sewe skoolmeisies seksueel aangerand het, het die departement van onderwys Vrydag gesê.

“Ons gaan hom skors en ‘n dissiplinêre verhoor hou terwyl ons die bewerings ondersoek,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, gesê. “Ons het ook die polisie in kennis gestel weens die erns van die beweerde misdade.”

Sekhonyane sê die departement is Donderdag van die bewerings ingelig. Die 14-jarige seun word daarvan beskuldig dat hy meisies na ‘n toilet gelok het, hulle klere verwyder het en hulle betas het.

Sekonyane sê daar word vandag traumaberading aan leerlinge by die skool verskaf. Sy sê die meisie se ouers gaan moontlik strafregtelike klagte aanhangig maak maar dat dit nog nie bevestig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

estelle ·

Twee vrae:

Hoe oud is die meisies?
Hoe lok jy hulle toilet toe en trek hulle klere uit?

Nie eers ‘n 5 jarige sal dit toelaat nie!

Jan Greeff ·

Word daar dan geen toesig meer gehou nie, is daar ook nie meer leerlingraad wat diens doen op die terreine nie, waar is die onderwysers wat ogie moet hou.

Ek stem saam met jou Estelle, maar baie van vandag se kinders is in elkgeval vroeg ryp vroeg vrot.

Mona ·

Vroeg ryp vroeg vrot.HaH. Only a man without children will say that.Blaming the victim doesn’t sit well with me. End off if there is a blame I would say there should be more eyes on the children from the teachers.

Vera-Lynne ·

Dit is verseker nie die onderwysers se skuld nie! Waar was die onderwysers? In die klas kamer besig om vir jul kinders n akademiese opvoeding te gee. Vra eerder waar is die kind se OUERS, dit is wie vir hom n emosionele en sosiale opvoeding moet gee. Wragties, mense moet leer om dankbaar te wees teenoor ons onderwysers en hul nie te wil blameer vir alles wat kinders kwyt raak nie! Daar is iets verkeerd by die seun se huis/familie.

Marieta ·

Kennelik is alles nie altyd die onderwysers se se skuld nie, maar as ouer verwag jy ten minste , mate van toesig en veiligheid vir jou kinders by die skool, nie waar nie? Ouers betaal deur hul nekke aan skoolfonds en daar kan nie van hul verwag word om self ook gedurende skooltyd teenwoordig te wees om na hulle kinders se veiligheid om te sien nie. Ja, ek stem dat daar onderwysers is wat bereid is om die ekstra myl te loop, maar dan is daar ook diegene wat sit en pornografie kyk op hulle skootrekenaars en dit tydens skoolure. N saak het altyd twee kante.

jannie ·

Dit is met die skolewet opgetree dit is betasting en bly betasting ons kan nie die onderwysers skuld gee nie ook mense besig om admin te doen so.

Meisie ·

Ek stem saam met Estelle, hoe het hy dit reggekry om die meisie by die toilet in te lok, haar klere uit te trek en haar te betas, sonder dat iemand dit raakgesien het, Het sy dan nie geskree en probeer om dit af te weer nie?? Ek wil nie die meisie die skuld gee nie, maar werklik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.